Loonooreenkoms by Eskom bereik

Vakbondverteenwoordigers het die ooreenkoms Dinsdagmiddag onderteken. (Foto: Eskom/Twitter)

Weke lange loononderhandelings tussen Eskom en vakbonde by die Sentrale Bedingingsforum – wat die land die afgelope ruk boonop in fase 6-beurtkrag gedompel het – is op ʼn einde.

Die metaalwerkersvakbond Numsa, die mynwerkersvakbond NUM en Solidariteit het Dinsdag Eskom se aanbod van ʼn 7%-loonverhoging aanvaar. Numsa en NUM het aanvanklik ʼn verhoging van 12% geëis, ver bo inflasie, terwyl Solidariteit 5,9% namens sy lede geëis het.

Vakbondverteenwoordigers het die ooreenkoms kort gelede onderteken.

Eskom het kort ná die ondertekening gesê benewens die 7%-verhoging sluit die ooreenkoms ook ʼn verhoging van R400 per maand in die behuisingstoelaag in.

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het verlede week ingegryp en vakbonde het Vrydag na die onderhandelingstafel teruggekeer om ʼn oplossing vir die dooiepunt te bereik.

Dít nadat talle Eskom-werkers verlede week met ʼn onwettige staking by verskeie van die reeds sukkelende kragvoorsiener se aanlegte begin het. Diegene wat nie aan die staking deelgeneem het nie, is toegang tot die persele verbied.

Eskom het kort daarna aangekondig dat hy weens die staking gedwing word om die beurtkragfase waaraan Suid-Afrikaners onderwerp word, selfs verder te verhoog.

William Mabapa, algemene sekretaris van NUM, het vroeër vanmiddag gesê indien beurtkrag nou opgeskort word, sal hy die kragvoorsiener om verskoning vra.

“As daar geen beurtkrag is nie, sal ek ʼn brief aan Eskom skryf en verskoning aanteken. Indien beurtkrag egter voortduur, sal ek nie verskoning vra nie,” het Mabapa gesê en bygevoeg dat beurtkrag reeds jare lank – ook voor die staking – in werking gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Antie Sarie ·

Kan iemand vir my verduidelik waarom Botswana, wat hul krag van ons af kry, nie geaffekteer word nie? En, hul weier om die 7% te aanvaar. En nou ewe skielik is dit aanvaarbaar? Daar is n slag in die gras. En hy lyk so onskuldig soos n konyn.

Jr ·

Die idiote kon dit n week terug aanvaar, maar nee kom ons terroriseer die land en ons laat mense hulle werk verloor en besighede deure toemaak. Just to have our 15 minutes of fame as union leaders. Ons is so onnosel dat ons nie kan sien wat het Sibanye strike aan n hele gemeenskap gedoen. Julle is terroriste

Carel ·

Eskom personeel verdien nie n verhoging of n toelaag nie. Verhogings word gekoppel aan prestasie en produksie en duidelik gebeur dit nie

Cecilia ·

ai tog ek is seker die enigiste een wat dink aan die paar wat wel elke dag op gedaag het en hulle werk en ander se werk wat nie op gedaag maar aan gepak het, nee hulle verdien nie n verhoging nie, n paar slegte appels en jy sal seker die hele boks weg gooi,

@n0Niem77 ·

Ek hoop die 7% verhoging kom uit die besparing wat gemaak word vanaf die stakendes en moeilikheid makers wat afgedank word

Andries ·

EN die personeelvermindering van oorbodiges en onbekwames!

miche ·

En nou kry ‘n klomp kriminele ( nie almal) tussen hulle ook Weer vrye toegang tot ‘the scene of the crime’? Waar sabotasie en korrupsie hoogty vier. Hul word teruggenooi en verwelkom asof dit ‘n teepartytjie is.
Hoekom word hul nie afgedank nie?

