Lydia Winchester sterk tuis aan

Lydia Winchester. (Foto: Janie Monsieur)

Lydia Winchester, Johannesburgse musiekbemarker, is Sondagaand uit die hospitaal ontslaan nadat sy opgeneem is weens ʼn suurstoftekort. Sy het Vrydag positief vir Covid-19 getoets.

Volgens Ferdi Steyn, ʼn musiekpromotor van Artist Village, sterk Winchester (65) weer tuis aan. “Sy is Sondagaand ontslaan al voel sy nog nie te watwonders nie, maar haar suurstofvlakke is beter.”

Steyn het gesê Winchester was heeldag op ʼn drup geplaas nadat die sangeres Angelique Greffrath, een van die kunstenaars wat Winchester bemark, haar Sondag hospitaal toe geneem het.

“Lydia kon Sondagoggend nie twee treë loop nie. Ons was baie bekommerd oor haar, maar ons is bly dat sy beter vaar.”

Greffrath het Sondag aan Maroela Media gesê sy het bekommerd geraak toe Winchester se selfoon teen 09:00 nog nie aangeskakel was nie. “Gelukkig het sy my net die vorige dag sleutels vir haar huis gegee en ek het gaan kyk wat fout is.”

By haar aankoms by Winchester se huis, het Greffrath Winchester “swak en baie bleek” in die bed aangetref.

“Ek het haar suurstofvlakke gemeet en gesien dat dit 81 is. ʼn Dokter het ons toe aanbeveel om haar hospitaal toe te neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vonny ·

Lydka tans ook in hospitaal met Covid. N moeilike pad om te stap. Maar…ons God is aan die stuur van ons bootjie. Ek kon vrydag nie loop…en vandag kan ek loop! Amen!!! Ons bid vir jou. God gaan jou genees. Lydia. Dankie wat jy allez vir ons afri- kaanse sangerz doen. God sèen Jou!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.