Kyk: Hillbrow-kinderhuis onder berg vullis begrawe

Die Florence Nightingale-gebou in Hillbrow is begrawe onder vullis. (Foto: Verskaf)

ʼn Nie-winsgewende organisasie het ʼn projek van stapel gestuur om sowat 800 ton vullis by ʼn kinderhuis in Hillbrow te verwyder. Die vullis het jare lank in en om die kinderhuis se gebou in Johannesburg opgehoop en het voor die projek begin het amper soveel as 200 olifantkoeie geweeg.

Die vullis, wat uit onder andere ou kos, klere en vuilgoed bestaan, hou ernstige gesondheidsrisiko’s vir die tussen 150 en 200 kinders in die gebou in.

Skye Burgess en Joshua de Villiers, medestigters van The People SA, die organisasie wat die projek lei, sê die Florence Nightingale-gebou is sedert 2016 verlate en het oor die jare in puin verval. Die gebou, wat sewe verdiepings hoog is, was voorheen ʼn hospitaal en is later in ʼn welsynsfasiliteit omskep.

“Die gebou huisves tans 600 inwoners, waaronder die Malaika-weeshuis met tussen 150 en 200 kinders. Met geen werklike ondersteuning of instandhouding nie was die inwoners desperaat,” sê Burgess.

(Foto: Facebook)

In samewerking met Move1Million het The People SA reeds sowat 420 ton vullis in en om die gebou verwyder. “Die oorblywende rommel gaan deur Averda, ʼn afvalbestuurmaatskappy in Centurion, verwyder word.”

Justice Tootla, direkteur van dié maatskappy, sê hy was aanvanklik bekommerd oor die impak wat die enorme hoop verrottende afval op die gesondheid van die mense in die gebou, en veral die kinders, kan hê.

“Die gesondheidsrisiko’s sluit in asemhalingsprobleme, oordraagbare siektes van rotte wat op die afval leef en derm-infeksies wat deur vlieë oorgedra word.”

Volgens Tootla gaan dit die Averda-span tussen twee en vier dae neem om die res van die vullis te verwyder. Boonop gaan hulle gebruik moet maak van spesiale toerusting en vragmotors om die taak te voltooi.

Om te verseker dat die gebou skoon bly nadat al die vullis verwyder is, gaan 40 staalvullisdromme en herwinningshouers geïnstalleer word. Die inhoud hiervan gaan weekliks deur Averda verwyder word teen geen bykomende koste nie.

“Nadat die gebou skoon is, beplan ons om die weeshuis op te knap, asook die hele gebou oor te verf. Dan gaan ʼn komitee aangestel word om die gebou in stand te hou en te verseker dat dit nie weer in puin verval nie,” sê Burgess.

Die laaste fase van dié projek sluit ʼn langtermynplan in om verantwoordelikheid en onafhanklikheid onder die inwoners te kweek.

“Die doel van die projek is om nie net die gebou in ʼn veilige hawe te omskep nie, maar ook om sy eie ekonomiese ekosisteem te vestig. Ons hoop om die gemeenskap die geleentheid te gee om onafhanklik te funksioneer.”

In die toekoms gaan die gebou allerhande fasiliteite hê wat ʼn inkomste kan genereer. Dit sluit in ʼn herwinningstasie, houtwerkfasiliteite, naaldwerkstasies asook ʼn tuin op die dak waar vrugte en groente gegroei kan word. Die gebou gaan ook spog met ʼn leerfasiliteit vir die kinders van die Malaika-weeshuis.

“Ons doel is om diegene wat uit armoede wil ontsnap die nodige ondersteuning en hulp te bied. Ons wil graag die verandering wees wat ons in die wêreld wil sien,” sê Burgess.

Posted by Skye Burgess on Thursday, March 25, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Erika ·

Dit is die Gevolg van Geen dissipline Geen Organisasie en Wanbestuur. onbevoegtheid ..”It’s mabena’s fault”…It wasn’t me

Daizee ·

Hierdie gemors het NIKS met armoede te doen nie!!!! Om net die eenvoudige aksie toe te pas om die vuilgoed in jou hand in die asblik te gooi is ‘n goeie “start” van respek teenoor jouself en die samelewing én om jouself uit armoede te verhef!!!! Én iemand wat kos weggooi is nie arm nie!!!!

Estelle ·

Die hele land lyk so. Voor 1994 het dit net by die informele nedersettings so gelyk. Nou is die hele land n vullishoop.

Reynier ·

Jy is 100% reg Estelle, maar om die waarheid so te praat word mens as rassis gebrandmerk.

Nie Verbaas ·

ANC seker trots op kaders. Maar net weer n bewys dat hulle nie eers n eenvoudige taak kan bestuur nie. Seker Jan van Riebeeck se skuld dat mense geen trots het nie.

Debbie ·

En so dink die klomp wesies dit is reg om jou vullis sommer so op die vloer te gooi

Toetsie ·

Kyk wat doen hierdie sogenaamde nasie aan ons land… Hul moes nooit die posisies beklee het van vandag nie en die spul NP broederbonders en bokryers wat dit aan hul oorgegee het, is net so skuldig. Ons land is verraai en vermorsel!!!

Elsabe ·

Nee, liewe donderbos!!!! Hoe is dit moontlik dat dit tot so ‘n gemors kon ophoop? HOE?????

Elsabe ·

En MM wil my kommentaar eers ‘modereer’ voor dit geplaas kan word!! Ek is so geskok, ek wou woorde meer erger as ‘donderbos’ gebruik. Wie de hel is verantwoordelik vir die gemors???

