Nelspruit-plaasmoord: Ma, seun veg verbete terug  

Annemarie Botha en haar seun Ruan.

Annemarie Botha het verbete teruggeveg toe sy en haar verstandelik gestremde seun op ʼn plaas buite Nelspruit, Mpumalanga, aangeval en vermoor is.

Dit blyk dat Ruan, in sy vroeë 30’s, ook sy ma probeer beskerm het voordat hulle wreed vermoor is. Fanie Botha was besig met patrollie op die plaas en het by sy terugkeer op die gru-toneel afgekom.

Annemarie (64) is dood nadat sy verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek en Ruan is vermoedelik met ʼn voorwerp doodgeslaan.

“Daar was soveel bloed. Hulle is erg verniel,” het ʼn verslae Jaap Breedt, ʼn neef van Fanie, gesê. Hy was Saterdagaand ná die moorde op die toneel.

“Faan [Fanie] is ʼn bestuurder op die plaas en hy was die naweek aan diens. Hy het patrollie gaan ry en toe hy terug by die huis kom het hy by ʼn sydeur ingegaan en gesien die huis is geplunder.”

Botha het na sy vrou geroep maar geen antwoord gekry nie waarna hy op haar en Ruan se liggame in die sitkamer afgekom het.

“Sy het op haar rug gelê en Ruan het half bo-oor haar gelê, so ons dink hy het haar probeer beskerm. ʼn Mens kan sien sy het ook verbete terugbaklei,” het Breedt gesê.

Fanie en Annemarie Botha.

Daar is nog nie duidelikheid oor presies hoeveel aanvallers daar was nie, maar Breedt vermoed daar was meer as een. Die moordenaars het ʼn heining geknip om toegang tot die huis te kry. Hulle het ná die moorde met verskeie huishoudelike items op die vlug geslaan. Daar word vermoed dat hulle moontlik Botha se bakkie hoor aankom het en toe gevlug het.

Volgens Breedt het Ruan by ʼn sorgsentrum in Lydenburg ingewoon en het hy naweke op die plaas kom kuier. Annemarie was ʼn onderwyser by die Calvary Christian School in Nelspruit. “Ons is baie verbitterd en kwaad,” het Breedt gesê.

Die polisie ondersoek sake van moord en roof. “Daar is onmiddellik met ʼn grootskaalse soektog na die moordenaar(s) begin. Die motief vir die moord is nie in dié stadium bekend nie,” het kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, gesê.

Die polisiebestuur in die provinsie het sy kommer oor plaasmoorde in die provinsie uitgespreek. “Die ondersoekspan moet die verdagtes vinnig opspoor en aan die pen laat ry,” het genl.maj. Thulani Phahla, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Persheks Adri ·

Motief is vanselfsprekend hulle is blank en bly op ‘n plaas. Dis verskriklik hartseer om elke dag van die moorde te lees… Hoop die aanvallers word vinnig vas getrek!

Boere beveilig en bewapen julleself ons is sitting ducks in die verdomde land!

Joe Olivier ·

En dan het hy die vermetelheid om te sê dat hy dit weer sal doen.

Porseleintjie ·

Skiet die boere om hulself te beskerm, word hulle vir moord aangekla. Skiet hulle nie word hulle dan vermoor. Maak nie saak watter kant toe nie, ons boere het n “bedreigde spesie” in SA geword en hul lewens is vir die regering absoluut niks werd. Dalk moet die boere maar die land aan sy genade oorlaat twv die kosbaarheid van hul eie lewens.

Alet ·

Presies. Dalk moet Afriforum maar daar in die VN ander land soek wat bereid is om die boere te vat en hulle emigreer almal. Die res van ons gaan krepeer en op strepe doodgaan van honger maar ek kan maar uit my groentetuin eet. Sal nie so lekker en gemaklikw ees nie en die res kan maar in rye gaan staan en aan Zimbabwe se deur klop.

