Lang herstelpad lê voor na padwoede-voorval

Willem Potgieter in die hospitaal. Foto: Verskaf

Willem Potgieter (52) word steeds in die waakeenheid van die Milpark-hospitaal in Johannesburg behandel nadat hy ernstig aangerand is tydens ʼn beweerde padwoede-voorval in eMalahleni (Witbank).

“Dit gaan beter en hy vorder goed,” het Lourens Potgieter, Willem se broer, gesê. Volgens Potgieter is sy broer nog onder verdowing en word hy nou en dan bygebring.

“Hy is op die oomblik nog te swak om weer geopereer te word. Sy herstel is stadig en dit is nog nie duidelik hoe lank hy in die waakeenheid gaan wees nie en daarna gaan hy met rehabilitasie moet begin.”

Volgens kapt. Eddie Hall, woordvoerder van die polisie, word steeds gesoek na ʼn vierde verdagte in verband met die voorval op 20 Julie. Die ander drie verdagtes moet weer op 1 Oktober in die hof verskyn.

Willem en sy vrou, Santie, was die aand net na 21:00 op pad terug na hul huis in Tasbetpark nadat hulle gaan uiteet het toe die nagmerrie-aanval plaasgevind het.

Die Potgieters se bakkie. Foto: Verskaf

Vier mans in ’n Dodge Ram-bakkie het glo ’n rooi verkeerslig verontagsaam en Willem het sy toeter gedruk. Die bestuurder van die bakkie het glo stilgehou en daarna die Potgieters begin agtervolg.

Die Potgieters se bakkie is kort hierna van die pad gestamp en die bestuurder het ook herhaaldelik teen die passasierskant vasgery, wat tot gevolg gehad het dat Santie nie haar deur kon oopkry nie.

Willem het uitgeklim en ʼn waarskuwingskoot in die grond geskiet waarna drie van die mans hom oorrompel en ernstig begin aanrand het. Santie is ook aangerand. Sy het snye op haar kop opgedoen, twee ribbes gekraak en ʼn rib gebreek. Haar been is ook erg gekneus weens die skade wat aan die passasierskant van die bakkie aangerig is.

Willem het baie ernstige beserings opgedoen en daar is van die toneel met hom na die Life Cosmos-hospitaal gehaas. Hy is in ʼn geïnduseerde koma geplaas nadat hy na die Milpark-hospitaal oorgeplaas is. Sy wangbeen is vergruis, sy kaak is gebreek en hy het ʼn skedelbreuk opgedoen.

Drie mans het hulself na die voorval aan die polisie oorgegee. Hanno Bierman (30), Pieter de Beer (29) en Hannes Viljoen (28) het in die Witbank-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Salomè ·

Padwoede!!Dis ñ Skansen wat hulle aan die oom gedoen het.Mag geregtigheid skiet en dat hulle kry wat hul verdien..mens is nèrens veilig nie.

thinus erasmus ·

Die SAPS wil nie die vierde verdagte se naam gee nie – dis dalk een van hulle pelle of ryk en beroemde kêrel! Hy was seker die bestuurder en eienaar van die voertuig.
Ek doen ń beroep pp die lesers van Witbank: iemand moet hom ken en weet van die voorval – maak sy naam bekend. As Mm dit nie wil plaas nie, probeer ander media.

Wie weet ·

Kan nie glo hierdie ouens is op borgtog uit nie Dit is net God se genade dat hierdie man nog leef

ne ·

Die 4de verdagte nog soek? Is hy die GROOT skuldige? Sy maats moet maar sy naam en adres verskaf! Hulle moet verantwoordelik gehou word vir mediese koste en die egpaar vir die res van hulle lewe onderhou.

Suzette ·

Ja dis baie sleg en ons harte raak so seer oor dit wat met Willem en Santie gebeur het. Dis my oom en hoe wreed hy aangeval is gaan my verstand te bowe. Ons moet net glo en vertrou dat Die Here hom ten volle sal genees en dat Willem en Santie sterker mense bo sal uitkom. God het hom en Santie beskerm om sy Engele te stuur daardie dag met die aanval. Ons sal aanhou Bid. Ons dien ‘n Almagtige God en by God is alles moointlik.

