LUR se uitsprake ‘dra moontlik by’ tot Mpumalanga-plaasaanval

Annemarie Botha en haar seun Ruan.

Mpumalanga Landbou (ML) het sy kommer uitgespreek dat vroeëre uitsprake deur die LUR vir gemeenskapveiligheid in die provinsie, Vusi Shongwe, oor die omstrede voorval op die plaas Pampoenkraal, moontlik kon bydra tot die motivering vir die “barbaarse” moord op Annemarie Botha en haar seun, Ruan.

Maroela Media het vroeër berig Annemarie (64) is Saterdag dood nadat sy verskeie kere met ʼn skerp voorwerp tydens die voorval op die plaas buite Mbombela (Nelspruit) gesteek is. Ruan, wat verstandelik gestremd is, is vermoedelik met ʼn voorwerp doodgeslaan.

Fanie Botha is ʼn bestuurder op die plaas en het gaan patrollie ry. Met sy terugkeer na die huis, het hy by ʼn sydeur ingegaan en gesien die huis is geplunder.

Botha het na sy vrou geroep, maar geen antwoord gekry nie waarna hy op haar en Ruan se liggame in die sitkamer afgekom het.

ML het die slagoffers as twee “vredeliewende mense” bestempel.

“Hierdie jongste aanval op plaasbewoners word in die sterkste moontlike terme veroordeel. Ons betuig innige meegevoel met die naasbestaandes van die oorledenes.”

Die polisiebestuur in die provinsie het vroeër reeds sy kommer oor plaasmoorde in die provinsie uitgespreek en genl.maj. Thulani Phahla, waarnemende polisiekommissaris, het die ondersoekspan gevra om die verdagtes so gou moontlik op te spoor.

ML het wel Phahla se oproep dat moorde op plase gestuit moet word in die lig van die landboubedryf se bydrae tot die ekonomie, verwelkom.

“Die polisie word versoek om alles in sy vermoë te doen om die skuldiges aan te keer en te vervolg,” sê die organisasie se dagbestuur.

ML het ook ʼn beroep op die LUR gedoen om die moorde op Annemarie en Ruan ten sterkste in die openbaar te veroordeel.

Werner Weber, die VF Plus-leier in Mpumalanga, het ook die moord op ma en seun veroordeel en sê die gevoelloosheid daarvan het talle van diegene op die toneel hewig ontstel.

“Die VF Plus is eweneens geskok oor die wreedheid van die aanval op twee weerlose mense wat al sinoniem met plaasaanvalle geraak het. Dit is tekenend van ʼn afgestompte gemeenskap.

“Die vermoë van die polisie en die ANC-regering om die landelike veiligheidsplan in werking te stel, moet ook veroordeel word. Alles moontlik moet gedoen word om die landelike gemeenskap te beskerm, en die regering sleep voete hiermee.

“Dit is onaanvaarbaar,” sê Weber.

Intussen verskyn Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Mzikayise Patric Yende (48) vandag weer in die landdroshof op eMkhondo (Piet Retief) in verband met die moorde op die broers Mgcini Amos Coka en Zenzele Coka.

Die groep sit vandag hul aansoek om borgtog voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JohanR ·

Moet net tot die besef kom dat hulle ons haat. Dit is 27 jaar en die haat gaan net aan en aan. Words have consequences, soe ons wag vir ‘n BLF, EFF of ANC om die woorde “kill the whites” te uiter dan kan ons weer die gewere laai en lager trek. Malema het al gese die tyd om die kreet uit te stuur is nog nie reg nie. Wonder hoe die land sal oor die weg kom sonder die belasting wat wittes betaal?

Persheks Adri ·

Dit help mooi NIKS as almal dit net veroordeel of bekommerd is oor die moorde nie doen iets! Ons almal weet wie sit agter die aanhitsing vir moorde op blankes, maar hulle doen niks aan die petters nie pffft!

Jannie van Niekerk ·

Almal met ‘n IK van minder as nul weet dat elke ANC, EFF, SAKP, BLF, BLM en SAKP ondersteuner plaasmoorde en aanvale goedgesind is. Dit sluit die President van ons land in.

Samuel ·

Die SAPD sal nie so vinnig kan optree soos in Piet Retief nie. Onthou dit is witmense wat vermoor is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.