Kwaai beurtkrag looi ook selfoonnetwerke

(Argieffoto: Unsplash)

Die kwaai beurtkrag wat Suid-Afrika sedert einde verlede jaar deurlopend moet verduur, eis ook ʼn tol op selfoonnetwerkoperateurs – met onstabiele verbindings wat by alle operateurs aangemeld word.

MyBroadBand Insights het sy jongste selfoonnetwerkgehalte-verslag pas bekend gestel en luidens die verslag belê selfoondiensverskaffers nou in verbeterde batterye en rugsteunopwekkers om die uitwerking van verlengde kragonderbrekings vir klante te verminder.

Volgens die jongste verslag is MTN steeds die beste selfoonnetwerk in die land en die diensverskaffer kraai boonop koning in alle groot metrogebiede.

MTN het die hoogste gemiddelde aflaaispoed, gevolg deur Vodacom, Telkom, Cell C en Rain. MTN het ook die beste netwerk in Tshwane, Kaapstad, Johannesburg, Bloemfontein, eThekwini, Mangaung, Nelson Mandela en Ekurhuleni.

Die verslag is gegrond op die uitslae van 1,36 miljoen van MyBroadband se spoedtoetse wat tussen 1 Januarie en 31 Desember verlede jaar gedoen is.

“MTN se uitsonderlike vertoning spruit uit groter besteding aan infrastruktuur oor die afgelope vyf jaar as sy mededingers,” lui die verslag.

Vodacom het die afgelope twee jaar egter meer as MTN aan infrastruktuur begin bestee en dit kan in die jongste uitslae gesien word.

Al hoe meer netwerkoperateurs het boonop hul 5G-voetspoor landwyd begin uitbrei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Swerwer ·

Hou op bespiegel en kla. Staan bymekaar en raak van die Regering ontslae!

Prikkie ·

Stem saam, sê net asseblief hoe.

Die massas wat uit gewoonte of vrees vir die cANCer stem lees nie hier nie en ‘n baie groot gedeelte kan glad nie lees nie.

Truman Burbank ·

Sterkte met daai een. Een van die dae is dit “sir Rampie”

Hendrik ·

Ek is seker die einigste een wat nie kla nie. Het goeie water, krag en riool. Al 3 is natuurlik van die ZA se netwerk af. Ons verstaan ook dat krag na besighede die belangrikste is en sonder dit gaan werkloosheid geweldig hoog wees. Mense in woongebiede moet maar plan maak voor Eskom krag gegee het aan die klaenende steunende oorwig.

Papsak ·

Bravo ek se ook daai ding hou op kla staan n slag op en saam en probleem sal reg kom hulle flip alles nou goed op

Wakkerslaper ·

Dit gaan my verstand te bowe dat die privaat sektor (waar die meeste die finansiële mag in hierdie land lê) nie net eenvoudig opstaan en ‘n ultimatum aan die regering stel nie – sorteer hierdie krag en ander probleme in hierdie land nou uit, of ons sluit eenvoudig ons ondernemings en maatskappye, of hou op belasting betaal of wat ook al. Liewe heng man, daar moet mos iets wees wat ons teen hierdie patetiese regime kan doen?! Die privaat sektor moet ook net eenvoudig weier om verder aan kwota en SEB vereistes te voldoen – genoeg is nou genoeg!

Truman Burbank ·

Dit is vir my interesant hoe jy so maklik se “sluit die ondernemings”. Jy is seker finansieel onafhanklik?

marius ·

Die verval en onvermoee om te presteer word nou ” Beurtkrag ” genoem . Staatskaping is ‘n mooi woordjie wat plundering en diefstal ten koste van die mense van die land saggies stel . Hierdie hool is planke toe .

Suzette ·

As dit maar die geval was hier by ons. Die torings MTN, is Novemder op gegradeer en nou kan ons nie eers oproepe maak of ontvang nie. Almal hier rapporteer dit, maar nou hou hul, hul doof. Ons klein dorpies trek aan die agterosse

Wondermaarnet ·

En Vodacom het nog nie eers ‘n sms gestuur (soos hul soms maak) om verskoning te vra vir swak/geen sein nie. Ek betaal, maar soos met eskom gee hulle nie ‘n duit om nie.

Pierre ·

Die stadsraad het jou seker n SMS gestuur en jammer gese oor die robotte en straat ligte wat ook nie werk nie.

Renier ·

En as die wifi af is agv beurtkrag,moet jy data gebruik, en die selfoon maatskappye like dit baie – hulle maak miljoene agv beurtkrag. Nou MM,vertel my hoekom die kommentaar nie geplaas mag word nie?

Hendrik ·

Die selfoon maatskappye is natuurlik ook aan die voorpunt as dit by #AA, #BEE en #KaderOntplooiing kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.