Loterykommissie moet begunstigdes bekend maak

(Foto: Raymond Joseph/GroundUP).

Die Nasionale Loterykommissie (NLK) is opdrag gegee om ʼn lys te verskaf van begunstigdes van die R150 miljoen-fonds vir Covid-19.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid wil ook ʼn lys hê van alle begunstigdes van die NLK in die 2018-’19-boekjaar.

“Dit moet die name van die begunstigdes, die bedrae wat uitbetaal is asook die kategorieë waaruit dit betaal is, bevat. Dit moet ook alle ander lyste van begunstigdes wat nog nie bekend gemaak is nie, bevat,” het Duma Nkosi, voorsitter van die komitee, gesê.

Die DA het vroeër die week klagte by die Sunnyside-polisiestasie in Pretoria teen die NLK aanhangig gemaak vir sy beweerde weiering om ʼn lys van begunstigdes bekend te maak. Die party het ʼn regsmening bekom waarna ʼn omvattende verklaring saamgestel is met ’n aantal bylaes wat uiteensit hoe die NLK sy plig tot verantwoording teenoor die parlement en die Suid-Afrikaanse publiek oortree het.

“Daar is oorweldigende getuienis in hierdie verband, en ons glo dat dit ons as openbare verteenwoordigers se plig is om hierdie aangeleentheid by die betrokke wetstoepassingsagentskap aan te meld,” het Mat Cuthbert, die DA se woordvoerder oor handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeling, gesê nadat die klagte aanhangig gemaak is.

Die NLK het die afgelope paar jaar nie sy begunstigdes bekend gemaak nie. Die kommissie het aangevoer dat, alhoewel sulke lyste in die verlede gepubliseer is, met die inagneming van die wette rakende private inligting en klagtes van sommige begunstigdes, hy tot die gevolgtrekking gekom het dat die publikasie van hierdie inligting verkeerd en nie in die openbare belang was nie.

Volgens Nkosi is dit egter strydig met ʼn regsopinie wat die parlement se regsafdeling in die verband gekry het. Hiervolgens moet die NLK se finansiële state die inligting bevat en moet dit ook aan die ouditeur-generaal beskikbaar gestel word soos wat vereis word deur die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

“Die grondwetlike reg op privaatheid is nie ’n absolute reg nie, maar kan beperk word ingevolge algemene wette en moet gebalanseer word met ander regte wat in die Grondwet verskans is,” het die parlement se regsafdeling bevind.

Die NLK moet die inligting binne sewe dae bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Fedup ·

Let me make this easy.
All their family members, they have a lot, ya know.
The circus and their clowns. And the underlings of the clowns.
See. That was fast and easy. Did not take me a week at all.

Thelsa ·

Hoekom moet elke ding in hierdie land ALTYD onderhewig wees aan ‘n Kommissie van Ondersoek. Kan die Persone aan bewind wragtag niks regkry nie. Ek wonder of hulle dit regkry om hulle peristaltiese bewegings reg te kry en te beheer.

Leon ·

Ons idioom sê : “Hier is ‘n slang in die gras”, maar hou in dié geval meer vd Engelse weergawe: ‘I smell a rat’, of ‘A can of worms’. Hier vrot iets………!

MrMagic ·

Die lys van begunstigdes sal die publiek skok. Wat nog belangriker is dat daar ‘n lys van wenners ook gepubliseer moet word. Ek reken dit is waar die groot bedrog gevind sal word.

Scalla ·

Puik idee, die inligting moet ook aan Sars verskaf word om sy pond vleis te kry waar van toepassing.

LD ·

Ek dink daar is al jare lank nie meer “wenners” nie – daai geld gaan na sakke toe wat nie eers ñ kaartjie koop om te speel nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.