Die saak teen Richard Mdluli, voormalige hoof van misdaadintelligensie by die polisie, en sy medebeskuldigdes, Solomon Lazarus en Heine Barnard, is tot 19 Februarie uitgestel vir ʼn voorverhoor-konferensie om plaas te vind.
Lazarus, voormalige finansiële hoof by die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, en Barnard, ʼn voormalige verkrygingsbestuurder, het Maandagoggend weer in die Pretoriase hooggeregshof verskyn op aanklagte van bedrog, diefstal en korrupsie.
Barnard staan tereg op ʼn bykomende klag van regsverydeling.
Mdluli het egter wéér nie in die hof verskyn nie weens swak gesondheid.
Die drie word daarvan beskuldig dat hulle ʼn geheime misdaadintelligensiefonds van die polisie geplunder het.
Sindisiwe Twala, ʼn woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die beskuldigdes hoef nie die voorverhoor-konferensie later vandeesmaand by te woon nie.
Hulle moet wel teenwoordig wees tydens die volgende sitting wat op 4 Maart plaasvind.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Ja en so maak benoude katte nog steeds benoude spronge……
Net nóg ń Selebi, Sheik, Zuma én én én!
Vergader met Selebi, Sheik, Zuma op die golfbaan.
Ons land moet seker die grootste populasie siek kriminele ter wêreld hê!
Dis die publiek ( of van hulle) wat rêrig siek is. Van al die cANCer trawante. SIEK EN SAT