Michael ·

Indien jy geweet het wat by die onderhandelinge gebeur het toe dit begin het, dan sou jy nie die opmerking gemaak het nie-die kriminele is de Ruyter en die res van die Eskom bestuur

Anonymouse ·

Ek het nie ‘n probleem met jaarlikse salaris- en looverhogings nie (veral nie in die omgewing van 5 tot 7 % nie), maar dit moet aan die entiteit se prestasie gekoppel wees. En Eskom het die afgelope paar jaar nog net ‘n F gekry. Ek hoop De Ruyter, en al die ander duisend in betsuursposisies het die grasi gehad om geen verhogings te vat nie.

Sons ·

Bla bla bla bla bla bla bla!!!! Wat van die skade wat berokken is en moet nou gelukkig wees????

Madeleine ·

Stem
En wat v almal wat hul were verloor Het agv loadshedding
Skande!!

Madeleine ·

Dank hulle af!! Daars Baie Ander wat d werk Sal doen vir daardie hoe lone!! Hul word belaglik Baie klaar betaal. Ondankbaar Asook gierig!

Pieter ·

Natuurlik word die 7% verhoging van die verbruiker verhaal wat geen sê het in die loon onderhandelings nie. Ek kry vanjaar weer ‘n 0% verhoging in my salaris, dalk 2% as ek gelukkig is. Ek boer dus agteruit. Eskom vra meer vir onbetroubare krag, die Rand verswak op grond van die staking en beurtkrag, brandstof word duurder, kos se prys styg. Ons is in vir self vernietiging.

SjN ·

Dit is mos ook ver bo die inflasiekoers, verhogings word verdien deur produksie en prestasie bo doelwit.!!

Willem Wikkelspies ·

Oxford dictionary: terrorism – the unlawful use of violence and intimidation, especially against civilians, in the pursuit of political aims.

.. maar wat anders moet ons verwag as die voorbeeld gestel word van uit die regering!!

Astrain ·

NUM EN NUMSA is niks anders as terroriste organisasies nie wat ‘n hele land gyselaar hou! Hulle behoort toegesluit te word, nie betaal te word nie! Die wat hulle in plek hou gaan binnekort almal sonder werk sit wanneer die IPP’s begin krag lewer en Eskom nie meer ons doodwurg nie. En ek gaan baie hard en baie lekker lag!!! Hierdie is presies die soort mense met hul selfsugtige mentaliteit wat die land nie meer kan bekostig of behoort te duld nie!

Nico ·

Wie gaan voordeel trek uit hierdie saak want die grootkoppe word betaal deur die lede. Daar is nie geld indie land nie, stop alle unies.

Elma ·

Vanoggend op die radio hoor ek dat, volgens Eskom, hul nuwe salaris rekening nie n impak op hulle balansstaat sal hê nie. So ja, ek stem met Laksman oor NOG n elektrisiteits verhoging op die horison, Eksdom se bottom line word nie affekteer nie. Die verbruiker s’n wel.
Ongelooflik.
Mens mag nie haat nie, sê die Bybel, maar party mense maak dit maklik om te doen!

Hannelie ·

Nou sal hulle seker weer gaan werk……..maar ons moet krepeer oor Eskom se uiters swak besluite.

Janc ·

Soveel mense het nou onwettig betoog vir ‘n masiewe salaris, dit terwyl hoeveel mense hulle werk verloor het in die proses en dis nie net hulle wat sonder kos gaan wees nie, maar ook hulle gesinne.

Jannie van Niekerk ·

Eskom moet nou net ‘n siviele eis teen die stakers insit vir verlies aan inkomste vir die bedrag wat ooreengekom is vir die verhoging. Maatskappye wat skade gely het moet dieselfde doen en ook teen die vakbonde en stakers eise insit. Indien die vakbonde kastig nie fondse het nie, dagvaar die vakbondleiers in hulle privaat hoedanigheid al was dit kammakastig ‘n onbeskermde staking. Indien dit wel was, waarom het die vakbonde nie opgtree teenoor hulle lede nie?

marius ·

Dis tyd dat die belasting betaler begin staak . Geen onderhandeling nie . Punt

Jan ·

7% loonverhoging is nogal goeie belonging vir ‘n onwettige staker. Dan sien ek Eskom wil ook ervare mense terugkry om dieselfde kriminele, wat hulle erken is onbevoeg en onopgelei, se werk te doen en te probeer oplei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.