Louiesenhof: Weduwee, nog 2 vra moontlik vandag borgtog

Zurenah Smit (Foto: ANA)

Zurenah Smit, die weduwee van die vermoorde wynboer Stefan Smit, en twee medebeskuldigdes sal na verwagting Donderdag aansoek om borgtog in die landdroshof op Stellenbosch doen.

Smit (55) staan saam met Karel Derek Sait (50) en Steven James Damon (56) tereg op aanklagte van sameswering om moord te pleeg, huisroof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Stefan Smit.

Sait en Damon is reeds verlede Donderdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem nadat die polisie lasbriewe bekom het. Zurenah Smit het haar Maandag aan die polisie oorgegee waarna sy in hegtenis geneem is.

Stefan Smit is in Junie verlede jaar op die Louiesenhof-wynlandgoed buite Stellenbosch vermoor. Hy is op 2 Junie skuins voor 19:00 op die wynplaas doodgeskiet toe vier gewapende mans deur ʼn oop deur toegang tot die plaashuis verkry het. Zurenah en ʼn vriendin van die gesin was ook tuis, maar het die aanval oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Agter die skerms ·

Hulle moet maar kry wat hulle toekom, dis hoe die lewe werk, maar hulle gaan nie genoeg straf gegee word nie.
Stefan het sy lewe gegee en vir wat? ‘n Lewe vir wat – laat ander mense dink hulle gaan ryk erf ens ens.

Johann ·

Sit so ewe met haar gebeds boekie en loer beswaard onder haar kopdoek uit…arme verontregde onskuld van self!

Maggies ·

Tog só vreemd dat al die moordenaars wat iemand van sy/haar vryheid om te lewe ontneem het, so graag borgtog wil vra om verder aan te gaan met hulle lewe.
Oog vir ‘n oog, lewe vir ‘n lewe. Dit is niks minder as reg nie.

Onnie ·

Hy moes van beter geweet het as om met so ‘n vrou deurmekaar te raak. My ouma het altyd gesê jy trou nie met iemand buite jou geloof, jou politiek of jou rugbyspan nie – die huwelik is reeds moeilik genoeg soos dit is! Maar nou ja… die liefde is blind, sien flenter aan vir ‘n lint…

Tanniepetoors ·

Ag hoe lekker giggel ek nou! Ek moes na jou ouma se raad geluister het, al was dit nou net die rugbyspan!

JohanR ·

Onnie dankie vir die glimlag vandag. Ek sal seker maak ek vry, of trou nie met ‘n meisie wat die Blou Bulle ondersteun nie, of nog erger die Engelse!

Helene ·

Geniet ek nou hierdie kommentaar- juis omdat dit waar is. Dankie Onnie

Etienne ·

Ek hoop hierdie landdros hou in gedagte dat ‘;n moord gepleeg was en hou hierdie lot tot diep in die nuwe jaar in die tronk.

Fritz ·

Nog n liberale ou wat gedink het “alle mense is presies dieselfde”. Ja né……

Jakes ·

Die vrou was nie baie slim toe sy iemand gevra het om die vuil werk te doen nie.

Jakes ·

2 manlike beskuldiges het natuurlik soos kanaries gesing want hulle sa nie vir haar lewenslank sit nie.

Casper ·

Vier verdagtes het die huis better maar net drie is aangekla.Sameswering on moord te pleeg aanranding met die doel om ernstig te beseer…….Is dit dan nie moord nie.As jy iemand vermoor is dit tog moord en nie sameswering nie.Waar is die ander verdagtes wat die huis betreë het of mis ek iets.

JM ·

Gierigheid laat baie moord pleeg. Jy kan hardloop soos jy wil, maar eventueel word jy gevang.

Niklaas ·

Eintlik moet sy Kersdag agter tralies sit. Daar is baie hartseer familie lede van Stefan Smit wat hom eérs sal mis in Kerstyd, weens haar gewetenloosheid. Ek verstaan dat die moord weens gierigheid beplan en uitgevoer is

Louise ·

Ek dink sy het gekrap tot sy die testament gevind het en toe ‘n groot verrassing gekry om uit die vind sy erf net ‘n aftreeplekkie in die ouetehuis . Toe begin daai evil mind plannetjies beraam. Met baie dom foute daarby. Nou wil sy sit en duas prewel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.