Landbou verloor ʼn sterk steunpilaar

Kobus Steenekamp. (Foto: Verskaf)

Kobus Steenekamp, kommersiële landhoof van Bayer Crop Science, is Saterdag oorlede nadat hy weens Covid-19-verwante komplikasies in die hospitaal opgeneem is.

“Hy sal vir altyd ʼn ware legende in die Suid-Afrikaanse landboubedryf bly en ons almal by Bayer sal hom terdeë mis,” sê dr. Klaus Eckstein, hoof van Bayer Suider-Afrika en groepshoof van gewaswetenskap Afrika. “Ons medelye gaan uit aan sy vrou, Pamela, sy kinders, Stéfan, Christiaan, Reinhardt en Clarissa, familie en vriende; mag julle in vrede hartseer wees en sy lewe vier.

“Hierdie sagte reus sal onthou word vir sy leierskap, vriendskap en humorsin. Kobus se medelye met ander en liefde vir sy gesin was in die kern van sy menswees. Sy kennis en kundigheid in die bedryf het ʼn blywende invloed op die boere en kollegas gehad met wie hy oor die dekades saamgewerk het.”

Steenekamp is in Brits gebore en het in 1990 aan Brits Hoërskool gematrikuleer waarna hy ʼn MSc (Agric) aan die Universiteit van Pretoria behaal het. Dit is gevolg met ʼn MBA van die Noordwes-Universiteit.

Voor hy hom by Monsanto Suid-Afrika aangesluit het, waar hy die grootste deel van sy loopbaan deurgebring het, het hy in die produkontwikkelingspan van Bayer Suid-Afrika gewerk.

In 2001 het hy hom as landboukundige by Monsanto aangesluit waar hy verskeie kommersiële rolle gehad het. Hy het op gewasbeskerming, biotegnologie en saad gefokus en sedert 2011 was hy die landbestuurder van dié maatskappy.

Ná afloop van die verkryging van Monsanto deur Bayer is Steenekamp op 1 Julie 2019 as die kommersiële hoof van Bayer SA se Crop Science-afdeling aangestel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kosie ·

Ek is jammer oor die persoon wat gesterf het. Ek wonder maar net, wat presies beteken “Covid-19 verwante komplikasies”; sou dit die inentings insluit? Indien dit wel die inenting was, hoekom word dit so vaag geskryf?

Kompas ·

Baie hartseer!! Net die persone bo 60 op die oomblik sou dalk inentings insluit. Onder 60 nie.

Pieter ·

My innige simpatie. Dink hy was in Olienhout koshuis by Tukkies.

Hendrik ·

Stil Broers, daar gaan n man verby! Ons sal Kobus se kwinkslae en humor mis. Hy was n besondere kollega en vriend en n sterk gesinsman wat sy geloof in God uitgeleef het. Sterkte aan sy familie.

Di ·

Sjoe, dis so hartseer om elke dag te lees van al hierdie mense se afsterwes weens Covid 19. Daar gaan groot leemtes gelaat word in ons Afrikaner volk se voortbestaan. Innige meegevoel aan die familie, vriende en kollegas vir die groot verlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.