KVBA-uitspraak oor inenting maak opslae

(Argieffoto: Maroela Media)

Geen wetgewing in Suid-Afrika is deurgevoer wat van alle werkers of burgers vereis om teen Covid-19 ingeënt te word nie – dit sou neerkom op onregverdige diskriminasie – en die werkgewersorganisasie Neasa sê sy raad aan werkergewers bly soos dit altyd was: Bly weg van ʼn verpligte inentingsbeleid.

Neasa se hernude waarskuwing volg nadat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) onlangs in die guns van ʼn vrou beslis het wat afgedank is – sonder ʼn skeidingspakket – omdat sy geweier het om teen die koronavirus ingeënt te word.

Die regsfirma ENSafrica meen egter geen gevolgtrekking kan gemaak word dat ander KVBA-kommissarisse in die toekoms in soortgelyke sake oor verpligte inenting dieselfde gaan beslis nie.

Maroela Media het vroeër berig Baroque Medical het Kgomotso Tshatshu die trekpas gegee omdat die maatskappy ʼn verpligte inentingsbeleid vir al sy werknemers ingestel het en Tshatshu weens mediese redes geweier het om die entstof te ontvang.

Tshatshu het tien jaar gelede ʼn slegte reaksie op ʼn griepinspuiting gehad en beskou die Covid-19-entstowwe as eksperimenteel.

Baroque Medical het egter nie hierdie redes aanvaar nie – selfs al het Tshatshu verskeie mediese sertifikate verskaf – en sy is weens sogenaamde operasionele redes sonder ʼn skeidingspakket afgedank.

Die saak is na die KVBA verwys en daar is in Tshatshu se guns beslis. Die maksimum vergoeding is boonop aan haar toegeken.

Die beslissing was handomkeer van ʼn vroeëre beslissing van die KVBA rakende dieselfde werkgewer en presies dieselfde verpligte inentingsbeleid. Destyds het die KVBA beslis die werkgewer was geregverdig in die inwerkingstelling van sy verpligte inentingsbeleid omdat dit Covid-19-verwante afwesigheid beperk en omdat die versuim om in te ent lei tot billike ontslag weens operasionele vereistes.

In die Tshatshu-saak het die kommissaris egter beslis dat ʼn verpligte inentingsbeleid onder alle omstandighede onbillik is en geen plek in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark het nie.

Volgens die kommissaris het die werkgewer – Baroque Medical – geen bewyse voorgelê oor die doeltreffendheid van ʼn verpligte inentingsbeleid nie. Hy het die waarde van verpligte inenting in die werkplek bevraagteken omdat dit net na ʼn klein gedeelte van mense verwys.

Werkers het ook lewens buite hul werkplek wat hul sou blootstel aan die gevaar om die virus op te doen, het hy bevind.

Vrae oor gevolgtrekking

Lauren Salt van ENSafrica meen egter die kommissaris se redenasie hieroor is verdag.

“Die feit dat werknemers die risiko loop om die virus in bedrywighede buite die werkplek op te doen, kan die werkgewer se benadering regverdig. Hoe groter die gevaar dat werkers die virus buite die werksomgewing kan opdoen, hoe groter kan die behoefte wees vir ʼn werkgewer om ʼn verpligte inentingsmandaat in werking te stel om die risiko’s vir sy bedrywighede te verminder,” sê Salt, verbonde aan die firma se indiensnemingspraktyk.

Volgens Salt versuim die kommissaris in sy argument – wat volgens haar klaarblyklik gegrond is op veronderstelling en sy persoonlike menings – om die werkgewer se verpligting in ag te neem dat hy ʼn gesonde en veilige werksomgewing moet verskaf, en neem hy ook nie die doeltreffendheid van die entstof teen ernstige siekte in ag nie.

“Die twee kwessies spreek tot die kern van Baroque Medical se argument om ʼn verpligte inentingsbeleid in te stel,” sê sy.

Die kommissaris het bevind ʼn werkgewer het geen reg om verpligte inenting af te dwing nie en gaan selfs so ver as om te bevind dat dit ongrondwetlik is. Op hierdie grondslag het die KVBA bevind dat Baroque Medical se entstofmandaat onbillik en Tshatshu se afdanking ook wesenlik onbillik was.

