Lesufi ANC se nuwe voorsitter in Gauteng

Die ANC in Gauteng se nuwe leierskap wat Maandag aangekondig is, met Panyaza Lesufi aan die stuur as provinsiale voorsitter (Foto: ANC, Facebook)

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, is tot die ANC se nuwe provinsiale voorsitter in Gauteng verkies.

Volgens die uitslae wat tydens die party se 14de provinsiale konferensie in Benoni bekendgemaak is, het Lesufi met 575 stemme gewen. Hy het vir Lebogang Maile, Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, met 32 stemme geklop, wat in die tweede plek met 543 stemme staan.

Nomantu Nkomo-Ralehoko wat vroeër adjunksekretaris van die provinsiale regering was, is met 592 stemme tot ondervoorsitter verkies, terwyl TK Nciza as die nuwe provinsiale sekretaris met 536 stemme weggestap het.

Daar was twee nominasies vir die adjunksekretaris, waar Tasneem Motara met 557 stemme met die pos wegstap. Morakane Mosupye is tot die nuwe provinsiale tesourier verkies, met 556 stemme.

Maile het op Twitter vir Lesufi gelukgewens met sy verkiesing. “Jy het ʼn skoon veldtog gevoer wat pas by ʼn leier van ons beweging. Ons staan almal saam agter die verkose leier,” sê Maile.

Die ANC sê hy sal deur die verloop van die dag bykomende lede aankondig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek kry die afrikaans sprekende minderhede in Gauteng jammer.

Henning ·

Hy is ANC voorsitter, nie premier nie. Hy het geen se in die GP wetgewer met daardie titel nie. Maar hy bly nogteeds in beheer van onderwys

Anel ·

Hier begin ons Afrikaanssprekendes se moeilikheid nou! Baie werk vir Solidariteit!!!!

Pieter ·

Niksseggend. ANC = kriminele organisasie. Beter dat hulle van die toneel finaal verdwyn. Almal is skurke.

Hector ·

Die mense wat stem vir die leierskap van die ANC is duidelik nie bevoeg om te kan stem in belang van Suid-Afrika en sy toekoms nie. My vraag is nou: Waar laat ‘n onbevoegde kieserskorps ‘n land soos Suid-Afrika? Het ons in Suid-Afrika werklik ‘n demokrasie of het ons wat in sommige kringe bekend is as ‘n moroonkrasie? En watter hoop is daar vir Suid-Afrika in die toekoms met ‘n moroonkrasie as bepalende faktor?

Marius ·

Baie sterkte aan die mense in GP want nou is daar moeilikheid.

Geert ·

Daar is waarskynlik n ligpunt hier, die ANC se keuse vir leiers behoort ons relatief vinnig van die ANC te verlos.

Frank ·

Nee, DIS hoe die ANC brouwerk beloon. Bevordering.
Ons het ‘n geval van ‘n vrou wat weens diefstal by haar werksplek “gefire” is, en drie maande later was sy ons dorp se burgemeester.

Jannie van Niekerk ·

Weereens ‘n bewys dat daar absoluut geen integriteit in die ANC betsaan nie.

Elize ·

Nou gaan die poppe begin dans met hierdie verskoning van ‘n wese

Perdeby ·

En as die ander een gewen het, was die kanse skraal dat CR ‘n volgende termyn sou kry, en ek wonder wie beveel jy aan as ons nuwe President dan?? Enige voorstelle in die ANC kader kamp?

Swerwer ·

Sterkte aan al die mede Afrikaanse inwoners van Gauteng. My hart bloei

Jannie van Niekerk ·

…daar gaan GLAD nie hulp kom nie. Nie solank as wat daar ANC, EFF, SAKP, COSATU. BLM, BLF en GOOD lede, ondersteuners en simpatiseerders in SA is nie. En let wel, ek noem die BLM in dieselfde asem want hulle is misdaad uitermate goedgesind.

Nie Verbaas ·

Hulle het definitief nie vir intelligensie gegaan toe Lesufi verkies is nie.

My siening ·

Rassis voorsitter met geen aanspreeklikheid behalwe om die afrikaners te na te kom ANC beleid van wat hulle DOMmakrasie noem met Russiese ideologie om arm mense dom te hou sodat hulle weer vir hul sal stem vir ‘n toebroodjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.