Krieketbase moet dalk kniebuig-besluit aan MRK verduidelik

(Foto: @OfficialCSA/Twitter)

Solidariteit het Dinsdag sy regspan opdrag gegee om ’n dringende klag aan die Menseregtekommissie (MRK) voor te berei nadat Krieket Suid-Afrika (KSA) Dinsdag aangekondig het dat daar van elke speler verwag sal word om die knie vóór die aanvang van die oorblywende Wêreldbeker-wedstryde te buig.

KSA het besluit dat die span ’n verenigde standpunt teen rassisme moet inneem, veral gegewe Suid-Afrika se geskiedenis.

Ronald Peters, bestuurder van sport by die burgerregteorganisasie AfriForum, meen dié besluit is ’n “buitemagtige misbruik van gesag” en sal hoegenaamd nie die grondwetlike toets in ’n hof deurstaan nie.

Dít terwyl die VF Plus meen KSA se besluit is “skynheilig en politieke inmenging van die grofste aard”.

“Dit sal sport oor die algemeen en krieket in besonder in Suid-Afrika onmeetbare skade berokken en die VF Plus sal ʼn skrywe hieroor aan KSA rig om ten sterkste beswaar aan te teken,” sê Heloïse Denner, woordvoerder van sport by die VF Plus.

“Krieket Suid-Afrika se nuut aangestelde raad het duidelik iets om te bewys en probeer deur middel van hierdie absurde direktief politieke punte by die minister van sport aanteken. Dit sal vir KSA, en ongelukkig vir die Proteas ook, in ʼn selfgeskepte rasseslaggat ontaard.”

Solidariteit beskuldig KSA op sy beurt van “rasmalheid”.

Die organisasie het hom reeds beskikbaar gestel om enige speler te verteenwoordig wat weens die “verregaande” beleid benadeel word.

“Geen werkgewer kan sy werknemers dwing om hul trou aan ʼn politieke beweging te bewys as ʼn voorwaarde vir indiensneming nie. Spelers hoef nie te kies tussen hul gewete en hul lewensbestaan nie.

Quinton de Kock. Foto: Krieket SA/ANA

“KSA is rasboelies en Solidariteit duld nie boelies nie,” het die organisasie vanmiddag op Twitter laat hoor.

AfriForum sê die nuwe beleid skend inderwaarheid verskeie regte wat deur die Grondwet beskerm word. Dit sluit in die reg op gelykheid, die reg om nie onbillik teen iemand te diskrimineer nie, die vryheid en sekuriteit van die persoon, vryheid van godsdiens, oortuiging en mening, vryheid van uitdrukking, vryheid van assosiasie en die reg om politieke keuses te maak.

“Die besluit om die knie te buig, moet presies dít bly,” meen Peters.

“Baie top-atlete van baie verskillende nasionale, rasse en kulturele agtergronde het hul redes verskaf waarom hulle weier om die knie te buig. Baie mense wat voorheen die knie gebuig het, het onlangs besluit om dit te staak.

“Hulle redeneer dat die gebaar nie meer kragtig is nie omdat almal dit doen en dat werklike verandering stadig plaasvind of dat niks verander nie. AfriForum stem saam dat ’n gebaar alle meriete en betekenis verloor wanneer mense gedwing word. Deur beroepsatlete te dwing om afstand te doen van hul regte en vryheid is onaanvaarbaar.”

Maroela Media het vroeër berig die paaltjiewagter Quinton de Kock – wat voorheen staande gebly het – het hom Dinsdag weens “persoonlike redes” aan die Proteas se tweede groepwedstryd teen die Wes-Indiese Eilande onttrek.

“AfriForum ondersteun die standpunt wat De Kock ingeneem het om op te staan vir sy regte en die reg om te kan besluit watter inisiatiewe hy wil ondersteun,” sê Peters.

Dié burgerregteorganisasie sal met sy regspan oor die pad vorentoe vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Nited ·

Hulle Kon Nie saamgaan op n lekker vernier vakansie. Nou wil hulle inmeng. Dis ni speakers Se skuld. Dis covid wat laat julle by huis bly

Pieter9 ·

Volle ondersteuning; stop alle ondersteuning vir krieket.

Samuel ·

Quinton de Kock, ek salueer jou dat jy opstaan vir jou beginsels. Jy het ruggraat.

Ek hoop Afriforum staan agter Quinton.

Dup ·

Die vraag is of De Kock in die oorblywende wedstryde gaan speel of nie?
Die belaglike kniebuig sal dan ook mos verpligtend wees.