Mariana ·

Dit is ‘n skreiende skande dat dit so lyk. Die regering behoort hulle te skaam dat ‘n plek waar kinders moet bly in so ‘n haglike toestand is, sies!!!

Mariana ·

Laat my nie vertel dat in al die jare geen staatsamptenaar nie bewus kon wees van hierdie gemors nie.

Mellissa ·

Sterkte!!! Net n vraag Hoekom is dit vir solank gelos en hoekom doen iemand anders nou alweer die werk en hoekom kom van die groot mense wat in die gebou bly nie al jare trug iets gedoen het nie? dis mos maar makliker om net op die grond tegooi as om twee voet verder teloop en in n asblik tesit……

Chris ·

Ouers leer hul kinders van kleins af om vullis in ‘n vullishouer te gooi. Die wesies het nie geleer by hul ouers nie, daarom dat die toesighouers hul moes inlig wat reg en verkeerd is. Die volwassenes wat daar woonagtig is, moes hand by sit en daardie kindertjies tou wys te maak en hulle voor te berei vir ‘n beter toekoms. Ons “useless” regering, palm net ekstra geld in, en kyk verby die armoede van ons pragtige land, waar almal gelukkig kan leef onder die sogenaamde “Rainbow Nation”. Mag die Vader die vrywilligers seën vir die werk wat hul doen!

Adriana ·

Jy kan arm wees maar jy kan skoon wees, hierdie is net pure slegtigheid.

Yvonne ·

Wat n gemors is dit nie…my hart is in stukke oor die verval

Misky ·

Terwyl ek die artikel lees, dink ek toe ook dat hulle ‘n program sal moet aanbied om almal (slegs een derde is kinders en res volwassenes) te leer waarvoor en hoe gebruik jy ‘n vullisdrom. Groter meerderheid van ons samelewing, dink dis vir omgooi en breek as jy toi-toi

Francois ·

Hulle kon self ook al skoongemaak het maar nee ons gooi net bo op die ander vullis. Iemand anders sal skoonmaak

Pot se lepel ·

So ry ek anderdag rustig op die N1 toe n bloulig brigade verbykom. Grênd mense sê ek julle. So in die ry toe vlieg die KFC en McDonalds bokse en sakke en papierglase by die vensters uit. Die gemors kultuur kom van die top amptenary af.

Regverdigheid ·

Hoekom is die vuilgoed nooit verwyder dis n skande,,, so gaan ond land agteruit elke dag .

Di ·

Dis reg, maak dit skoon en knap die plek op dat als weer honkie dollie is. Oor ‘n jaar later kan julle maar weer terug gaan en van voor af skoon maak. Hierdie tipe gedrag verander nie, so groot geword.

Botterblommetjie ·

Dalk by die opvoeding van die kinders begin… ons moes skoonmaak en tot die skool se banke afskuur en die skool uitwas… Vraag 1: hoe het al die gemors daar beland…. Ek sê altyd, jammerte maak nie ‘n kind groot nie… Ons was bitter arm en moes tuinmaak, skoonmaak, stoep afkrap en oorverf. Arm woonhuisie, maar netjies. Ons moes alles kon doen en my ma geen verskoning aanvaar nie. Enkel ma met 5 kinders en silverskoon plekkie. Armmoede en omstandighede nie rede vir morsig wees nie….

Marisa ·

Waar is die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se kommentaar hieroor? Daar is tog duidelike wetgewing oor gesondheid, veiligheid ens alvorens ‘n plek geregistreer kan wees as ‘n kinderhuis? Of die plek is nie geregistreer nie, of iemand maak geld uit kinders uit! Hierdie is beslis nie aanvaarbare praktyk nie

isabelle ·

SKANDE

LAND IS BESLIS ROMMELSTATUS
mense gooi ook gemors by die kar se ruit uit asof dit Niks is
maar niks word gedoen!

opvoeding??!

akkedismis ·

Wie is die MAATSKAPLIKE WERKER\STER wat oor die kinderhuis moet toesighou en vir DIE DIENSTE BETAAL word?

JohanR ·

Sunnyside in Pretoria is nou Darkside. Is darem wonderlik hoe gou ‘n area kan agter uitgaan. Een dag is dit beskof, en die volgende dag ombeskof. Pretoria-Noord loop die selfde pad. Lang Straat in Kaapstad die selfde. Durban middestad lyk ook al soos ‘n vullishoop, en was al ‘n hele paar jaar nie in Q…..Port Elizabeth nie soe weet nie hoe dit daar lyk. Wonder waar wittes eendag in Pretoria sal op eindig net om ‘n eie identiteit te behou.

LANA is ELANè ·

Ek is stomgeslaan, hoe leef mens so in jou EIE vullis, ongeag?
Die mense wat daar woon is mos die skuldige partye, ek is bly oor die dromme wat aangebring gaan word, maar is amper seker dat die vullis net langs die dromme gesmyt sal word, baie mense redeneer mos dit is ‘n manier van werkskepping as werkers ‘n ander se vullis moet opruim.
Siek wêreld waarin ons, onsself bevind en ek sukkel om simpatie met die inwoners vd gebou te hê hulle is self vir die gemors verantwoordelik!!

Danie ·

So werk dit deur die hele land.
Swak opvoeding veroorsaak dat mense dink dis ok om hulle vullis by deure en vensters uit te gooi want iemand anders sal dit mos optel.
Wat het die gesondheidsinspekteurs gedoen sedert 799 ton gelede?
O ek weet…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.