Ma en dogter (3) ‘brutaal aangerand’

Foto: SAPD, Facebook

Die polisie in Port Elizabeth ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn vrou en haar driejarige dogter in hul huis in die stad “brutaal aangerand” is.

Brig. Marinda Mills, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê bure het die afgelope naweek op 47-jarige vrou en haar dogter in hul huis in Chatty afgekom.

“Daar word beweer dat bekommerde bure Saterdag omstreeks 18:00 na die vrou by haar huis gaan soek het. Sy het nie gereageer toe hulle aan die deur geklop het nie en hulle het die huis binnegegaan. Hulle het die ma en dogter met veelvuldige kopbeserings aangetref,” het Mills gesê.

Sy het gesê die vrou en kind is na ʼn hospitaal gehaas. Volgens Mills is die motief vir die aanranding nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om na vore te kom. Intussen het brig. Keith Meyer, waarnemende bevelvoerder van die Mount Road-polisie, die aanval ten sterkste veroordeel. “Met kinderbeskermingsweek in gedagte moet ons beklemtoon dat dit almal se plig is om by te dra toe die beskerming van kinders teen geweld, uitbuiting en mishandeling,” het Meyer gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Michael

Dit raak al erger vrouens en kinders moet selfverdediging begin studeer, akido word aanbeveel deur die kenners die lafaards teiken in elk geval net baie ou mense of vrouens hoekom weet ek nie wat hulle is die huidige bevoordeelde groep in Suid-Afrika met al die voordele van werk ens ens.

Ai

Wie rand n 3 jarige weerlose kind aan?! So klein dingetjie is mos geen bedreiging nie.
Ek hoop die ma en haar kind word gou beter. Dis hartverskeurend.

Die regering FAAL

Janee nou word die 3 jarige kinders ook al aangerand, volgens die staat is dit seker net HUISROOF wat verkeerd gegaan het. Wanneer gaan die STAAT wat verantwoordelik is (dmv die polisie en weermag) wakkerword en sy burgers probeer beskerm? Hulle doen niks daaraan nie, want volgens hulle is dit ‘opgemaakte’ stories deur anti-regerings groepe. So word mans, vrouens en kinders verkrag en vermoor en so sit Zuma heerlik met sy biljoene en sy maag met vet smeer met ‘n hengse sekuriteitsmag waarvoor ONS betaal om sy huis .hoekom sal hy worry oor ‘n 3 jarige wat papgeslaan is saam… Lees meer »

Vraag

Vra eerder vir Zuma in die parralament wat dink hy van vroue, kinders en oumense.

jean

En nog is het einde niet……….. klakkelose toesprake oor vrouens en kinders….