Limpopo-sakeman spoorloos ná ‘ontvoering’

Die sakeman se voertuig is verlate aangetref. (Foto: SA Polisie)

Die polisie in Limpopo het ʼn beroep op mense gedoen om met inligting na vore te kom nadat ʼn bekende sakeman van Louis Trichardt Vrydagoggend oënskynlik ontvoer is.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die 36-jarige sakeman is vanoggend omstreeks 07:50 glo deur ʼn onbetekende aantal verdagtes ontvoer.

“Die slagoffer het pas die huis verlaat en was in ʼn Mercedes-Benz GLC 250 toe twee voertuie glo die pad by ʼn stopstraat versper het. Een van die voertuie het hom glo van voor gestuit en die ander van agter,” sê Mojapelo.

Volgens hom is skote hoor klap in die omgewing van die voorval.

Die man se voertuig is later verlate langs die pad op die hoek van Forestryweg en Berghstraat in die dorp gekry.

“Die verdagtes het glo ʼn grys Hyundai Accent en nog ʼn silwerkleurige sedan gebruik en het volgens inligting in ʼn noordelike rigting, op die N1 na die Nzhelele-pad, gery.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om kol. Nyelisani Mabatha so gou moontlik by 082 565 8171 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JM ·

Rampokkerland! ‘n Mens is nie meer jou lewe seker nie en dit word erger by die dag. Gaan dit ooit eindig?

Pieter ·

Was vanoggend in Louis Trichardt. My opgeval dat ‘n polisievangwa sonder sirenes met ‘n hoë snelheid oor ‘n stopstraat in die dorp ry (sonder om snelheid te verminder). Dit kon ‘n lelike ongeluk afgegee het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.