Johan ·

Dit lyk soos poging tot moord met verswarende omstandighede.

Elna ·

Ianie, Hoekom die ouers vrae? Hierdie is jong mans !!! Hulle ouers het niks met hulle gedrag te doen ni.
Ek kry hulle ouers jammer, die jong mans is niks om op trots te wees nie. Hulle gaan moet rekenskap gee vir hulle gedrag.

Believeitornot ·

Hulle ouers het hulle grootgemaak. Dit het deftintief te doen met jou opvoeding. Wie kan sulke wrede dade uitvoer as jy goed groot gemaak is. Hulle ouers is tien teen een net so sleg….

Juan ·

Kyk mooi mense. Dis hoe jy lyk as jou lewe in gevaar is en jy besluit om net n waarskuwingskoot te skiet.

GP ·

Stem saam. Leer daaruit. Nie maklik om iemand te skiet nie, maar mens moet vooraf dink oor opterdes tydens sulke situasies en vooraf besluit wat mens gaan doen. Ek se as die situasie dit regverdig skiet en verduidelik later. Mens kan nie altyd helder dink tydens die situasie nie, dus dink daaroor voor dit gebeur.

Sarel ·

Hoop hulle saak sal ‘n voorbeeld wees vir diegene wat padwoede oorweeg. Nie dat die kanidate hulle daaraan sal steur nie. Maar laat hulle die kostes en verliese dra.

ChrisE ·

Dit is nou maar die realiteit van ons hedendaagse samelewing. Die sosiale struktuur (social fibre) is daarmee heen. Ek vra myself af waar is daardie drie mannetjies se ouers. Hoe is hulle opgebring. Wat se voorbeeld het die se ouers aan hulle voorgehou? Ek sê altyd grond kan jy koop maar nie agtergrond nie. Ek sal daardie drie op alle aanklagte moontlik looi en sorg dat hule uit die samelewing verwyder word. Dit is maklik om iemand te slaan aan te rand as jy drie is. Jy is ‘n lafaard/swakkeling as jy nie jou man alleen kan staan nie. Dit is ‘n skande. As ek hulle is sal ek nie my gesig in die openbaar wys nie. Dit was om die minste te sê laakbaar.

Jacoba ·

Maklik om die ouers te sit en blameer. Jy voed jou kind na die beste van jou vermoe op en leer hulle wat is reg en verkeerd, maar na 21 maak hulle mos hulle eie besluite, doen wat hulle wil, suip soos hulle wil, meng met verkeerde vriende. Al ooit gehoor van ‘n “pack mentality” daar is ‘n leier en sy skape volg hom. Selfs ‘n trop honde tree so op as die leier aanval sal die res ook volg en aanval. Hou asseblief op om die ouers vir die JONG MANS se gedrag te blameer. Pasop jou kinders mag ook so opeindig dan sit jy ook aan die ontvang kant van vingerwysers.

Malinda ·

ChrisE wat het hul ouers met hul optrede te doen? Kyk na hul ouderdomme ek meen hul word onder volwassenes geklasifiseer. Dit was hulle keuse om onverantwoordelik op te tree. Ek dink die geval hier is “eks n breker want ek saam my tjommies en ek kan doen wat ek wil”

Suzette Geringer ·

Ek sal dit ook wil weet Johan. Die goed hoort nie in die openbaar nie

Sarel ·

Hy moes so paar rondtes in die “Ram” bakkie se radiator in gestoot het……. en die aanval gestop het. Dit was toe reeds lewens bedreigend to sy voertuig die pad verlaat wees hulle teistering!

B ·

Stem Koos, hy het aan hulle vier genade betoon en hulle het nie dieselfde teenprestasie gelewer.
Soos hulle se, ‘terugskouing’ is 20/20 visie.

