Ligte vliegtuig stort neer naby Nelspruit

Skermgreep uit die video (Video: Emer-G-Med)

Een persoon is oorlede ná ʼn ligte vliegtuig Maandag naby die ou Nelspruit-lughawe neergestort het.

Paramedici van Emer-G-Med is net voor 16:00 saam met verskeie ander nooddienste na die toneel ontbied.

“Die vliegtuig was in stukke. Die vlieënier, die enigste persoon aan boord, is op die toneel dood verklaar,” het Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, in ʼn verklaring gesê.

Die Burgerlike Lugvaartowerheid en die Suid-Afrikaanse Polisiediens sal die oorsaak van die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anko ·

Sjoe wat gaan aan. Daar val gereeld kleiner vliegtuie. Jammer vir die families

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.