Leerder geskors ná hy onnie met vuiste takel

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Hoërskoolleerling is geskors nadat hy ʼn onderwyser met die vuiste bygedam het en die voorval op video vasgelê is.

Die KwaZulu-Natalse departement van onderwys het gesê die leerder is geskors hangende ʼn dissiplinêre verhoor wat binne die volgende vyf dae sal plaasvind.

Die voorval het by die Luthayi High School in Hammarsdale naby Pinetown plaasgevind. Die video wat op sosiale media versprei is, wys hoe ʼn leerder ʼn ouer man met die vuiste bydam.

Die onderwyser stoot die leerder weg en trek hom aan sy klere voor die leerder hom nog ʼn paar keer bydam. Die onderwyser en leerder word dan deur ʼn ander leerder van mekaar getrek.

Kwazi Mshengu, provinsiale LUR vir onderwys, het die leerder se skorsing verwelkom en benadruk daar sal streng opgetree word teen enige vorm van geweld, hetsy teen ʼn leerder of teen ʼn onderwyser. “Die skoolstelsel het dissiplinêre maatreëls in plek en hiervolgens sal op die gepaste straf besluit word.”

Die departement sal die saak monitor en die nodige bystand aan die onderwyser verleen. “Daar sal ook spesiale reëlings getref word om vir die leerder die geleentheid te gee om sy eksamens, wat reeds begin het, af te handel.”

IOL berig intussen die onderwyser het Sondag aanklagte van aanranding teen die leerder by die polisie aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Andreas ·

Leerder of Leerling? Kan iemand aub help en eens en vir altyd duidelik die verskil uitwys?

Saartjie ·

Beste Andreas

‘n Leerder = leerling = student en so ook in Engels: learner = pupil = student

Dit hang maar net af watter weergawe deur die skrywers van die kurrikulum en/of die opvoedkundige filosowe verkies word.

In Suid-Afrika word daar tans ‘leerder’ en ‘learner’ gebruik wanneer daar na die wesens op die skoolbanke verwys word.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Andreas

Die woorde “skolier”, “leerling” en “leerder” word alles in Afrikaans erken, maar die woord “leerder” is amptelik deur die departement van onderwys aanvaar toe uitkomsgebaseerde onderwys die lig gesien het. In ‘n konteks waar daar dus spesifiek na skoliere verwys word wat in die skoolsisteem is, moet “leerder” dus eintlik voorkeur geniet. Waar daar in die algemeen na skoolgaande kinders verwys word, kan “leerling” of “skolier” gebruik word, maar meeste teksversorgers kies om te volstaan met “leerder”.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Piet ·

Leer = werkwoord. Leerling = Iemand wat in ‘n hoedanigheid staan om te leer, oftewel student. Leerder = iemand wat fisies leer.
Hierdie karakter het nog niks geleer op skool nie, so hy kan nie ‘n leerder wees nie.
Net so is iemand wat droogmaak, ‘n droogmaker . Soos hierdie karakter.
En dit is die nie amptelike tong in die kies verduideliking.

Sorry om te sê ·

Bietjie stadig sien ek. Die voorval in lzn en ou lestofie lur vir onderwys gp.

Dries Moolman ·

Wel, Sorry om te se, Lesufi mag wel die LUR vir Onderwys in GP wees, maar hy hou hom alewig besig met dinge wat absoluut niks met sy werk te doen het nie, soos om Multichoice voor te se. As hy soveel energie op ‘n saak soos die by ‘n skool in KZN sou spandeer, sal dit ten minste meer in lyn met sy werk wees.

Johan ·

Die enigste gepaste straf is permanente skorsing uit alle skole.

Koos de Meyer. ·

Waar het jy ooit so iets in ons vorige bedeling gesien. Dit wys mens maar net weer hoe ons land verval het in die afgrond in. Swak opvoeding, geen wonder daar is onderwysers wat hulle self bewapen nie. Waar gaan ons heen.

Dirk ·

Hoekom moet ń volwase man dit veduur om reg te wees. Ek sou o gelukkig nie stil gestaan het nie.