Erika ·

Maroela Nuus ons wil meer weet oor hierdie saak. Hierdie manne hoort nie indie samelewing nie. Hoekom kry hulle borgtog! Om ‘n robot te verontagsaam het hulle alklaar ander onskuldige mense se lewens ingevaar gestel. As jy nie respek het vir ouer mense nie is dit maar ‘n bewys van jou opvoeding! Elkgeval swak van die vierde lamsak om nie na vore te kom nie. Hy het seker vorige veroordelings!!

Pieter h ·

Iets is verkeerd. 3 gee hulle oor en een verdwyn. Wonder of hulle dit saam so beplan het. Maw as nr 4 permanent verdwyn omdat hulle dik in die geld is en dalk n ontvlugting kon reel. So wat dan as die drie een of ander storie opmaak teen nr 4 en so probeer loskom of dan minstens bversagting kry.

Dorothy ·

My vraag is, hoekom word die varke se fotos nie geplaas nie. Hulle mag doen net wat hulle wil en word beskerm. R10 000,00 borgtog is Kleingeld vir hulle. Met ander woorde, hulle stap nou heerlik rond, ‘n man le in die hospital in pyn, en wat verhoed hulle om dit weer te doen voor die volgende verhoor.

Joe ·

Met die vorige berig was daar die name van die drie bekende mans en n foto van een, verder kon jy hulle op fb identifiseer, se maar net dis hartseer dat ons eie mense so teen mekaar draai.

Skuldig ·

Waarom neem die regstelsel so lank om sulke lafaards te straf?

Pray ·

Ek bid die oom druk deur……en bid dat daai 3 die regte straf opgelê word…en dat die doodstraf terugkeer……

toy ·

Ek wonder net hoe sou hulle gevoel het as dit hulle ouers was.

Janinda ·

dit gaan my verstand te bowe hoe daar
eenvoudig net geen diensplig meer is, die goed het nie gebeur
jonges het respek vir ouer mense gehad, en maniere, mans kon na hulle self omsien,
nou sit ons met ‘n land waar die jong kinders nie meer ‘n idee het wat dit is
ek kry skaam om te sien dat hierdie afrikaner seuns ‘n ouer oom en ‘n tannie so aangerand het,

Ek hoop daai krim rekord leer julle ‘n duur les vir die volgende 10 jaar

wilma ·

Ek wonder wat sou gebeur het indien die aanvallers doodgeskiet is aangesien die mense se lewens definitief in gevaar was!

HPV ·

Indien hy die lafaards geskiet het sou hy nie nou in die hospitaal gelê het nie , sou wel sy saak in die hof moes stel. Dit is beter as ernstige of selfs blywende beserings.

JohanL ·

Nog op soek na die vierde “verdagte”? Sekerlik moet sy naam bekend wees Kapt Hall. Julle kan sekerlik sy naam aan MM gee, sodat ons as publiek kan help soek. As die ander 3 NIE die vierde verdagte se naam al gegee het nie, kla hulle aan vir dwarsboming van die gereg. Want sekerlik weet die drie wat hulself oorgegee het wie dit was – hy was dan hulle vriend.

Stom ·

Ja nee kyk genade van bo. Die ander 4 was seker buite hulself gesuip gewees.
Sterkte aan die Potgieter gesin.

charmaine ·

Ek is geskok!! wonder wat sal hier mans doen as dit hulle ouers was wat so aangeval was?
En hulle het seker weer KRAGSAP ingehad. En rand hulle nog die tannie ook aan.

Hulle is n skande vir hulle families!

En hoekom klim die oom uit sy kar en skiet nogals n waarskuwing skoot genade hulle sal jou met jou eie wapen doodmaak.

Hanlie ·

Die varke, laat hulle sit en mag hulle so gestraf word dat hulle geen, maar geen kans op parool sal kry nie.

O ja ·

Vergeet van tronkstraf – laat hulle betaal vir die res van hul lewe!!

Zorro ·

Dis vir my so al asof die mense vinniger warm word deesdae. Ek moes self nou die dag mooi trap om nie aangerand te word nie. Ek was uitgeskel vir ‘n lafaard (erger woord) omdat ek nie wou uitklim nie. Dit was nie altyd so nie – wat is fout met ons samelewing (en ons eie mense!).

