Kyk: Poskantoor vies oor ou hoendervideo

Foto ter illustrasie. (Foto: SA Post Office/Twitter)

Werkers van die Witrivier-poskantoor in Mpumalanga wat op video vasgevang is toe hulle die vere van ʼn spul dooie hoenders in ʼn poskamer uitpluk, is glo lankal in die pad gesteek.

Dié video is reeds in 2018 deur die Laevelder-koerant gepubliseer, maar doen nou weer die ronde op sosiale media.

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het vandeesweek in reaksie hierop ʼn verklaring uitgereik waarin hy bevestig dat die twee werkers wat op die video te sien is destyds na afloop van ʼn dissiplinêre verhoor afgedank is.

Die dissiplinêre proses is glo kort na die verskyning van die video afgehandel.

“Die Poskantoor handhaaf etiese gedrag en het ʼn streng beleid teen alle vorme van onreëlmatige of onwettige gedrag.

Die Poskantoor sê hy werk hard om ʼn kultuur te vestig wat op goeie kliëntediens geskoei is.

“Die betrokke poskantoortak het onlangs komplimente by lede van die publiek oor hulle goeie diens ontvang.”

Die Poskantoor het mense aangemoedig om enige verdagte gedrag “met soveel as moontlik bewyse” by [email protected] aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Renier ·

Sosiale media.Een keer op die internet, altyd op die internet. Solank dit dien as n herinnering .

Anel ·

Sjoe, die tannie is skoon uitasem so kwaad is sy. LOL. Maar nou ja, al is dit oud, is dit skreew snaaks. Net is Afrika!!! Of sal ek nou sê, Suid Afrik!!!

Anna-marie ·

Ek hoop video word oorsee gestuur dat hulle kan sien wat aangaan in hierdie land.

JohanR ·

Al het dit in 2018 gebeur maak dit jou nog naar. Seker gelukkig dit was nie ‘n bees nie!

Misky ·

Ons het so 3 jaar gelede in Montclair, Durban gebly. Daar het ‘n sangoma skuins oorkant ons huis gekoop en die vrou het gereeld bokke en selfs paar keer bees geslag. Ons het gesondheidsdieste en munisipaliteit gebel en nodeloos om te sê, niks het gebeur nie. Gelukkig was dit net tydelik en was te bly om daar weg te trek. Stank en vliee was ondraaglik!!!

Prikkie ·

Dit is die rede waarom Duitse kinders die gaskamers moet besoek, sodat hulle nooit vergeet nie.

So ja, herinner maar die poskantoor so ‘n bietjie, dit sal hulle op hulle tone hou (hopelik).

Anoniem ·

Duitse kinders kan nie lewenslank gestraf word vir die dade van hul voorouers 60+ jaar gelede nie.

Peach ·

Manie, ek word steeds vir Jan van Riebeeck se dade gestraf ????

Aai ·

Nou het ek al alles gesien maar more is weer ‘n nuwe dag dan is daar weer iets nuuts.

Misky ·

Feit is, dit het gebeur en hulle was uitgevang. En dis maar net wat ons van weet, dink daar baie sulke riller dinge wat agter staatsdeure plaasvind

DieKriek ·

Poskantoor kan maar so hard werk as wat hulle wil. Daar is goeie plaasvervangers en SAPK sal my nooit weer sien nie. Die ergste is die kilometer-lange rye bedelaars wat dag in en dag uit daar rondhang.

Heinrich ·

Sies tog, kwaad oor julle uitgevang was. Die publiek is is vir jare kwaad oor die swak en ongeskikte diens wat hulle bied, wat gaan hulle daaromtrent doen?

FC ·

Poskantoor,,dis tyd dat Poskantoor landswyd toemaak. Oud of nuwe video, Poskantoor bly steeds treurig en daar is bitter min diens.

Pieter ·

Ok, so wat word gedoen aan die skade wat hulle daardie tannie veroorsaak het? Sulke onnodige goed verander ‘n mens…

4ntj13 ·

Janee! Mens publiseer mos nie ʼn video sonder datum op (en die mediahuis se naam — wat hier wel gedoen is, dankie!) nie. Daar sal mos altyd ʼn tannie êrens uitpeul wat haar mes in het vir sulke dinge. Met datum daarby, kan almal mos nog hulself vreugdevol “herinner” tot in die vólgende millenium! Nou kan Lowvelder News gerus aan die Poskantoor verduidelik en vergoed vir slapgeit! Én Poskantoor kan ook maar verduidelik hoe posbesmetting nou beter voorkom word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.