Sê maar net een ·

Presies dalk hoekom die ander onderwyser nou die dag met ‘n wapen in die hand toesig gehou het?!

M ·

My Hoërskool was een van die top skole in Pretoria toe ek daar was. Nou moet leerders met sambokke teruggejaag word klas toe, want hulle wil nie luister nie. Alles word omhein, sodat leerders nie pouses naby klasse of voertuie kan kom nie, anders word alles geplunder.

A ·

Foeitog! Hy moet nog gaan eksamen skryf. Nou moet almal reëlings tref, sodat hy geakkomodeer kan word. En volgende kwartaal is hy terug in daardie onnie se klas, want hy het die reg tot onderwys. Onnie het nie n sê nie, want hy is daar om sy eie gesin te voed met sy salaris. Daarom gaan hy maar bek-hou en uithou en aanhou.

Sarel ·

Die LUR sê “Die skoolstelsel het dissiplinêre maatreëls in plek . . . .” .
Snert man. Die enigste maatreels in plek is om die onderwysers af te dank wat dit sou durf waag om ‘n skoolkind skeef aan te kyk.
Ek glo seuns verstaan ‘n goeie pak slae die beste.
Mooi woordjies het meerendeels geen impak op tiener rammetjies nie.

Christa ·

Geen opvoeding by huis? Hy Moes goeie loesing tuis gekry het. Maar nee, glo Mos nie aan Pak spa nie dis hoekom die land lyk Soos Hy lyk .

Tinkerbelle ·

Ek werk by ‘n skool met gemengde rasse en is al uiters swak behandel deur beide rasse. Ek het wel meer probleme met BLANKE kinders. As “ons” kinders se ouers gebel word is hul dadelik aan die kind se kant of niks gebeur met arme boetie nie, want hy gaan maar net deur ‘n moeilike tyd. As ek die ouers bel van die ander ras is daar dadelik reaksie en daardie kind kom sê nog voor die einde van die dag jammer. Opvoeding, respek en maniere is nie meer aan ‘n ras gekoppel nie. Dis sleg dat alles hier oor ras gemaak word en die groter prent gemis word, die algemene dissipline in skole wat verswak omdat baie kinders nie maniere by die huis geleer word nie en ‘n samelewing waar kinders regte sonder verantwoordelikheid geleer word. Dis net makliker om alles wat verkeerd gaan op ras te blameer… Sterkte aan die onderwyser wat hierdie deur hierdie trauma moes gaan.

Hennie ·

Spare the rod, spoil the child.

Kyk hoe vervalle is daardie skoolgebou, wonder wie se skuld is dit nou weer?

Gemaskerde Sopbeen ·

Sommige leerders gaan vir gratis skool…..maar dis alles verniet.

Santjie ·

Sulke leerders moet nie eers toegelaat word om eksamen te skryf nie. hulle moet leer om te dink voor hulle doen

barend ·

Andreas dit wil vir my voorkom dat jy net wil “STUR”
Gaan koop vir jou albasters dan hou jy jou self besig
groete nou en mooi speel

Foxi ·

As dit my kind was, sou ek hom n pakslae gee wat hy nooit sal vergeet nie! Dan kan hy maar polisie toe gaan en n klag gaan lê. Respek lê nou op sy rug, dit sal nooit ooit weer regkom nie. NOOIT!

Pieter ·

Leerder veronderstel tog iemand wat leer – skolier dalk ‘n beter benaming, want hy is by die skool, maar nie noodwendig om te leer nie.

Opvoedkundige ·

Hierdie gedrag begin dikwels by primere opvoeding in die ouerhuis; Onbetrokke ouers, mishandeling in die huis, gebrek aan ouer leiding en konsekwente, regverdige dissipline. Geen emosionele intelligensie word by hierdie kinders aangekweek nie. Hierdie kinders aanvaar geen gesag, want gesag word of geassosieer met geweld of die afwesigheid van ‘n ouer as ‘n gesagsfiguur. As daar geen respek vir ouers is nie, sal daar geen respek vir onderwysers en ander wees nie.
Die term “leerder” het “leerling” vervang as ‘n meer gepaste woord in die onderwys.

pinkie ·

Dit is wat gebeur as jy lyfstraf en godsdiens uit skole neem.

