Ma glo vir tabletrekenaar vermoor

Maggie Castleman is glo Saterdag vir 'n tabletrekenaar vermoor. Foto: Verskaf

Maggie Castleman is glo Saterdag vir ‘n tabletrekenaar vermoor. Foto: Verskaf

Maggie Castleman (48), wat skaars drie maande gelede van Nelspruit na Louis Trichardt in Limpopo verhuis het, is Saterdagaand naby haar werkplek in dié dorp glo vir ʼn tabletrekenaar vermoor.

Castleman se dogter, Jennifer Claassen, het Maandag aan Maroela Media gesê inligting oor voorval is nog vaag en vorm deel van die polisie se ondersoek.

“Ons verneem my ma is Saterdagaand omstreeks 19:00 in haar motor naby haar werkplek, in ʼn industriële gebied van die dorp, geskiet,” het Claassen gesê.

“Die polisie vermoed sy het in haar motor gesit en was naby die werk se gebou om toegang tot die plek se WiFi te kry. Iemand het haar seker dopgehou en op haar toegeslaan.”

Volgens Claassen is haar ma in haar linkerbors geskiet. Daar word vermoed dat net haar tabletrekenaar vermis word, maar teenstrydige gerugte  doen die rondte dat haar selfoon en beursie ook gesteel is. “Dis vir ons nog baie deurmekaar wat presies gebeur het.”

ʼn Kollega van Castleman, wat glo by ʼn braai by die werkplek was, het op haar afgekom waar sy langs die motor gelê het en hulp ontbied. Castleman is op die toneel dood verklaar. Claassen is omstreeks 11:30 van haar ma se moord ingelig.

Claassen beskryf haar ma as iemand wat altyd geglimlag het. “Sy was ʼn goeie mens en was altyd vriendelik. Sy het gehou van verf en hekel, al was sy nie regtig goed daarmee nie,” skerts sy hartseer.

Castleman was enkellopend. Haar seun en Claassen se broer, Nico, is vier jaar gelede in die ouderdom van 17 aan kanker oorlede. “Sy as is in ʼn nis van die gedenkmuur by die NG Kerk in Deneysville in die Vrystaat. Ons gaan my ma laat veras en haar as langs my broer s’n sit. Dis wat sy sou wou hê.”

Castleman laat haar dogter en twee susters, Lorraine Robinson en Charmaine Castleman, agter.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die polisie ondersoek ʼn saak van moord. “Volgens ons inligting word net die tabletrekenaar vermis. Ons weet nog nie hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie, maar is besig om leidrade op te volg,” het sy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Strydom-:Stryslim eerder ·

Die prys van n lewe is darem maar laag, skokwekkend dat dinge sulke laagte bereik!

Anoniem ·

Absoluut skokkend. Dat n wit lewe nou niks meer werd is nie is skreiend. Wil my voorkom mens sal maar vuurwapen saam winkel toe moet dra in ons piesang republiek. Sterkte aan familie en wees verseker dat die Here slaap nie.

annette duvenhage ·

In hierdie onregeerbare land is ‘n lewe sners werd…veral as jy nog wit is boonop. Niemand sal niks doen nie want hulle kom letterlik met moord weg. Daar is absoluut niks wat hulle afskrik nie. ‘n Lewe is maar net nog ‘n lewe wat geneem MOET word maak nie saak of dit net vir ‘n rand of ‘n selfoon of wat ookal is nie.

antonie ·

Hierdie plek raak nou baie gevaarlik vir vrouens, oumense, boere , ens., die mense wat genoeg geld het, en WAT kinders het, moet definitief kyk na emigrasie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.