Lodge-eienaar deur leeus verskeur

West Mathewson (Foto: Lion Treetop Lodge Facebook)

Die eienaar van ʼn bekende private wildplaas buite Hoedspruit in Limpopo is Woensdagoggend deur twee van sy leeus verskeur.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het bevestig die eienaar van die wildplaas Lion Treetop Lodge, West Mathewson (68), is verskeur.

Mathewson het klaarblyklik die leeus as welpies gered en grootgemaak.

Mojapelo sê dit is nog nie duidelik wat presies gebeur het nie en hulle sal later ʼn mediaverklaring met meer inligting oor die voorval uitreik.

Volgens ʼn inskrywing wat Desember verlede jaar op die Lion Treetop Lodge se Facebookblad geplaas is, het Mathewson sy lewe gewy daaraan om bedreigde spesies, onder meer die Afrika-witleeu, te red en groot te maak.

Lion Treetop Lodge het onder leiding van Mathewson opvoedkundige programme aangebied waartydens besoekers in noue aanraking met die leeus kan kom. Besoekers kan byvoorbeeld saam met die leeus op die plaas rondstap.

Volgens die Lion Treetop Lodge se webwerf is Mathewson al sedert 1995 in die gasvryheidsbedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Moedeloos ·

Leeus is niemand se speelmaat nie. Al ken jy hom hoelank.

Skyspy007 ·

RIV mede oud valskerm soldaat, dapperder en meer vriendelik sou jy vêr voor soek. Jy het gedoen wat jy voor gelewe het. SALUUT namens ons almal.

Kattebol ·

Ek is ‘n diereliefhebber, maar wilde diere soorte is soos die huidige regering….. Jy’ s stupid verby as jy hom vertrou.

Kirst ·

Dis hartseer dat die man sy lewe verloor het. Wilde diere is egter presies dit; wild.
Ek het met opgeleide olifante gewerk in Botswana, en ons het almal altyd herinner dat die olifante “trained, but not tame” is. My voorganger daar is deur een van die olifante gedood, en dit was maar heeltyd in my agterkop. Ek het in elk geval nie met die beginsel saamgestem om die olifante aan te hou vir menslike gewin nie, want ons het die diere geen guns gedoen nie. Ek het dus na 5 maande bedank.
Sterkte vir Mnr Mathewson se geliefdes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.