Listeriose: EFF beplan klasaksie

‘n Mikroskopiese blik op listeriose.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters beplan ʼn klasaksie teen maatskappye wat betrokke was by die verspreiding van die dodelike bakterie, listeriose.

Julius Malema, leier van die EFF, het Donderdag die regering en die Nasionale Verbruikerskommissie blameer vir die “stadige tempo” waarteen die verspreiding van listeriose bekamp word.

“Die eerste stap sou wees om ʼn krisis te verklaar sodra die oorsprong geïdentifiseer is, as mens in ag neem dat die grootste uitbreking in ons land plaasgevind het,” het Malema bygevoeg. “Talle winkels op die platteland het nog steeds produkte wat met listeriose verbind word, en daar is boonop geen plan om daarmee weg te doen nie. Dié produkte kan moontlik weer in sirkulasie beland. Enterprise moet volle verantwoordelikheid neem vir die uitbreking en diegene wat hierdeur geraak is en die families van die persone wat gesterf het, vergoed.”

Malema het gesê die EFF se regspan sal volgende week dokumente by die hof indien teen die betrokke maatskappye.

Die Enterprise-aanleg in Polokwane, Limpopo, is deur die departement van gesondheid geïdentifiseer as die oorsprong van die listeriose-uitbreking in Suid-Afrika. Die Enterprise-handelsmerk is ʼn filiaal van Tiger Brands. Tiger Brands het egter vandeesweek geweier om aanspreeklikheid te aanvaar vir die uitbreking en ontken enige direkte verbintenis tussen sy produkte en die afsterwe van 180 persone.

Laurence MacDoughall, Tiger Brands se uitvoerende hoof, het erken dat hulle lae vlakke van listeriose in Februarie ontdek het, maar het gesê aangetaste produkte is onder kwarantyn geplaas en die produksie daarvan is gestaak.

Die bakterie word wyd versprei in die natuur en kan in grond, water en plante voorkom. Diereprodukte en vars produkte soos vrugte en groente kan deur dié bronne besoedel word.

Lees alle vorige berigte oor listeriose op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Irene

Het hy nou die groot se oor alles in ons land waar is die regering nou

Marius

Doen dit! Wys ons!

Justice

Daar is huidiglik seker nie `n erger en meer dodelike bakterie wat boere teiken as Malema self nie.

Alida

Die kind weet nie waarvan hy praat nie.

Lollie

Ou JM wil almal net altyd aan die pen laat ry! Hoekom laat almal hom maar net begaan?! Daar word duidelik gesê jy kry dit in water ook. Kyk na ons land se water, hoe is dit besoedel! Wie moet daar aan die pen ry? Mense soos JM! Hy wys na almal vinger en wil altyd vra vir vergoeding! Watse vergoeding kry enige witmens as iets hom tref?! Hy sit alewig bakhand en wil net hê!!!!!! Magtig, hy is erger as ń parasiet! Hy kry baie te veel publisiteit en floreer daarop! Hy sê spring en almal kyk hoe vinnig… Lees meer »