Julie Jansen van Rensburg ·

Sedert lyfstraf wêreldwyd ‘n “misdaad” geword het, staan dit kinders van enige ouderdom vry om te maak en breek nes hulle wil – en word hulleDALK – net DALK – met bietjie ekstra skoolwerk “gestraf”. Nee kyk, ekhet met slae grootgeword, en my driestuks het geweet waar ou “SIELKUNDE” – ‘n plak – agter die kombuisdeur gehang het. My seun het ‘n paar keer op skool die rottang of liniaal – of selfs net plathand (in sy eerste drie jaar op skool – en daardie hoof kon seer slaan met net haar hand!) Maar nou ja, deesdae is dit ‘n misdaad om aan die bloedjies te raak… o-ja- SEUN het hier in sy Std 7 jaar ook ses van die bestes gekry toe hy en ‘n paar van sy tjommas gevang is waar hulle in die toilette rook – nie dagga of enigiets ander nie – sommer net gewone tabak, en Ma het absoluut GEEN simpatie met hom gehad nie hy moes maar met die “sebra-strepe” op sy bas loop totdat hulle self begin verdwyn het… maar hoe sê die GOEIE-BOEK… “SPREUKE 13: 24 – Wie die roede terughou haat sy seun, maar hy wat hom liefhet besoek hom met tugtiging EN SPREUKE 22:15 – As die sotheid vassit in die hart van die seun sal die tugroede dit daaruit verwyder.” Maar nou ja, hoeveel mense LEES nog die Bybel/’Goeie Boek’ en leef daarvolgens??? SELA…

toy ·

Koos de Meyer ek stem saam. Opvoeding begin by die huis. Pinkie jy slaan die spyker op die kop. Die kinders wat so klappe uitdeel hulle gaan verseker ook hulle ouers aanrand. Hulle het geen respek vir niemand.

alwyn burger ·

Leerder is ñ woord met ñ politieke geurtjie wat redelik onlangs in ons leksikon in forseer is. Noem dit maar alternatiewe Afrikaans.

ne ·

My hande jeuk sommer namens die onderwyser!
Geen respek vir ouer mense nie! Begin oorsaak by sy huis soek.

Nita ·

Kyk as die mensdom die lyfstraf-lose era wil betree, moet baie dinge verander. Staak die storie van almal moet matriek met Wiskunde en Wetenskap slaag. Dit kan nie! Almal het nie die vemoeë nie. Na graad 10 moet leerders geskuif word na n beroepsgerigte skool. Seuns na skole waar hulle nuttige handewerk kan aanleer. Houtwerk, sweiswerk, metaalwerk bouwerk, pleisterwerk en n horde ander nuttige dinge. Meisies gaan na skole waar hulle talle nuttige handewerk kan aanleer. Huishou, naaldwerk, kinderversorging. Te veel om op te noem. Daar was hierdie tipe skole en die stelsel het gewerk. Op die manier het jy nie ń kind die wêreld ingestuur met n nuttelose stuk papier in sy of haar hande nie. Hulle kan hulle hande gebruik om vir hulle n goeie verdienste te maak. As hy n diploma van sy skool het wat sê hy is n pleisteraar dan weet jy die man weet wat hy doen.. of as jy n kok soek en die persoon het haar diploma in die hand dan weet jy wat jy kry. Asseblief hou op met die chaos in die skole! Jy kan nie klasse hê van 50 kinders of meer met IK 60 tot IK van 120 en meer. Hou op om te maak of alle kinders dieselfde vermoeëns het. Dis n absolute onreg teen altwee groepe. Eintlik die grootste onreg teenoor die een wat wat met sy vrot matriek en absoluut nuttelose hande, totaal ongeredderd die wêreld ingestuur word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.