JohanR ·

And who do we have to thank? Definitely not Boland Bank! Plaas boere jule is in ‘n terroriste oorlog betrokke. Kry vir else persoon in die huis ‘n geweer en dra hom al die tyd self in die stort. Maak planne vir wat elke persoon se rol sal wees as julle aan geval is. Maar as ek soe kyk na die geval het die lafaards net gewag todat die boer ry. Hulle het die boer se beweegings geken, soe miskien ‘n “inside job?” Nog ‘n wit boer wat deur moord seker nou sy plaas sal moet verlaat?

Stephan ·

Ek voel maar altyd opgewerk wanneer daar met ñ plaasmoord berig word dat die motief nie bekend is nie. Ons weet almal wat die motief is maar mag dit nie spreek nie. Die vlakke van geweld wat met hierdie dade gepaard gaan spreek tog vanself. Ons boere is uitgelewer. Maroela, jul sambreel organisasies is besig om werk te doen wat uitstaan, en al wil “our piepol” so graag, hulle kan dit nie ignoreer nie. Ek weet dit is ñ taak met ñ omvang wat nie maklik gaan wees, maar julle het die breinkrag van ñ klomp slim mense in jul geledere. Is daar nie iets wat ons kan begin organiseer om ons boere te help beskerm? Ek weet daar is plaaswagte en dinge maar dit word eers gemobiliseer as die aanval plaasvind of verby is. Ons het iets pro-aktief nodig. Julle gebruik die grondwet met groot vrug op baie vlakke… en “our piepol” kan niks sê nie want die grondwet steun dit. Kan ons iewers begin asb.

Alet ·

Ek dink dis tyd dat ons mense saam begin bly op plase. Die plaasboere kan ‘n stukkie grond gebruik om huise te bou (die grond wat nie gebruik word nie en wat die regering ook elk geval wil vat) en ander huisgesinne kan dan daar gaan bly. Die huise word nie rerig verkoop nie maar huur en water en ligte word betaal so asof dit jou eie plek is. en dan die groep wat op een plaas bly kan stelsel uitwerk om mekaar op te pas.

Snowball ·

Blanke kibboetse op plase – werkloses kan help met beveiliging en arbeid op plase in ruil vir verblyf en die geleentheid om selfvoorsienend te wees deur bv groentetuine en kweekhuise te onderhou.

Wielspore ·

Hierdie is ‘n tragedie vir die Laeveld en die skool waar Annemarie skool gegee het. Sterkte vir die familie en vriende en ons hoop dat die skuldiges opgespoor word en verantwoording kan doen vir hulle optrede.

Dollatjie ·

Ek word naar elke keer as ek lees hoe iemand hulle kamtige kommer uitspreek en hoe die verdagtes vinnig gevange geneem moet word. Die belaglike 25 jaar trokstraf wat hulle kry is n grap teenoor die graad van misdade wat teenoor ons mense gepleeg word. Niks anders as dieselfde marteling en doodstraf kan ooit genoeg wees nie. Al sal dit nie die mense se geliefdes terugbring nie sal dit darem te minste dien as afskrikmiddel vir volgende oortreders. Die probleem is egter dat dié wat kastig reg en geregtigheid moet handhaaf in is op die deal en besig om anderpad te kyk terwyl hulle broerders ons een vir een afmaai. Maar God slaap nie….julle dag sal kom.

Cherokee ·

Dollatjie, de redenasie dat doodstraf dit nie sal verminder nie, berus op die feit dat moordenaars dink hulle sal nie vasgetrek word nie. Die mense wat so redeneer het ‘n sinvolle redenasie, Ek stem met jou saam, maar verduidelik wat diegene wat anders redeneer, daaroor sê.

Cobus ·

“…die polisie bestuur in die provinsie het sy kommer oor plaasmoorde in die provinsie uitgespreek.”
Blanke en in besonder boer, moet julle nie langer deur die polisie, regstelsel en regering laat mislei nie. Hulle het dit met Piet Retief saak nou weereens duidelik gemaak toe boere hulself beskerm en verdedig het, dat hulle ons haat. Hulle moedig plaasmoord en boewey aan.

Keelvol ·

Die hartseer is, dat daar blankes onder ons wat die spot dryf met plaasmoorde op Facebook. Hulle weier om te glo blankes word “system” maties uitgemoor. Maak my so kwaad.

Corrie ·

Mense, gaan lees asb “The Fabric of Terrror” geskryf deur Bernardo Texeira.

