Laer beurtkragfases hierdie naweek

Argieffoto (Foto: Steve Johnson/Unsplash)

ʼn Verminderde vraag na krag oor die naweek beteken dat laer beurtkragfases vir die volgende paar dae ingestel gaan word.

Eskom het vroeër aangekondig dat sy verbeterde opwekkingsprestasie daartoe gelei het dat hy fase 4-beurtkrag van Vrydag om 14:00 tot Saterdag om 05:00 kan instel.

Die kragvoorsiener sê nou dat fase 2 dan vanaf 05:00 tot 16:00 van krag sal wees, waarna fase 4 weer sal intree.

“Die afwisselende beurtkragfases Saterdag sal Sondag weer herhaal word,” sê Eskom.

Altesaam 16 468 MW kapasiteit is tans nie beskikbaar nie, terwyl 4 601 MW aan beplande instandhoudingswerk afgestaan word.

In die afgelope 24 uur is ʼn opwekkingseenheid by die Camden-kragstasie van lyn af gehaal vir herstelwerk.

In dieselfde tyd is ʼn opwekkingseenheid elk by die Arnot-, Grootvlei-, Kendal- en Majuba-kragstasie weer aanlyn gebring.

ʼn Opwekkingseenheid by die Matla-kragstasie is nog nie weer aanlyn gebring nie, en in hierdie stadium veroorsaak dit uitdagings met kapasiteit.

Eskom sê sy spanne werk onverpoos om al hierdie opwekkingseenhede weer aanlyn te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Casper ·

Hoelank hoor ons nou al,”escom spanne werk onverpoosd om eenhede weer aanlyn te bring” net om te hoor fase 5 en 6 beurtkrag is ons voorland.Erken eerder eskkom is in,in sy maai in.

Vrystaat2109 ·

En daarvoor moet ons nou bly wees, belaglik, as ‘n mens maar net kon sê wat jy wil sê.

Swerwer ·

Lekker lag ek nou. Vannag as almal slaap verander die fases weer want “skielik het daar eenhede onklaar geraak”
Ai siestog.

Jandup ·

Ek dink ESKOM moet daggliks opdateer watter eenhede op watter kragstasies beskikbaar is aan die publiek.
Die stasies met onbeplande lae beskikbaarheid spog se bestuur moet gepenaliseer word. So ook moet die maatskappye wat die instandhouding doen gepenaliseer word.

annie ·

Die petrolprys styg glo weer erg in Oktober. Betaal ons nou vir die diesel wat so ruim gebruik word om krag op te wek en dan weer vir die krag wat ons nie gebruik wanneer ons sou kon tydens kragonderbrekings en dan weer vir die krag tussen die kragonderbrekings. En klaar ook vir die kragskepe wat binnekort ons hawens kom bemors. Gee ons krag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.