Lasbrief uitgereik om Mdluli in hof te kry

Richard Mdluli. (Argieffoto)

Die Pretoriase hooggeregshof het Donderdag ’n lasbrief uitgereik om Richard Mdluli, voormalige hoof van misdaadintelligensie by die polisie, te dwing om in die hof te verskyn. Dit nadat hy wéér afwesig was toe sy medebeskuldigdes Donderdag in die hof verskyn het.

Mdluli se medebeskuldigdes, Solomon Lazarus, voormalige finansiële hoof by die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, en Heine Barnard, ʼn voormalige verkrygingsbestuurder, het vanoggend in die hof verskyn op onder meer aanklagte van bedrog, diefstal en korrupsie.

Daar was egter geen teken van Mdluli nie.

Regter Bert Bam het beslis dat Mdluli beveel word om in die hof te verskyn en dat ’n brief aan die departement van korrektiewe dienste (DKD) gestuur word om die DKD te versoek om hom uit die tronk na die hof te bring. Volgens Bam is daar geen rede nie waarom Mdluli nie in die hof moet verskyn nie.

Mdluli dien tans ’n vonnis in ’n afsonderlike saak uit. Hy het vorige hofverrigtinge misgeloop weens swak gesondheid.

Die saak teen Mdluli, Lazarus en Barnard is vroeër vandag uitgestel tot 12 Maart wanneer ’n datum vir hul verhoor vasgemaak sal word.

Die drie word daarvan beskuldig dat hulle ʼn geheime misdaadintelligensiefonds van die polisie geplunder het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

pompies ·

Weet dkd dat hy in die tronk is, of is dit net n skyn dat hy in die tronk is en dat hulle hom nog eers moet loop soek, voordat hy hof toe gevat sal word. Ek glo hy kry 5ster behandeling in die tronk.

Johann ·

Atieshooooo….o e e e now i eez sick so i cant b in cort…ma die meneer en sy pelle rol rond van die lekker lewe van vat en gryp? Standaard verskoning. Enigste mediese toestand is watter vlak van psigopatiese leunaar hulle is.

Albertus Christiaan ·

ń Mens kan maar net wonder waar het hulle hul opleiding ontvang om so arrogant op te tree.

Rentia ·

JZ het die voorbeeld en president hiermee geskep. Sal nie die laaste keer wees wat dit gebeur nie. Die regstelsel is amptelik ‘n grap gemaak. Die land weet nou hulle kan maak nes hulle wil.

JohanR ·

Al wat ek kan se is dat hierdie intendens gou stop gesit moet word. Jacob Zuma het nou ‘n ding begin, en nou begin anders dink hulle kan ook net wegbly

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.