SomeOne ·

ek wil nie ‘n tand vir ‘n tand straf vra nie, maar, kan daar nie strawwe uitgegee word wat die moordenaars wel 2 maal sal laat dink nie, dis afskuwelik, afgryslik, soos dit aangaan
fanie is uit om patrollie te doen, maar kyk wat gebeur as hy nie tuis is nie
ek bid vir ondersteuning en hartseer, God is Aleen wat sal kan help

Tipper ·

In n rystoel kan jy nie meer se ek is veilig en ek sal beskerm wees.

Nic ·

ja ons is keelvol vir cele en ramaposa wat stil stuipe het wat plaasmoode betref hulle is beslis niks gepla nie en dit beteken hulle keur dit goed

LANA is ELANè ·

Die motief is nie bekend nie??? Wat die hel, op watter planeet bly diegene wat nie weet wat die motief is nie? Destabiliseer die landbousektor sodat plase in mense wat dit nie verdien nie se skote kan val… Wreedaards sonder gewetes.!

Nico ·

Kan die polisie nie sien dat dit moord is nie, waarom nog die saak ondersoek vir moord en roof, kan hulle nie sien dat dit op die witman gerig nie.

pieter ·

Baie jammer ,
Die blaam moet op die regering geplaas word, hulle doen bokkerol aan die situasie nie ,
Die situasie gaan nog versleg ,
Saamstaan en doen ons eie ding.

Kokerboom ·

Wil ons Blanke boere nie maar die beplande oorlog teen hul erken en voorsiening maak en optree asof in ‘n oorlogsituasie maar met klem op “rowerweerstand”!!! Almal op plase moet nou gesamentlik aksie neem. Dis so diep onnodig in ‘n land waar ALMAL veronderstel om vry en veilig te wees. Koste moet van die rower ANC regering verhaal word!

Hendrik ·

Die motief is moord. Wat se bedreiging was n 64 jarige vrou en gestremde kind vir hulle.

Jannie ·

Hier gaan ons alweer. Nog ‘n plaas aanval, vir wat en hoekom? Hierdie is beplande misdaad en iemand sit agter dit als. Het stil geraak om net so bietjie die media en landsburgers te laat afkoel. Dit maak my so moedeloos vir hierdie land. Mens vir mens, boer vir boer, plaas vir plaas. Dit is hulle taktiek. As hierdie regering regtig almal in die land as belangrik beskou het, dan kon hulle al lankal plaas aanvalle as top prioriteit bestempel het. Polisie is useless, weermag is useless. En staan die boere saam om mekaar te help en beskerm dan is hulle ook verkeerd. Nou hoe dan, wat moet ons doen??????????

Anoniem ·

Dit blyk dat moorde nie meer n bron van kommer is vir die Regering nie.’ Daar word absoluut niks vanaf hulle kant gedoen nie. Wanneer gaan ons besluit GENOEG IS GENOEG???????

Louise ·

Ek sal nogals daarvan hou om te weet of daar iewers statestieke is oor plaasmoorde wat se hoveel betrokke was, hoeveel aangekeer was en hoelank is hulle gevonnis was.
Dink as so prentjie geskep kan word, sal ons presies kan wys hoe ernstig ons land teen plaasmoorde optree…!
Dis so tragies en sterkte aan almal.

Genis ·

Dis haat teen blank, wat dewur die ANC/EFF en BFL veroorsaak word…dis wat, dis die motief… Nie te moeilik nie?

Mariaan ·

Absoluut skokkend stragies…waardeur het hierdie arme mense nie gegaan nie…en vir wat???? Ons is so hulpeloos…wens ek kan se wat ek wil..maar nou ja…sterkte aan hierdie mense..

Karina ·

Bitter hartseer oor nog ‘n plaasmoord. Wanneer gaan die Presidensie en Hoed begin erken dat plaasmoorde ‘n werklikheid is en die boere bystaan. Stem saam met Porseleintjie, skiet die boer, sit hy in die tronk vir moord, soos die boere van Paul Roux. Skande. Sulke dae sak ek my kop in skaamte dat ek ‘n burger van die land is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.