Lennit Max bedank uit VF Plus

Lennit Max (Foto: Facebook)

Adv. Lennit Max het as Wes-Kaapse adjunkvoorsitter van die Vryheidsfront Plus (VF Plus) bedank. Hy sê hy stem nie saam met die party se grondwet nie.

Volgens Max fokus die VF Plus se grondwet uitsluitlik op die bevordering van Afrikanerbelange en word daar geen voorsiening gemaak vir die beskerming en bevordering van die regte van enige ander gemeenskap nie.

Hy sê hy kan hom dus nie met die party se grondwet vereenselwig óf met ʼn skoon gewete bruin en swart mense versoek om die VF Plus te ondersteun nie.

“Dit is doodgewoon onwaar en hy weet dit,” sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, in reaksie op Max se bewering dat die VF Plus se grondwet slegs op Afrikanerbelange fokus.

Max, eens ʼn spesiale raadgewer van die minister van polisie, verwys egter spesifiek na die party se doelstelling wat onder meer lui dat die VF Plus onherroeplik verbind is tot die verwesenliking van veral die Afrikaners se reg op selfbeskikking, asook die handhawing, beskerming en bevordering van hul regte en belange.

Hy sê dit blyk uit artikel 3 van die party se grondwet dat die Afrikaners se reg op selfbeskikking voorkeur kry bo dié van enige ander gemeenskap.

Mulder sê artikel 3 gee erkenning aan waar die VF Plus vandaan kom. “Artikel 3 sê egter ook ons is net so verbind tot die regte van ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika. Dit staan daar,” sê Mulder met verwysing na die doelstelling wat dit verder stel dat die VP Plus verbind is tot “die bevordering van die reg op selfbeskikking van enige ander gemeenskap, gebonde aan ʼn gemeenskaplike taal en kulturele erfenis in Suid-Afrika”.

Max is ook ongemaklik met sommige klousules in die VF Plus se stigtingsgrondslag (artikel 18) wat lui dat Afrikanervolkseenheid bevorder moet word en dat die Afrikanervolk se reg op selfbeskikking as ʼn ononderhandelbare reg nagestreef sal word.

Dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus (Foto: Janice du Plessis/Maroela Media)

Die klousule lui verder “dat ʼn eenheidstaat asook enige ander staatsvorm waar ander die Afrikanervolk polities kan regeer en waar dit moontlik deur ander geassimileer kan word, vir die Vryheidsfront Plus onaanvaarbaar is”.

Daar word ook melding gemaak van onder meer kommunisme.

“Dit is die grondslag waarop die party 30 jaar gelede gestig is binne die konteks van die politiek van daardie tyd,” verduidelik Mulder.

Max, vroeër ʼn lid van die DA, sê hy het in 2021 by die VF Plus aangesluit ondanks vertrouelinge se waarskuwing dat die VF Plus “ʼn Boereparty” is en dat die party hom sou behandel “soos tydens apartheid”.

Hy sê hy het dus destyds gevra om die VF Plus se grondwet te sien voordat hy by die party aangesluit het en Mulder het in daardie stadium aangedui dat hy moontlik ongemaklik met die grondwet sou wees en dat dit gewysig gaan word.

Mulder sê egter nou die VF Plus het reeds sowat agt jaar gelede sy doelstelling gewysig juis om meer inklusief te wees.

Mulder sê dit is egter nie moontlik om ʼn party se stigtingsgrondslag terugwerkend te verander nie. “Dit is so goed soos om van die ANC te verwag dat hy sy Vryheidshandves van 1955 moet verander.”

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het in Maart vanjaar tydens ʼn onderhoud aan Maroela Media gesê die party is nie skaam om te sê dat hy na die Afrikaner se belange omsien nie. Hy het egter ook gesê die opposisieparty baklei vir álle minderheidsgroepe in Suid-Afrika.

Kyk hier na die onderhoud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Prikkie ·

Die man het darem al vele baadjies aangehad.

Wonder net wie se baadjie hy volgende gaan aantrek.

Enige raaiskote?

Staal ·

Ja nee, so gaan dit nè. Waarom het jy in elk geval die DA verlaat? Ongelukkig steek daar waarheid in wat hy sê. Waarom het julle in elk geval julle stigtingsgrondwet van hom af weggehou. Moenie dink alnal is dom nie. Destyds is Peter Marais, ‘n persoon wat al voorheen aan elf partye behoort het , gewerf. Dieselfde persoon wat onder die VF vaandel gesê het dat boere hulle plase teen 50% van die waarde aan ander bevolkingsgroepe moet verkoop. Gaan lees maar.

Martie ·

Jy behoort aan ‘n politieke party uit vrye wil, nie soos die ANC ondersteuners wat gekoop word met themde en Kentucky nie. Max het goe geweet waarvoor hy hom inlaat maar geld praat en Afrikaners( alhoewel ek glo ons is Afrikaners) kan enige kleur wees, dis die taal wat jy praat. Alle bruin mense is Afrikaans, hulle praat geradbraakte Engels.

Papsak ·

BRAVO VIR VF PLUS dankie Mnr Groenewald jy doodreg n yster dankie !!!!!!

Marina ·

Tipies weer Kleurling! Hul verander baie maklik van party kyk maar na hul leiers! Patricia het 1ste begin! Hul is onbetroubare kiesers kan nie op hul staat maak! Wel gaan voort met DA vind hul ook fout! Van hul wat in ANC us Doen vir hul eie sak hul gaan waar meeste vergoeding aangebied word!!

Shanay ·

Marina, ek glo darem nie u kan al die kleurlinge oor een kam skeer nie, deur te uiter Tipies weer Kleurling.

Republikein in die Wes Kaap ·

Marina, sodra Kolbe ‘n drie druk jil jy seker lekker saam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.