kykNET reageer ná K-woord in ‘Kwarantyn’-huis

Jana le Roux en haar dogter, Lisa, is deelnemers aan ‘Kwarantyn’. (Foto: Instagram)

ʼn Storm het Donderdag losgebars toe een van kykNET se Kwarantyn-deelnemers die K-woord kwytgeraak het tydens ʼn speletjie op die program.

Die program word 24 uur per dag regstreeks op DStv-kanaal 149 uitgesaai.

Jana le Roux (49), ma van die Le Roux-gesin wat in die Kwarantyn-huis teen die Scheepers-gesin meeding, het ʼn herrie ontketen op sosiale media toe sy na ʼn k*****pak verwys het.

Karen Meiring, direkteur van kykNET-kanale by M-Net, het die voorval in ʼn verklaring bevestig.

“Donderdagaand in die program Kwarantyn is ʼn rassistiese opmerking gemaak wat indruis teen die Grondwet, die gees van die program en die aard en wese van kykNET. Die kanaal vra om verskoning aan almal wat hierdeur beledig is. kykNET bly verbind tot ʼn nie-rassige samelewing, sonder diskriminasie,” het Meiring gesê.

“kykNET skram nie weg van die verantwoordelikheid om historiese en aktuele komplekse onderwerpe te takel en te belig nie. Die situasie vra vir besliste optrede en word met dringendheid bestuur.”

Twee uitgebreide Afrikaanse gesinne, wat mekaar van geen kant af ken nie, ding in die program teen mekaar mee om as die gewildste gesin onder kykers gekroon te word en ʼn kontantprys van R250 000 los te slaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Marius ·

Nog n storm oor n oertyd oue seding en spreekword . Regtig ? Gaan lees na oor die seding en vat dit van daar af .

RB ·

Marius, die MRK sal Google moet hof toe sleep.
Google het nie ‘n kans nie! Hulle sal boete èn tronkstraf kry.

Google maar self. :-)

Peet ·

Ag ja hier gaan ons al weer. DSTV(Kyknet) moet tog net nie op julle knieë neerval en handjie in die lug om vergifnis pleit nie.

MakersMark ·

So moeg vir belaglike heksejag na “rassisme” waar daar niks is nie. Wie het sy nou ingedoen ? Sy sal ook seker moet voete soen in die in die publiek om vergewe te word.

AmY ·

Ai tog.

Ons het die sê-ding dan so baie gebruik.

En sy het mos nie die Scheeperse direk beledig nie.

As Jana ‘swaar gesraf gaan word’, gaan baie van ons ons DSTV kanselleer en dan gaan die subskrubsie bitter hoog wees.

Baie mense is al oor na die goedkoper pakket, en kan selfs dit nie meer bekostig nie.

Sterkte Jana. Ek glo alles gaan goed eindig vir jou.

Pitbul ·

Bitter lankal myne gekanseleer… het blomme in my skottel geplant dit lyk te mooi.

Juan ·

Hoe is dit enigsins rassisties van aard om so iets te sê as jy dit nie spesifieks teen iemand rig nie? Ja dalk is dit nie van pas nie en sy kan onverskoning vra maar kom nou mense… hoe ver is ons al verbei wat logies sin maak? Mens mag nie meer jou mond oop maak of iemand vat offence nie… is ons as mensdom nou al so gebreinspoel om spoke agter elke skaduwee te soek? Dis pateties…en Kyknet is net so pateties om weereens op hulle kniee te gaan en jammer te sê. Kry ‘n RUGGRAAT!

Sanet ·

Ek dink dit is net as gesegde gebruik uit my hele hart. Ek wens hul verban die woord rassisme ook want alles word terug verwys na rasisme. Mense die is 2020.

Pitbul ·

Vier vark stakes… moet hulle alles uit verband uit ruk…

Sarel ·

Dit is nie fie eeste keer dar ‘n Afrikaanse Spreekwoord skielik Rassisties raak nie. Aan die ander kant moet persoon wat so in die kollig is weet om woorde te tel.

Yolandi ·

Niemand, maar niemand op hierdie aarde is foutloos!!
Ek geniet nogsteeds die program en #Le Roux familie is my gunsteling..
Albei gesinne is net AWESOME!

Nico ·

Yolandi, ek stem volkome saam met jou daar is geen mens op aarde wat foutloos is nie, ekskuus daar is wel een groep mense wat foutloos is hulle is nie rassisties nie, net die witman is rassisties

JohanR ·

Wag soe bietjie wat sien ek in die verte daar? Dit kom nader en nader, en daar is ‘n groot stofwolk. En daar hou dit stil. Wag net vir die stof om te bedaar om te sien wie dit is. Haai dit is Buang Jones van die MRK op ‘n wit perd!

Snowball ·

KykNet moet miskien komplekse ipv komplekse onderwerpe in ag neem.
Maar as julle die skuld en skaamte van hierdie onnoembare daad (tans erger as moord in SA) wil afwas, reël ‘n protesoptog. Dis die beste manier om rassisme aan die groot klok te hang. Reël ook dat alle woordeboeke met dié afstootlike woord verbrand word. Kry ook alle leksikoloë voor stok dat hulle dié woord nooit verban het nie.

Surfer ·

Kyknet is OOK nie meer Kyknet nie……….wonder net…………….hoe kanselleer ek kanaal 144 van my DSTV packet af.