Tiptol ·

Die wêreld het ras behep geword. In SA kry werknemers werk nét omdat hulle ‘n sekere vel kleur het, al kan hul nie die werk verrig nie. SA se munisipaliteite is ‘n goeie voorbeeld.

Pieter ·

Skroef die rassiste op!! De Kock is die enigste met inborste en wat sy regte ken- Nie een AB sou dit doen nie. (As jy eers prys gee op jou regte veroorsaak jy n groot probleem waar jy beheer gaan word en doen wat ander se om te doen.).

Irma ·

Pieter, ek was gistermiddag geskok om te sien dat al die All Black spelers die knie gebuig het voor gister se wedstryd teen Pakistan.

Corne123 ·

Mag hulle elke wedstryd verloor totdat hulle beaef wat hulle besig is om te doen

Johann ·

“Bestuur” krieket in die afgrond in…want politiek is belangriker as die spel! Arrogante vermeteldheid! Buig voor julle eie gode en geiete.

Jr ·

Watse gedeelte verstaan JY nie KSA. EK en ANDER kniel nie vir enige aardelikse ding of mens nie. Moet ons vir jou ‘n prent teken. HEL MAN.

jzjz05 ·

N MAN WAT STAAN BY SY BEGINSELS,N MAN VIR WIE EK HOOGSTE RESPEK HET,N MAN WAT ALLES OP DIE SPEL PLAAS VIR WAT HY IN GLO.

Wakkerslaper ·

Pre-flippin-sies! Van wanneer af kan ‘n werkgewer sy werknemers dwing om ‘n bepaalde idiologie te volg en te ondersteun? Belaglik man. Ek is in elk geval klaar met SA krieket, en bitter naby met enige SA spansport…. ek is siek en sat vir kwotas en 3rde wêreld prestasies.

Wiehan ·

Ek sien Quinton de Kok het hom aan die span on trek omdat hy weier om die knie te buig. Quinton, ek en vele ander Suid Afrikaners is trots omdat jy by jou standpunt staan. Ek weet jy gaan nou baie name genoem word maar jy is ‘n Hero. Sterkte

Papsak ·

Een wat sy man kan staan jy is n yster laat hulle se wat hulle wil

Hoekom ·

Quinton, jy is ‘n yster. Jy het ruggraat gewys en is nie ‘n “ja broer” in ons oë nie. Jy het almal van ons, wat die regte en vryhede van ander respekteer, se ondersteuning en respek…

Kokkie ·

Ek het nie woorde om my trots en dankbaarheid aangaande Quinnie se standvastigheid uit te druk nie. Dit neem ‘n ware man om in die aangesig van soveel druk, selfs ten opsigte van sy brood en botter, so ‘n dapper besluit te neem. BLM het myns insiens niks met sport te doen nie. NIKS! Die besluit deur KSA om dit op die spelers af te dwing, skreeu van ‘n politieke agenda en rassehaat. Hoekom dwing KSA dan nie sy spelers om die knie te buig teen plaasmoorde nie: bloot omdat dit hoofsaaklik teenoor wit lewens gemik js, en wit lewens het in hulle oë nie bestaansreg nie. Quinnie, vat jou goedjies en gaan speel krieket waar die spel nie politieke eise stel nie. Die Proteas verdien jou nie. Maar vir my en talle Suid-Afrikaners is jy ‘n hedendaagse volksheld.

Waarnemer ·

Quintin ek haal my hoed vir jou af…trots op jou dat jy by jou standpunt staan….Jy buig net voor die Almagtige lewende God ons skepper en Vader.Ek daag die res van die Proteas uit om Quintin se voorbeeld te volg en kyk wat maak KSA dan!!!!

Surfer ·

Die res van die blanke spelers is n klomp slapgatte & gat kruipers. As hulle almal geweier het, wat dan, geen spel, so trek terug die opdrag. PUNT.

Pietertjie ·

Mooi so! Die rasmalles het niks beter om te doen nie ; dis asof hulle kognitiewe vermoë iewers die spoor byster geraak het, want hulle verstaan duidelik nie hulle eie Grondwet nie.

Anton ·

Hulle gaan in elk geval nie deur gaan nie. Ek ondersteun nou Namibia.
Let’s go Brandon

marthie ·

Ek kniel net om vir my God te bid en ALL LIFE’S MATTER hkm net se BLM NO WAYS VIR MY TEL ALL LIFE’S MATTER

Harley Davidson ·

Waar is die DA en Vf+ nou as julle stilbly stem julle saam.

