Kredietgradering: Só sê Standard & Poor’s

Argieffoto (Foto: Stevepb, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Stevepb, Pixabay)

Standard & Poor’s het Vrydag bevestig Suid-Afrika se kredietgradering bly onveranderd.

Suid-Afrika bly onveranderd op Baa2, twee vlakke bó rommelstatus, maar met ʼn negatiewe uitkyk.

Die aankondiging beteken ʼn groot sug van verligting vir die land.

Die besluit, om die kredietgradering onveranderd te laat, beteken dat Pravin Gordhan, minister van finansies, en die tesourie, ondernemings en vakbonde, genoeg gedoen het om te verhoed dat die land rommelstatus bereik.

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, het aan Maroela Media gesê S&P kan besluit om Suid-Afrika nog ʼn paar maande kans te gee voordat daar na rommelstatus afgegradeer word, weens die krag van die land se instellings. “Ek dink die graderingsagentskappe het vroeër vanjaar gesien dat ons instellings nie so swak is soos daar aanvanklik gedink is nie,” het hy gesê.

Hy verduidelik dat daar “aanvalle teen Suid-Afrika se instellings is” deur die president en die parlement wat hofbevele minag (soos in die geval van die Soedannese president, Omar al-Basjir), die openbare beskermer ondermyn (Nkandla-verslag), en pres. Jacob Zuma wat sy presidensiële eed oortree het (Nkandla). “Die konstitusionele hof se besluit om Zuma en die parlement oor hul vingers te tik, wys dat ons instellings nie so swak is soos wat almal gedink het nie en dit is ʼn positiewe aspek waarna graderingsagentskappe sal kyk,” het hy gesê.

Wat beteken rommelstatus?

Grafika verskaf deur Afrisake

Grafika verskaf deur Afrisake

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Rynhardt ·

Het iets agter die skerms tydeluk gebeur dat SA nie die titel van rommelstatus beteik het nie? Ek laat dit daar! Sopas op SABC3 het Francis Herd histeries geraak asof SA sopas die wereldrekord van 10% ekonomiese groei bereik het!As jy polities korrek is, sal jy saam met Francis fees vier! Onthou net, die Anc-regerung is nie voorstanders van ekonomiese groei nie, die Vryheidsmanifes spel dit uit! Onthou die wereld is ook nie genees van sy meer as $76triljoen skuld nie!

Wat nou? ·

Nou moet Zuma net sy smoel jou en betaal..
Dit sal help!!

Lance ·

Ag dis net n kwesie van tyd ..ons is in n afwaartse neiging ….IMF lening glo ek sal nog gebeur …..alles is verseker nie nou reg nie en gaan mense nie nou skielik ophou skelm wees nie ….die mees basiese goed soos die vee van strate kan nie eers reg gedoen word nie …verder is die vuurhoudtjies nie nou skielik gebere nie

Wat-ek-lees ·

Wonder maar net wat is die bedrag betrokke. Ag, julle weet wat ek bedoel ?!!

GJ de C K ·

“Standard” olie-reserwes teen ‘n redelike “Poor” prys verkoop?

Hasie ·

Ons kan so ‘n wonderlike land hè, elke een moet net die landswette nakom. Dit is so baie jammer vir mense soos die Guptas en die Zumas wat eintlik net vir hul eie gewin “operate”. Hoe gouer SA van hulle ontslae kan raak hoe beter sal ons land finansieel groei en rommelstatus sal verdwyn. Zuma gaan hom nog dieper inwurm en vir ‘n volgende termyn president wees.
Hy is daai tipe.

theuns ·

Ai mense,daar is net een oplossing om ons land weer reg te kry en dat die mense terug draai na God toe.Ons land is vervalle omdat ons nie die Lewende God doen soos ons moet nie!Hoeveel van ons bid nog vir ons land se regering en voorspoed?Ons is almal omtrent gevange in depressie,geen hoop en moedeloosheid,alles satan se wapens.Kom ons staan saam en bid dat God dinge sal draai in die land,en glo dat Hy sal!
Amen

Johann Marx ·

G’n wonder ons praat van die “mensdom” nie…..As dit nie so was nie, was dit die “mens-slim”….maar nee, ons juig en vier die feit dat ons die afgegradeer is nie….asof dit ‘n prestasie is? Hoekom is ons in die eerste plek op die rand van die afgraderings afgrond? Ons moes nooit hier gewees het nie…..dan was dit nie nou nodig om so uitbundig NIKS te vier nie!! Pateties.

Rooikop ·

Theuns, ek bid elke oggend, saam met jou, vir ons land en ons mense, dat Vader ons krag sal gee om op te staan en terug te draai na Hom, en dat ons uit die heidense greep in hierdie land verlos sal word. Daar is baie soos ons wat hard bid…elke dag. Moenie moed verloor nie. God werk nie op ons tyd nie, Daar moet nog eers ‘n paar dinge gebeur.. :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.