Ma gee seun aan polisie oor ná moord

Argieffoto: SAPD

ʼn Ma van Noordwes het die naweek haar seun aan die polisie oorgegee nadat hy glo aan haar erken het dat hy sy vriendin vermoor het.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, het die 23-jarige man sy 21-jarige vriendin na bewering Saterdag in die Gopane-nedersetting digby Zeerust in Noordwes doodgemaak.

“Dit word beweer dat die paartjie buite ʼn plaaslike taverne stry gekry het. Die man het sy vriendin glo daarna na nabygeleë bosse geneem waar hy haar aangerand en verwurg het. Hy het haar liggaam net daar in die bosse gelos,” bevestig Funani.

“Die man het daarna huis toe gegaan en die moord aan sy ma erken. Sy is toe na die plaaslike polisiestasie waar sy die moord aangemeld het. Die polisie het die vriendin se liggaam in die bosse ontdek en die man in hegtenis geneem.”

Die man sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof op Lehurutshe in Noordwes verskyn op aanklagte van moord.

Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het die moord veroordeel en die polisie ook geloof vir die spoedige inhegtenisneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

modiglianigirl ·

Die polisie word geloof nadat die arme Mamma die grootste hel wat enige Ma kan deurmaak moes trotseer.
Nadat haar geliefde seun ‘n ander Mamma se kind vermoor het. Die feit dat die seun aan sy Ma die bekentenis gemaak het wys daarop dat hy teen sy eie beter wete en gewete opgetree het. Dit maak hierdie saak selfs meer hartseer want daar is net slagoffers in dié aaklike gebeurtenis.

Rooikopheks ·

Sommer net so, ek stry net jou, nou maak ek jou dood. Hoe hartseer, waar is die dae dat mens verskille uitpraat?

Elmarie ·

Ai die arme ma, dit moes haar hart breek. Sy het geregtigheid gekies selfs met die wete dat dit haar eie kind is. Ek hoop sy kry vrede in haar hart.

Nie Verbaas ·

Verbasend dat mens nooit die BLM volgelinge se protes sien of hoor in sulke gevalle nie.

Misky ·

Sjoe, ek haal my hoed af vir die ma. Kon nie maklike besluit gewees het nie en ek kan met alle eerlikheid erken dat ek nie dieselfde sou kon doen nie.

Dr. Rhoshe ·

dis is regtig scary dat ons in n tyd lewe waar moord so allerdaag is. Ook dat jou moordenaar iemand is wat jy ken, iemand wat jy veronderstel was om te kon vertrou

Ansie ·

Loof die ma vir haar sin van reg en geregtigheid. Hoe hartverskeurend ookal, het sy besluit om die regte ding te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.