Llandudno-strand weer oop; Houtbaai tydelik gesluit

Houtbaai. (Foto: Elaine Krige)

Die Llandudno-strand wat tydelik gesluit was, is weer heropen terwyl die strand by Houtbaai intussen tot verdere kennisgewing gesluit is.

Volgens die Stad Kaapstad is dit onduidelik wat die oorsaak van die waterbesoedeling by Houtbaai is en die strand is Dinsdag as voorsorgmaatreël gesluit totdat die watergehalte verbeter.

By die Llandudno-strand is watermonsters geneem om die watergehalte te toets en dié het aangedui die vlakke is binne die minimumvereiste vir ontspanningsaktiwiteite soos bepaal deur die nasionale riglyne vir watergehalte.

Waarskuwingstekens wat aangebring is om strandgangers te waarsku om nie in die see te gaan nie, is intussen verwyder.

By Houtbaai ondersoek die stad ʼn moontlike besoedelingsbron(ne) wat moontlik tot die tydelike sluiting van die strand kon lei. Dit word as ʼn voorsorgmaatreël gedoen.

“Verskeie stadsdepartemente is geaktiveer om op hierdie voorval te reageer,” sê die stad in ʼn verklaring.

“Die stad sal daagliks watermonsters neem om die water se gehalte te toets totdat die vlakke binne die minimumvereiste vir ontspanningsaktiwiteite is soos bepaal deur die nasionale riglyne vir watergehalte.

“Gesondheidswaarskuwingsborde is aangebring wat die publiek dienooreenkomstig adviseer om nie in die water te gaan nie.”

Die Dalebrook-getypoel is intussen ook weer tydelik gesluit. Die strandgedeelte tussen die getypoele, van Dalebrook tot Kalkbaai, bly gesluit tot verdere kennisgewing.

Die tydelike sluiting is weens ʼn riooloorloop, en die oorsaak word nog ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Harley Davidson ·

Sabotasie is wat by my opkom,Natal se strande was besoedel dit lyk sleg vir die ANC en hulle moet volgende jaar weer verkiesing hou.
Daar moet hierdie jaar hard gewerk word om ‘n referendum af te dwing om die weskaap onafhanklik te kry van Suid-Afrika.

Delia ·

Harley, jy moet maar bietjie rondry in die Kaap..Delft, N2. MITCHELLS plain ens

marius ·

Die hele hool is verrot . Hierdie is maar net die begin . Glo dit maar .

Jaco ·

Selfs sonder besoedeling is Llandudno en Houtbaai se water net te koud vir swem.

Delia ·

Daai strand areas is oorbewoon, see word teruggestoot met mure, groot sandsakke om nog geboue te bou en die beplanning word nie gedoen ten opsigte van riolering. Wonder wie koop vir wie om om tot binne in die see te bou. Gaan kyk maar…

.

Francois ·

Watse oorsask word ondersoek. Kyk net na swak instansie werke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.