Jacobus ·

Ag Karin. Die stadaard is gestel – buk af en soen die skoene.
Of soos Bybel mekaar voorgaan in eenvoudigheid.

Vrijburger ·

Defininsie van rassisme: “prejudice, discrimination, or antagonism directed against a person or people on the basis of their membership of a particular racial or ethnic group, typically one that is a minority or marginalized.”
Verduidelik asb vir my hoe die gebruik van die K-woord in hierdie geval rasisme is?

Erik ·

Interessant hoe die kommentaar hier verskil van die op Netwerk24…

Ek self kry skaam en voel ongemaklik elke keer as ek die ‘k-woord’ hoor. Dit was nie die norm in my huis nie en ek het nog nooit my ouers of grootouers dit hoor sê nie.

My norm mag dalk van joune verskil, maar daar is iets soos reg en verkeerd. Wanneer iets iemand seermaak of ongemaklik maak hou mens verby. Die herrie is onnodig, maar die gebruik van woord ook. Ek vermoed haar ‘kwarantyn’ begin nou eers…

tvw ·

Net ‘n gewone Afrikaanse spreekwoord, ai tog wens mense wil bietjie meer volwasse wees oor die tipe van taalgebruik. Ons het grootgeword met dit, het die anderstaliges nie ook spreekwoorde of gesegdes nie? ….. dit sal ons ook nie weet nie né want ons verstaan nie hul taal nie

Nico ·

Die K woord is rassisties en teen die wet. Of jy daarmee saamstem of nie en maak nie saak wat die ou betekenis is nie. Sy het dit gebruik en is verkeerd en moet gestraf word. Verwyder hulle van die program af

Francois ·

Dis belaglik. Dan verwyder showmax nog al Leon Schuster flieks want dit is rasisties. Sal showmax dan asb white chicks ook verwyder want dit is swartes wat hulle opmaak soos wittes en ek vind dit ook aanstootlik en rasisties

Fiefie ·

So, hoekom word die program dan ook nie sumier gestop soos Bolhuis nie?? Bolhuis was darem iets ordentliks….

Amatambo ·

AAAAG, asswe-BLIEF – soos hulle inEngels sê: GET OVER IT… maar dis heel aanvaarbaar om wittes ook met skelname uit te kryt en geen haan kraai daarna nie – tyd dat al hierdie “sneeuvlokkies” nou opgroei en ophou om die wittes vir al hulle probleme te blameer…

Jack ·

Ek weet nie na wie die woord verwys het nie aangesien dit nie gerig is teenoor n spesifieke persoon of groep persone nie. Ek vind die reaksie totaal oor sensitief aangesien niemand kan beweer dat n groep beledig is nie. Die woord verskyn in verskeie romans en waarskynlik nog steeds in sekere gelowe se geskrifte. Die publisering van hierdie soort ondeurdagte optrede versterk net eenvoudig die haatgevoel tussen groeperinge in die land. Los liewers die groot klok ding. Wanneer gaan die burgers wit en swart volwasse word?

Mathys ·

Hoe is dit nuus? Jong dame het ‘n woord gese wat nie na ‘n mens verwys nie, maar na ‘n pakslae, watter pakslae ‘n metafoor is vir ‘n oorwinning. ‘n Vorige artikel in hierdie nuusblad, berig hoedat mense gemartel is, dis nuus, dis aanstootlik vir die gemeenskap as ‘n geheel. Die beskuldigdes word egter nie by name genoem nie, want dit kan hulle moontlik in ‘n slegte lig plaas. Hierdie publikasie, waar iemand namens ‘ander’ aanstoot neem en dit onduidelik is of enige ‘slagoffers’ aanstoot geneem het, gooi hulle nog ‘n jong dame vir die wolwe, die deure van die toekoms ast ware vir haar toegemaak, haar toekoms gekonfiskeer, omdat sy nie dieselfde beskerming mag geniet as wat mense, wat ander mense dood martel, geniet nie. Omdat sy wit is? Of is dit omdat die artikel mense apart hou en die martel ene, indien die samelewing-vernietigers, van hulle media beskerming gestroop word, die vermoe het om ons nasie bymekaar te bring, soos Francois Pienaar en sy span destyds?

Mariana ·

Lyk my daar is net een oplossing……hou jou mond toe vir net ingeval daar dalk ‘n gesegde of woord uitglip wat dalk iemand se sensitiewe hart kan seermaak. Herskryf woordeboeke en gesegdes en idiome en wat nog sodat kinders tog net van kleins-af die regte woorde gebruik. Die sensitiewe mense daarbuite moet tog maar hul ore toemaak en hul oë voor hul iets sien of hoor wat hul hele lewe mag uitmekaar skeur. As ek nou elke keer sensitief moet raak oor die woord “witvrou”, vet witvrou, whitey, boer en wat nog, sal ek in gestig beland……Jammer Jana maar die media gaa jou heel waarskynlik uitmekaar skeur.

Danie ·

DSTV het nou wasskotteltjie uitgehaal en die le Roux gesin moet nou voetjies was en vergifnis vra. As ek die gesin is onttrek ek maar want wen sal hul nie wen nie dit is nou maar klaar gooi nou maar die handdoekin en hou op om die kykers se tyd te mors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.