Twee van drie mans wat glo ʼn supermark in Primrose aan die Oos-Rand wou beroof, is Dinsdag beseer toe hulle wou vlug.
Lees meerAlles vir Dinsdag 28 Oktober 2014
Underberg-plaasmoord: Beskuldigde vrygespreek
ʼn Man wat tereg gestaan het op aanklag van moord en roof met verswarende omstandighede van Daniel (Dan) Knight en die aanranding van sy lewensmaat, is Dinsdag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof vrygespreek op alle aanklagte.
Man vas oor Kaapstad-rooftog
ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by Canal Walk in Kaapstad.
104 jaar tronkstraf vir plaasaanvaller
ʼn Plaasaanvaller van Mosambiek wat skuldig bevind is op 23 aanklagte van gewapende roof, is Dinsdag in die Nelspruit-streekshof tot 104 jaar tronkstraf gevonnis.
Kinders wil eerder Spider-Man as president hê
Suid-Afrikaanse kinders sou verkies om ʼn fiktiewe karakter soos Spider-Man te hê as president, eerder as president Jacob Zuma, volgens ʼn opname wat Dinsdag vrygestel is.
Cradock-ontvoering: Man in Bloem vasgetrek
Die polisie het bevestig dat die 52-jarige man van Cradock wat gesoek was in verbinding met die vermeende ontvoering en verkragting van ʼn 13-jarige meisie, Dinsdagmiddag in hegtenis geneem is.
Patrice Motsepe gee miljoene vir ebola
Die sakeman Patrice Motsepe het meer as R10 miljoen geskenk vir ʼn ebola-fonds in Guinee om die virus te help beveg in Wes-Afrika.
Leeudoringstad-plaasmoord: Verdagte in hof
Joseph Hala (24), die enigste oorlewende verdagte van drie aanvallers wat Saterdag glo Johan Janse van Rensburg op sy plaas naby Leeudoringstad vermoor het, het Dinsdag vir die eerste keer in die dorp se rondgaande hof verskyn.
Man gesoek oor tiener se ontvoering, verkragting
Die Cradock-polisie in die Oos-Kaap het Dinsdag die publiek versoek om op die uitkyk te wees vir ʼn 52-jarige verdagte wat moontlik verbind kan word met die vermeende ontvoering en verkragting van ʼn 13-jarige meisie.
Senzo Meyiwa-moord: Só lyk verdagtes
Die polisie in Gauteng het identikits vrygestel van twee verdagtes in die moordsaak van Senzo Meyiwa.
Gaan Blendle koerante red?
Die nuus dat die New York Times en die Duitse uitgewer, Axel-Springer saamgespan het om €3 miljoen in Blendle te belê, kan ingrypende gevolge vir koerante wêreldwyd inhou.
Diepsloot-kindermoordenaar skuldig bevind
Ntokozo Hadebe is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind aan die moord en verkragting op drie kleuters van Diepsloot, berig EWN.
Video: Solidariteit lê klag by VN teen SA-regering oor rassediskriminasie
Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn klagte teen die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) gelê.
Steve Hofmeyr se apartheid-twiet veroorsaak opskudding
ʼn Twiet deur die sanger Steve Hofmeyr dat swart mense die argitekte van apartheid was, het ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak.
Video: Tshwane-metropolisie raak handgemeen met ouers voor kinders
ʼn Rustige uitstappie na Zitapark in Garsfontein het vir twee inwoners van Pretoria in ʼn nagmerrie ontaard toe metropolisiebeamptes hulle glo hardhandig hanteer het ná ʼn woordewisseling oor ʼn Chihuahua. WAARSKUWING: Die video bevat kru taal wat sensitiewe kykers kan ontstel. Dit is nie geskik vir kinders nie.
Oscar Pistorius-familie: ‘Reg moet sy gang gaan’
Die reg moet sy gang gaan rakende die staat se voorneme om teen Oscar Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag en gevolglike vonnis te appelleer, het sy familie Dinsdag gesê.
Tiener vas na hy glo 2-jarige verkrag, vermoor
ʼn 16-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn tweejarige seuntjie verkrag en vermoor het, het die polisie in die Oos-Kaap Dinsdag gesê.
Nuuskommentaar: Rome brand en ons deel Coke-doppie-medaljes uit
Min dinge roep so hard “Piesangrepubliek” uit as wanneer ’n land begin Coke-doppie-medaljes uitdeel. Die medaljes wat die polisiekommissaris, Riah Phiyega, by die vorige minister van polisie, Nathi Mthethwa, gekry het, is ’n sprekende voorbeeld, skryf Herman Toerien.
Matriekeindeksamen begin met min onreëlmatighede
Die 2014 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen vir altesaam 688 660 matrikulante het Maandag met min voorvalle landswyd afgeskop.
Leeudoringstad-plaasmoord: Hof besluit oor boere wat rowers skiet se lot
ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om te bepaal of die twee boere wat twee vermeende plaasaanvallers Saterdag naby Leeudoringstad in Noordwes doodgeskiet het, vervolg gaan word.