Leeudoringstad-plaasmoord: Hof besluit oor boere wat rowers skiet se lot

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om te bepaal of die twee boere wat twee vermeende plaasaanvallers Saterdag naby Leeudoringstad in Noordwes doodgeskiet het, vervolg gaan word.

Kol. Sabata Mokgwabone, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê dit is standaardprosedure dat moorddossiere oopgemaak word. “Sodra die ondersoek afgehandel is, sal die hof besluit of die boere, die slagoffer se bure, van enigiets aangekla gaan word,” het Mokgwabone gesê.

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het intussen gesê dit onaanvaarbaar dat mense wat duidelik uit selfverdediging opgetree het, met ʼn swaard van ʼn moordklag oor hul koppe moet leef tot die vervolgingsgesag of howe besluit dat dit geregverdig was. “Ons weet dit is bloot ʼn prosedure om moorddossiere te open, maar daar was reeds voorvalle waar wetsgehoorsame burgers, of selfs die slagoffers, in hegtenis geneem is,” het Theunis Botha, leier van die CDP, Maandag in ʼn verklaring gesê.

“Ons doen weereens ʼn beroep op die owerhede om die dossiere iets anders te noem om die trauma van diegene wat geïmpliseer word, effens te verlig,” het hy bygevoeg. “Trouens, ons beskou die praktyk om sulke dossiere ‘moorddossiere’ te noem ʼn skending van die geïmpliseerdes se menseregte, wanneer hulle eintlik as helde beskou moet word.”

Die CDP het die bure “wat vinnig gereageer en só gekeer het dat die vermeende plaasmoordenaars nie weggekom het nie”, gelukgewens.

Maroela Media het vroeër berig Johan Janse van Rensburg, ʼn beesboer van die plaas Droëkraal, en twee vermeende aanvallers, is tydens Saterdag se voorval dood.

Drie mans het die middag omstreeks 14:00 twee werknemers, ʼn man en ʼn vrou, op Janse van Rensburg se plaas oorval en vasgebind. Hy het later by die werkers se huis opgedaag, waarna hy noodlottig gewond is. Die aanvallers het Janse van Rensburg se liggaam in sy bakkie gelaai en daarmee gevlug. Die werkers kon hulself loswikkel en het hulp ontbied. Boere van die plaaswagstelsel het die verdagtes agternagesit en voorgekeer, waarna ʼn oor-en-weer-skietery plaasgevind het. Twee van die rowers is op die toneel dood en ʼn derde persoon (24) is in hegtenis geneem.

Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die rondgaande hof in Leeudoringstad verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
SNEL

Hierdie boere moet geëer word, hulle moet op die hande gedra word. Hulle verdien n toekenning van dapperheid en vinnige optrede. Danksy hulle kan twee misdadigers nooit weer moor en roof nie. Ek hoop van harte as daar enige optrede teen die dapper boere gaan wees, sal die hele blanke bevolking soos een man agter hulle staan en ook toi-toi of paaie versper of wat ook al nodig is om te sê ons sluk dit nie, al moet ons nou die taal van ons mede landsburgers praat (toi-toi ens), maar enige iets om te sê ; ons wil en sal… Lees meer »

Valkyrie Meisiekind

Natuurlik gaan die staat hulle aankla ! Hulle velle is mos wit

Anoniem

Snel so ‘n bek moet jam kry. Dit is nou die tyd om op te staan en hande te vat. Inplaas van moord dossier te open moet medaljes uitgedeel word. Dis tyd dat die SAP besef hulle is te lig in die broek om plaasinvallers en moordenaars te stop.

jakoos

Dis nie mooi duidelik wat bedoel word met die opmerking dat “die hof moet besluit” nie. Presies hoe gaan ‘n hof besluit as daar nie iets voor die hof is nie. Nee, die gebruik is mos dat die polisie ‘n dossier oopmaak, verklarings afneem en dan die dossier aan die vervolgingsgesag (NVG) oorhandig wat besluit of hulle die mense wil aankla en op presies watter klagtes. Nes hulle met Oscar P gemaak het. Indien die NVG besluit om wel aanklagte teen die boere in te bring, moet hulle formeel in ‘n hof aangekla word – en eers dan kan ‘n… Lees meer »

Drieks

Dankie Snel. Ek wens net as ons stap vir plaasmoorde dat almal opdaag. Dit so hartseer om die koue skouer van ons publiek te sien. Ons moet toi toi oor misdaad in die land. Ons kort regtig net grooter getalle. Ek het niemand op plaas al verloor nie, maar ek doen dit vir my mense, wat ek nie eens ken. Asseblief ons moet saam staan.