Leer ‘kom nie natuurlik’ vir Zwarrie met agt A’s  

Logan du Toit (Foto: Verskaf)

Logan du Toit werk graag hard, want hy wil net die beste wees wat hy kan. “Dit is soos ʼn vrees,” sê hy. “Sê nou ek gee nie my beste nie, maar eintlik is ek tot meer in staat.” Dié oudleerder van Hoërskool Zwartkop in Centurion het agt onderskeidings behaal.

Sy grootste uitdaging in matriek was die baie leerwerk. “Ek is verlig dat ek beloon is vir my harde werk.”

Logan sê sy matriekjaar was opwindend. “Dit het gekom met baie nuwe uitdagings, maar dit was ʼn jaar wat ek net sal beskryf as opwindend en anders as die vorige jare.”

Sy gunsteling vak was biologie “want dit is die enigste vak waar die werk vir my natuurlik kom en wat my werklik interesseer”. Dit is dié dat hy vanjaar BSc Mensfisiologie met genetika en sielkunde aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer.

“Ek is nog nie 100% seker wat daar vir my wag in die toekoms nie. Op dié stadium is die plan om te gaan studeer en te sien waarheen die lewe my vat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.