Ma gevonnis na sy dogter verwurg

Michelle Koekemoer. Foto: Facebook

Michelle Koekemoer. Foto: Facebook

Soniya Koekemoer is Dinsdag in die streekhof in Vanderbijlpark gevonnis vir die moord op haar negejarige dogter, Michelle.

90.6 FM Stereo Nuus berig landdros Robert Button het Koekemoer (34) tot 18 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het in sy roerende uitspraak verwys na Michelle se naam en gesê haar naam het by hom gespook. Volgens hom beteken dit “Geskenk van God” en hy het die definisie aan die hof voorgelees.

Koekemoer het vroeër skuldig gepleit en erken sy het haar dogtertjie verwurg. Sy is op 22 Julie in hegtenis geneem, nadat Michelle se liggaam op 10 Junie in haar bed in haar slaapkamer gevind is. Sy en haar ma het in ʼn woonstelblok in Vanderbijlpark gewoon.

Koekemoer in die hof. Foto: Foto: 90.6 FM Stereo Nuus

Koekemoer in die hof. Foto: Foto: 90.6 FM Stereo Nuus

Koekemoer het aanvanklik beweer sy het Michelle die laaste keer lewend gesien toe sy die vorige aand vir haar ʼn storie gelees en haar in die bed gesit het. Volgens Koekemoer het sy wakker geword met ʼn tou om haar nek en dadelik na haar dogter se kamer gegaan. Sy het gesê sy het Michelle se liggaam op haar bed aangetref, ook met ʼn tou om haar nek.

Sy is kort daarna in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes dagga in die woonstel gevind het, maar die aanklag is later weer teruggetrek.

Michelle was ʼn gr. 3-leerling aan die Laerskool Eligwa.

Lees alle vorige berigte oor Soniya Koekemoer op Maroela Media.

Inligting met vergunning van 90.6 FM Stereo Nuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
Helen Doman

Sal dit nie wonderlik wees as al die moordsake so gou afgehandel kan word nie. Ek is so bly sy gaan tronk toe, reguit tronk toe – en dit sonder om R200-00 in te samel as sy by begin verby skuif. Haar verdiende loon.

Se net

18 jaar, dis te min op moord vir jou eie kind, dagga in woonstel gevind, wat gaan aan in Suid Afrika. Rus in vrede Michelle, nou kan niemand jou meer seer maak nie. Miskien moet Suid Afrika lisensie uitbring vir ouerskap, daar is mense wat nie ouers moet wees nie.

PJ

Wat gaan aan met die mensdom van vandag, so pragtige dogterjie, 18 jaar is te min, 25 jaar sonder parool…….

Ada

My genade die straf is hopeloos te min! Die kind was maar 9 en haar hele lewe het voor haar gele. Na 18 jaar sou die kind ‘n jong dame van 27 gewees het. Met ‘n eie familie dalk? Waardeur het hierdie kind nie deurgegaan met so ‘n skepsel van ‘n ma nie? Nee , die straf is te min. Sy moes lewenslank gekry het.

Zulu

Vir watter rede verwurg jy jou kind? Jou eie vlees en bloed? Ek het self 4 kinders en al maak hul my party dae hoe kwaad het ek nog nooit eers daaraan gedink om hul leed aan te doen nie, kinders is ‘n geskenk van God en moet gekoester, opgepas en baie liefde en aandag voor gegee word. Daardie kind het nie gevra om daar te wees nie, was sy vir haar ‘n finansiele las of in haar pad van lewensvryheid?? Nee wat, daar is altyd iemand wat sal help en uitreik na jou as jy net vir hulp vra,… Lees meer »