Anel ·

Ja, nê. Dit is dieselfde met hierdie gespuit tery. As jy eenkeer toegegee het is dit verby. Soos wat Quinton besluit het om nie te buig vir iets waarin hy nie glo nie, so doen die van ons dieselfde tov van hierdie virus gemors. Maar ons word veroordeel!

Sarel ·

Mag dit een vzn die MRK se positiewe besluite wees.
Mthetwa en die KSA het reeds Krieket op sy ..verby die kniee…dit is reeds net soos ASA plat pp die grond..

Dirk Mostert ·

Die simbool van BLM is ‘n jeugmisdadiger. Hoe kan enigeen met selfrespek hom met die beweging assosieer? KSA se aksie is rassisme.

Casper ·

Dit is absoluut nodig vir nasiebou,vrede en politieke stabiliteit in ons mooi land maar dit is nie nodig om die knie te buig oor rassisme nie want dit gaan net oor Black lives matter.Sluit White lies matter ook in KSA.Hoeveel plaas en hoewe moorde is daar op blankes.Huisbrake waartydens mense vermoor word.Graeme Smith ek het my respek vir jou toet en totaal verloor.

jzjz05 ·

Die KSA moet eerder die knie buig vir die blanke minderheid in ons land teen die rasmal, rassitiese regering in Suid Afrika,Ek daag hulle uit om dit te doen en te wys hulle is erenstig oor RASSISME.

Mallie ·

Hoekom buig hulle nie die knie vir die boere wat vermoor word nie, of maak hulle nie saak nie. Hou rassisme uit ons sport. A S B ! ! ! !

Jakes ·

KSA lankal n politieke speelbal wat deur die ANC bestuur word. De Kock moet n medalje kry vir sy morele standaarde. By KSA gaan dit lankal nie meer oor krieket nie maar eerder om die regerende party se agendas te dryf.

Jacobus ·

Dit slaan my dronk dat enige wit sportman nog enigsins belang stel om in enige van ons “nasionale” spanne te speel, of as atleet deel te neem.

Surfer ·

Laat al die “milky bars” dan maar KSA verlaat. Julle sal gou opgeraap word deur internasionale spanne en baie geld verdien. Ook nou tyd dat ons krieket op DSTV ignorer, dit sal hulle ook seer maak.

Charl ·

Wat ‘n pot st… !! Mooi so Quinton, ek sal nooit my knie buig en dit vir ‘n klomp hansworse se ideologie nie !! Ek gaan slegs op my kniee voor ons Hemelse Vader.

Nited ·

Gebooie Se Jy Mag Nie voor enige buig maar voor jou Skepper

Di ·

Dankie Solidariteit dat julle opstaan teen hierdie rasmal organisasie! Tyd dat hierdie twak stop.

Yvonne ·

Die ANC regering leer niks deur hulle eie foute nie….onbetroubaarste mense ooit. Quinton jou waardestelsel beslis nie vir Dagon nie..Bravo

Althes ·

Politiek hoort nie in sport nie – klaar. Dan kan elke sportman op die kassie spring en uitlatings maak soos dat wit Suid Afrikaners rassisties behandel word en uitgesluit word in werksgeleenthede.
BLM konsentreer net op swart mense, wat ander rasgroepe uitsluit.

Erika ·

Jy buig alleen voor God.-Mooi so Quinton dat jy in hierdie kultuur opgestaan het

Nico ·

Hierkom die rassekaart weer uit, ek het my respek vir die wit spelers verloor toe hulle die knieg buig voor afgode, dit is ‘n belediging vir God die Vader dat mense so laag daal. Ek buig my knieg voor die Almagtige Skepper, ek wonder of KSA weer die top krieket span sal wees.

Victor ·

Omrede die wêreld nie verstaan nie. Dit gaan oor jy buig jou knie net voor God en nie voor rassisme nie

Swartskaap ·

Ek sien vanoggend die kaalkop aanbieder op die “groot” ontbyt het ook baie te sê gehad oor dié aangeleentheid. Ondere andere dat de Kock dit NIE vir Solariditeit gedoen het nie. Wat weet hy in elk geval? Niks! Wannabee wokeness en liberalis.

Carel Johannes ·

Deur in opdrag van KSA die knie te buig bevestig jy dat die swart mense, en veral die kriminele, meer reg op lewe het as die blankes. Dit word onderskryf deur stygende, georkestreede, wreedaardige moorde, aanrandings en verkragting van blankes waarvoor die ANC regering en die ANC gedrewe polisie totaal blind is. In hoevele gevalle word die blanke deesdae deurgaans beskou as die aggressor en word dan sommer ook sonder rede in die tronk opgesluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.