GP ·

En so verander die 4 se toekoms in een aand. In ons land is die frustrasies op die pad so hoog ek dink daar is heelwat mense op die randjie om te knak en dom goed aan te vang. Die grootste rede vir die frustrasies is die onvermoe om wette toe te pas.

Cherokee ·

Niks te doen met frustrasies nie. Heelwaarskynlik bloot dronkaards wat mekaar aangehits het en vir mekaar wou wys hoe hulle kan saamstaan in ‘n bende van vier wat enkelinge aanrand.

Piesang ·

Daai 4 low class gemors moet hoop en bid hulle slagoffer sterf nie, want dan gaan hulle heelwat langer sit.

Foxi ·

Of hulle nou borg gekry het ofte nie, hulle het vir hulself elk n gat gegrawe. Moet nooit aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. Bedorwe mannetjies wat met pampoene onder hul arms rondloop en miskien dink geld gaan als weer heelmaak. Soos wat hulle hierdie mense aangerand het, moet jy weet hulle is vroueslaners ook. Nee wat, julle moet maar kry waarvoor julle gesoek het.

Samy ·

Kan mense nie hul naam op soek op Facebook, so ons kan sien wie dit is ??

Massey 290 ·

Hulle verdien om die res van hullr lewens agter tralies deur te bring.

Jeremia ·

Borgtog en parool is in hierdie opgeneukte land darem maar vrylik beskikbaar vir baie-baie ernstige misdade.

ChrisE ·

Malinda en Jacoba. Wie het daardie skobbejakke in die lewe gebring en probeer opvoed. Die lewe is keuses. Jy maak hulle en dra die gevolge. Seuns idialiseer gewoonlik die pa’s. Die pa’s stel ‘n voorbeeld vir die seuns. As pappie almal en alles met die vuiste probeer regmaak of slaan gaan boet dit ook mos doen. Die ander vraag wat by my opkom wie se bakkie is dit wie boet en pelle mee rondry? Ek het en sal gelukkig nie die probleem kinders hê nie want hulle is reeds “groot”, goed opgevoed en tree beskaafd op in die publiek. As kinders was daar perke en grense gestel. Kinders het dit van dag een af nodig. Dit gee hulle gevoel van sekerheid en strutuur. Geen mens behoort of kan sonder grense wette en reels te leef nie. Gaan kyk na leeus. As jy as jong leeu uit die ry trap word jy baie vinnig aarde toe gebring. Groepsdruk is nie ‘n verskoning vir boewery en skobbejak optrede nie. Jy het ‘n keuse. Jy neem deel of nie. Net ‘n plein simpel ja of nee.

ASKIES ·

Liefste ChrisE – ek verstaan 100 wat jy se maar ek stem nie saam nie! Jy kan nie die ouers blameer nie dis die stupidste redenasie. Ek is so bly jou kinders is al groot en sal NOOIt so iets doen nie – of so hoop jy? want jy het hulle groot gemaak so goed soos wat jy kon? dis presies hoe daai ouers ook moet voel, daai is nie kinders nie hulle is MANS van amper 30 met kinders as jy na hulle FB gaan kyk mamma en pappa het alankal nie meer i se te se oor wat hulle doen en late is nie … wat is jou woorde … “jy het ‘n keuse”. Hou op om die ouers te blameer, blameer die mans van amper 30 jaar oud wat verseker gesonde verstand gekry het om hulle eie keuses in die lewe te kan maak!!

Jacques ·

Hoeveel Dodge Rams kan daar wees in die gebied. Almal kani so voertuig bekostig nie. Kan hulle nie kyk wie het so bakkie al gekoop en die vlugteling so op spoor nie

Niklaas ·

Ek sal graag sien dat hierdie tipe aanrandings in die kiem gesmoor word. Ek het al ook so deurgeloop en dis altyd 3 of 4 sterkes wat aangeklam is. Vreemd dat dit meer toegedig kan word aan jong blanke kerels , volgens gerugte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.