LUR moet betaal ná pasiënt hom dood val

Die Livingstone-hospitaal in Port Elizabeth. (Skermskoot/Google Maps)

Deur Tania Broughton, GroundUp

Die hooggeregshof in Port Elizabeth het bevind dat die Oos-Kaapse LUR vir gesondheid en die Livingstone-hospitaal aanspreeklik is vir skadevergoeding aan die weduwee van ʼn man wat van die hospitaal se vyfde verdieping na sy dood geval het.

Waarnemende regter Ivana Band het bevind dat die pasiënt, George Williams, nie behoorlik van medisyne voorsien was of dopgehou is nie. Sy het bevind indien dit gedoen was, sou Williams nie op en af in die saal in ʼn “verwarde, rustelose en gedisoriënteerde toestand” geloop het nie. Hy sou dan ook nie na sy dood geval het nie.

Die regter het bevind die gedrag van die mediese en verpleegpersoneel wat Williams behandel het nadat hy op 3 Oktober 2013 in die hospitaal opgeneem is, was onvoldoende vir pasiënte wat aan alkoholonttrekkingsimptome ly. Simptome sluit in veranderings aan die senuweestelsel en sekondêre skisofrenie.

Indien Williams die regte medisyne ontvang het, sou hy kalm gewees het. “Dit sou die mediese en verpleegpersoneel in staat gestel het om sy lewenstekens en toestand behoorlik te monitor totdat die delirium tremens [dronkenskapsdelirium] bedaar het,” het die regter gesê.

Die bevinding beteken Williams se weduwee, Jeanine, kan nou ʼn skadevergoedingseis teen die hospitaal en die LUR instel.

Jeanine Williams voer in hofstukke aan dat die hospitaalpersoneel ʼn wetlike plig gehad het om haar man betyds en behoorlik te behandel, dat hy nie behoorlik verdoof is nie, dat sy bewegings nie beperk en sy toestand nie dopgehou is nie.

Die verweerders voer egter aan dat Williams wel kalmeermiddels gekry het en dat hy in ʼn geslote saal naby die verpleegstasie was.

Dit is bekend dat Williams ʼn alkoholis was. Hy is laataand in die hospitaal opgeneem, het in die vroeë oggendure van die volgende dag medisyne gekry en het daardie aand weer kalmeer- en ander middels ontvang – sonder enige uitwerking.

Teen 22:30 het hy die glasdeur van die verpleegsters se teekamer gebreek en van die vyfde verdieping geval. Hy is sowat ʼn uur later dood.

Dr. Candice Harris het namens Williams getuig dat delirium tremens ʼn “mediese noodgeval” is en dadelik behandel moet word. Sy het benadruk dat die pasiënt bewus van sy omgewing gemaak moet word en dat dit die verpleegsters se plig is om ʼn dokter in te lig indien ʼn pasiënt nie op medisyne reageer nie.

Dr. Michelle Walsh het namens die hospitaal en die LUR getuig dat die hospitaal nie niks gedoen het nie.

Dit wat gedoen is, het egter nie die gewenste uitwerking gehad nie, het die regter bevind.

“Nie net het hy te min verdowing ontvang nie; daar is geen bewyse dat die aanvanklike dosis, wat geen uitwerking gehad het, ooit ingevolge die voorgeskrewe riglyne verhoog is nie. Dit is ten spyte van verskeie inskrywings in hospitaalrekords dat hy verward, gedisoriënteerd en rusteloos gebly en op en af geloop het – en dat hy so onrustig was dat die verpleegpersoneel gevrees het dat hy hulle sou aanrand,” het regter Band bevind.

Sy het bevind Williams is nie ingevolge riglyne behandel nie en daarom moet die LUR en die hospitaal aanspreeklik vir enige bewese skade gehou word.

  • Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp geplaas en word met vergunning gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Di ·

Dis ongelukkig hoe dit nou orals in hospitale gaan. Meeste verpleegpersoneel het GEEN passie vir hulle werk, net daar om ‘n salaris te verdien. Weet van baie pasiente in staatshospitale wat verwaarloos is, wonde word nie skoon gemaak en word septies, beddens word nooit skoon oorgetrek, kry nie pyn medikasies wanneer pasiente vra daarvoor, word nie gewas indien hulle dit nie self kan doen nie, vat ‘n ewigheid om ‘n bedpan te bring en so gaan die lysie aan. ALLES in die land is in die afgrond in, LUI, ONBEVOEGDE, ONGEKWALIFISEERDE mense word in hierdie poste aangestel.

Swerwer ·

Wens ek kon net vir ‘n week opleiding vir die spul gegee het, 99,9% sou in die eerste 2 dae self geloop het want hul kan en wil en sal nie werk nie. Hul sit net en maak die poste vol maar het nie ‘n idee wat die woord “Verpleging” beteken nie.

Anel ·

Net jamner dat die LUR nie uit sy eie sak hoef te betaal maar maar uit ons as belastingbetalers se sakke! Ek glo, sodra daar aan hulle sakke gevat gaan word vir hul onbevoegdhede, hulle nie meer die poste gaan wil hê nie. Hoop beskaam nie!!

Veronika ·

Ek stem saam met jou, dit moet eintlik uit sy eie sak betaal word!!

philippus ·

Die korrekte opskrif moet lees…. Belasting betalers moet verder betaal, na LUR se nalatigheid.. Die LUR gaan nie betaal nie. Ons gaan.

SjN ·

9 Jaar later, gaan daar nie opgertree word teen die skuldige partye, LUR inkluis nie?

henndrik ·

Daar behoort persoonlike aanspreekjlikheid teenoor die personeel ook toegepas te word anders gaan daar nooit verandering plaasvind nie

Swerwer ·

Daar is lankal, van die huigdige regering alles omver gewerp het in ons land geen ordentlike toesig of verpleging in die hospitale nie.

Jaco ·

Our people bedryf die hospitale en our people is meestal die pasiënte. Hulle word sleg behandel. ‘n Ander berig verwys na ‘n hospitaal wat agter is met 11000 operasies.
Dis alles goed en wel as die meeste slagoffers van dié swak behandeling wit is, want dan is dit seker maar net deel van die ewige “straf” vir apartheid. MAAR die slagoffers is in werklikheid van dieselfde ras as die mense wat die hospitale so swak bestuur. Hoe dan nou?
1.,Hoekom sorg our people so swak vir hulle eie mense?
2. Hoekom stem daardie slagoffers van die swak behandeling maar net weer ANC in die volgende verkiesing, of bly weg van die stembus? Swart steun vir die DA, die IVP ens ens neem nie juis toe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.