Salt sê daar is nie vir werkgewers rede tot paniek nie, maar dat hulle in ʼn posisie moet wees om bewyse te lewer oor die regverdiging van enige verpligte inentingsbeleid in die werkplek.

“In hierdie geval moes Baroque Medical getuienis gelei het oor sy onverdraagsaamheid teenoor afwesigheid, wat bewyse oor die uitwerking van vroeëre Covid-19-verwante afwesigheid kon insluit, en/of die spesialisaard van sy werk en onvermoë om poste te beman in die geval van afwesigheid,” sê Salt.

“Werkgewers wat ʼn verpligte inentingsbeleid in die werkplek ingestel het, moenie paniekerig wees oor die jongste toekenning nie. Hulle moet egter verseker dat hul risiko-assessering, wat die grondslag vorm vir die regverdiging vir die instel van ʼn verpligte inentingsbeleid, op datum is en voortgaan om hul benadering te regverdig.”

Die regsfirma Cliffe Dekker Hofmeyr sê ook die beslissing kan nog na die arbeidshof vir hersiening verwys word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jacob ·

In Australië is 95% van die bevolking “ten volle inge-ent”. Baie onlangs is die volgende data deur die New South Wales Health, ‘n regeringsorganisasie vrygestel;
Sterftes is 77 waarvan 4 onge-ent was dus 5.2% van Covid 19 sterftes was nie ge-ent nie.
Die vraag is dus, hoeveel het die Covid 19 entstowwe dan nou gehelp? Met potensieël ernstige skadelike newe effekte, hoe kan enige persoon gedwing word om dit te neem?

Laksman ·

en as die laaste 5% ook gespuit word, is 100% van die sterftes (alle) gespuit…….of dit nou 1 of 1000 is, wonder of hulle dan sal ophou om dit in die publiek se kele af te druk

Nici ·

Wanneer die regering miljoene skadevergoeding moet toeken aan mense wat beskadig is deur hierdie MRNA eksperiment.

Nici ·

Almal wat ek ken wat ingeent is het siek geword met Covid. Die inenting (asmens dit so kan noem) werk nie. Verder is daar baie siektes wat aansteeklik is en die werkgewer moet billik wees. Hul kan nie onder die dekmantel van ‘n veilige werkomgewing mense se liggaamlike integriteit violate nie.

Nettie ·

En kankers onder die mense wat ek ken wat ingeent is, het eksponensieel vermeerder. Miskien toevallig, maar gaan iemand dit bietjie ondersoek en dieper bekyk???

Nettie ·

Hierdie het al dae terug gebeur. Noudat iol daaroor berig het, ………

Pieter ·

Ek kan nie verstaan hoekom mense so bang is om die VACCINE te neem nie. Dit werk en die newe effekte is niks meer as enige ander medisyne nie. As dit die geval was sou biljoene mense dood wees al. Die inenting is net ‘n groep inspuiting wat aangepas is. Die griep inspuiting word la baie jare in SA deuir baie mense neem. HGaan kykl bierjjie hoevbeel biljoen mense moes die vaccine neem om te oorleef.

Jacob ·

Pieter hoe goed werk die spuitstowwe? Verhoed dit mense om die BA4 & 5 variant te kry? Verhoed dit dat mense ander kan aansteek? Voorkom dit sterftes? Die antwoord is vrotsig gevolg deur drie is nee’s.

Is daar newe effekte? Die antwoord is ja en as jy weet waar om te kyk sal jy verbaas wees oor hoeveel gevalle daar is. Verder kan jy gerus kyk na geboorte afnames in Duitsland, Brittanje, Denemarke ens. Terselfdertyd kan jy dan ook kyk na die data aangaande “all cause death” toenames in daardie lande na daar begin is met massa inspuitings teen Covid 19.

VaalDonkie ·

4% van mense wat die entstof vat kry onherstelbare hart skade. En dan is die entstof nog 2 jaar verouderd en help omtrent NIKS teen Omikron nie. So daar is geen rede om dit te neem nie. Werk twee jaar gelede se griepinspuiting hoegenaamd?

Christine ·

Pieter, bly jy is een vaxxer wat erken dis niks anders as ‘n hernude griepinspuiting nie. Behalwe dat dit nog in proef-tydperk is, en wie weet wat als daarin is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.