Lesufi stel forensiese verslag oor Enock later vry

Enock Mpianzi (13).

Die Gautengse departement van onderwys het Donderdagmiddag die vrystelling van die verslag uitgestel.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, sê in ‘n verklaring daar is intussen besluit dit is onsensitief om die verslag in dié stadium sonder die familie se goedkeuring vry te stel. Die verslag se bevindinge sal na verwagting nou op 27 Februarie bekendgemaak word. 

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, sal na verwagting vroeg Donderdagaand die forensiese verslag rakende die dood van Enock Mpianzi (13) vrystel.

Die LUR het vroeër vandeesweek die verslag ontvang nadat Enock, ʼn graad 8-leerder aan die Parktown Boys’ High School in Johannesburg, in Januarie tydens ʼn skoolkamp in Noordwes verdrink het. ʼn Onafhanklike regsfirma is ná sy dood aangestel om die ondersoek te doen.

Maroela Media het vroeër berig Enock se liggaam is op 17 Januarie in die Krokodilrivier gevind nadat hy twee dae vantevore tydens ʼn aktiwiteit by die rivier vermis geraak het. Die leerders moes gedurende die aktiwiteite skuite bou en daarmee oor die rivier vaar. Onderwysers het egter eers die volgende dag besef Enock word vermis. Sy liggaam is sowat 3 km stroomaf gevind van waar die vlotbou-aktiwiteit plaasgevind het en Enock die laaste keer lewend gesien is.

Vriende van Enock wat saam met hom op die kamp was, het ná sy dood vertel dat hulle herhaaldelik aan kamppersoneel gesê het dat hy vermis word. Hulle is egter telkemale weggewys sonder verdere ondersoek na waar Enock hom bevind.

Die skool is ná die voorval wyd gekritiseer waarna Lesufi vir Malcolm Williams, die skoolhoof, geskors het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

NetMyOpinie! ·

Hoekom die hoof skors, wat van die personeel wat direk betrokke was. Dit glo ek is die persone wat vir Enock se dood verantwoordelik gehou moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.