Laaste verdagte gevonnis ná Lephalale-plaasmoord

Pieter Pieterse (Foto: Verskaf)

Die laaste verdagte wat vir die moord op die Lephalale-boer Pieter Hendrik Pieterse (57) tereggestaan het, is meer as vyf jaar later gevonnis. Twee ander verdagtes is vir sy moord skuldig bevind en dien reeds hul vonnisse uit. ʼn Vierde beskuldigde het as staatsgetuie gedien en die saak is teen hom teruggetrek.

Volgens die ondersoekbeampte, A.O. Osie Oosthuizen van Lephalale-speurdiens, is Phillip Modime Dinsdag in die hooggeregshof in Polokwane tot 20 tronkstraf gevonnis op aanklag van moord, agt jaar op aanklag van huisbraak en 15 jaar op aanklag van roof met verswarende omstandighede.

Die vonnisse van die laaste twee klagtes sal gelyklopend met die vonnis van die moordklagte uitgedien word.

Pieterse is op 5 Februarie 2017 op die plaas Sumadi in die Afguns-omgewing, Lephalale, vermoor.

Maroela Media het vroeër berig Pieterse is erg aangerand en het op pad na die hospitaal aan sy beserings beswyk. Hy is verskeie kere met ’n moersleutel oor die kop geslaan.

Verskeie items is uit Pieterse se huis gesteel, onder andere ’n kluis en sy bakkie.

Vier verdagtes, Phuti Phineas Molangoane, Thapelo Nickel Motsamai, Tshepo Rasodi en Joel Mashaba is in dieselfde week van die moord in boeie geslaan. Modime het gevlug en is eers weer in 2020 aangekeer.

Volgens Oosthuizen is die saak teen Mashaba teruggetrek en hy het as staatsgetuie in die saak gedien.

Rasodi is in 2018 op borgtog van R1 000 vrygelaat, waarna hy gevlug en versuim het om in 2020 vir sy hofverskyning op te daag. “Terwyl hy op borgtog uit was, het hy verskeie misdrywe gepleeg, waaronder ’n gewapende rooftog in Seshego, naby Polokwane,” sê Oosthuizen.

Molangoane en Motsamai is dieselfde jaar tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord, twee keer 15 jaar tronkstraf vir onderskeidelik huisbraak en roof met verswarende omstandighede sowel as vyf jaar vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word en hy sit effektief lewenslank in die tronk.

Motsamai is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van huisbraak met die opset om te roof en 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Die twee vonnisse sal ook gelyklopend uitgedien word.

Rasodi is op 21 Augustus 2020 tydens ’n skietery met die polisie in Modimolle doodgeskiet. Die polisie het daar op ’n huisroof reageer, waarna ’n skietery gevolg het.

Modime is saam met Rasodi daar aangetref en hy is in hegtenis geneem.

Oosthuizen sê die saak was baie traumaties vir Pieterse se familie.

Daar sal na verwagting volgende naweek ’n kruis by die Witkruis-monument in Limpopo vir Pieterse opgerig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Heinrich ·

As hy maar 20 jaar sou sit, en as hy maar gerehabiliteer daar sou uitkom, en as hy straf kon uitdien vir elke misdaad individueel… maar nou ja as is verbrande hout en en die nuwe verbeterde krimineel is een van die dae weer op straat.

domheks ·

Weet nie hoekom hulle 20 jaar vir die gee, en 10 jaar vir daai en op die ou einde bly dit maar 20 jaar waarvan ‘n derde uitgedien word! Lekker ou SA!

Anel ·

Hoekom is lewenslank nie lewenslank nie. 20 jaar is niks, dan kry hulle klomp af vir die en daai en een van die dae, as ons weer hoor loop hulle vry rond en gaan net aan waar hulle op gehou het. En hoekom moet dit saam loop? Wat is die doel dan van die vonnis? Dit is lagwekkend en ‘n klap in die gesig van die slagoffers.

Oosieoos ·

Sal nie die boer terug bring nie en staat sit agteroor terwyl die moorde gepleeg word

Piet parys ·

So n mede moordenaar kom los net omdat hy staatsgetuie is . Bulls….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.