Limpopo-man ook in hospitaal weens cholera

(Foto: Unsplash)

Nog ʼn cholera-geval is bevestig, dié keer ʼn man van Limpopo wat in Gauteng siek geword het.

Thilivhali Muavha, woordvoerder vir die LUR van gesondheid in die provinsie, sê ʼn staatsamptenaar van Limpopo wat na Hammanskraal vir ʼn kursus gereis het, het ook cholera opgedoen.

“Die jongste bevestigde geval is dié van ʼn 52-jarige man van Giyani wat in die Musina-omgewing werk. Hy het glo die afgelope paar dae vir werk na Hammanskraal gereis. Hy is in Gauteng in die hospitaal opgeneem nadat hy simptome van cholera begin toon het.”

Maroela Media het vroeër berig die departement van gesondheid het ʼn uitbreking van cholera in Hammanskraal bevestig. Altesame 12 mense, onder wie ʼn driejarige kind, het reeds weens die siekte gesterf.

Volgens Muavha is reaksiespanne van Vhembe, Mopani en Waterberg reeds geaktiveer.

Cholera is ʼn infeksie van die dunderm wat deur die bakterie Vibrio cholerae veroorsaak word. Daar is verskillende vibrio-bakterieë, waarvan die meeste die ingewande aantas.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR van gesondheid in Limpopo, het mense versoek om ekstra waaksaam te wees en mense is gevra om om algemene higiëne sowel as water- en voedselhigiëne op te skerp.

  • Was jou hande gereeld veral wanneer jy die badkamer gebruik het of voordat jy kos voorberei.
  • Gebruik ʼn ontsmettingsmiddel wanneer daar nie water is nie.
  • Kook water voordat jy dit gebruik.

Cholera veroorsaak dikwels baie ligte simptome of hoegenaamd geen simptome nie, maar ongeveer een uit elke 20 pasiënte ontwikkel ʼn ernstige infeksie wat gekenmerk word deur aanhoudende waterige diarree, braking, dors en spierkrampe.

By hierdie pasiënte gee die verlies aan liggaamsvog aanleiding tot ontwatering en skok. Sonder behandeling kan die persoon binne ure sterf.

“Lede van die publiek word aangeraai om hul naaste gesondheidsfasiliteit te besoek vir toetse en behandeling indien hulle hierdie simptome ondervind,” sê Muavha.

  • Laai ʼn nuttige gids oor cholera hier

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Raak maar gewoond aan die siektes en peste. Wat anders is te wagte as ‘n gevolg van totale verval van onderhoud van dienste. Vuil en vrot water, onbeheersde riool stortings, onvoldoende mediese fasaloteite…ANC LEGACY!

marius ·

Lankal gewaarsku . Die waterbronne is verrot en die spul in beheer doen niks.

domheks ·

Kry eers die infrastruktuur reg voordat daar begin word om huise/skacks op te rig. Bestaande infrastruktuur kan nie 500+ huishoudings meer hanteer nie! Dan moet water suiwerings aanlegte REG bestuur word. Moenie probeer om daar geld te bespaar nie!

Papsak ·

Wat kan daar beter verwag word as jy onder so regering moet gebuk gaan sonder krag vrot water korrupt is nie eindlik die woord nie maar almal bly maar weer stem vir die wonderlike anc hulle net so vrot

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.