Ma se ‘laaste geveg’ vir vermoorde seun

Deon de Bruyn.

Susan de Bruyn gaan Dinsdag in die hooggeregshof in Mbombela ʼn slagofferimpakverslag indien ter strafverswaring van haar seun, Deon de Bruyn (25), se moordenaars.

Sewe beskuldigdes, Derrick Makamo, Rawul Mhlanga, Sifiso Madonsela, Solomon Msimango, Oscar Chauke, Hendry Manonga en Fanie Mkhabela, sal na verwagting vandeesweek gevonnis word vir die moord op Deon.

Hulle is op 23 September skuldig bevind op aanklag van moord en poging tot moord.

In die verslag, wat nog in die hof ingedien moet word, stort Susan glo haar hart uit oor hoe Deon se moord hul familie geraak het.

“Ek wag amper vier jaar en ses maande vir hierdie dag, maar tog, op ʼn vreemde manier, is dit hartseer. Dis die laaste geveg wat ek vir my kind kan veg. Hierna is daar niks behalwe herinneringe en ʼn kruis op ʼn graf nie,” sê Susan.

Deon is op 17 Junie 2018 op ʼn plaas naby Komatipoort in Mpumalanga doodgeskiet. Estelle Jansen, wat vir hom soos ʼn “tweede ma” was, is drie keer geskiet, maar het die voorval oorleef.

Deon se ouers, Deon sr. en Susan.

Die De Bruyns woon steeds op die plaas.

Volgens Susan het sy gemengde gevoelens oor die vonnisverrigtinge.

“ʼn Mens weet nie wat om te verwag nie. Ek wil hê die moordenaars moet die swaarste straf moontlik kry.”

Die kruis vir Deon

Susan het vroeër aan Maroela Media gesê sy is nog nie gereed om te vergewe en te vergeet nie.

“Ek het moordgedagtes gekry toe ek my kind se moordenaars voor my sien staan. Die ergste was wanneer hulle in die beskuldigdebank omdraai en vir ons kyk, met ʼn glimlag op hul gesigte. Dis so asof hulle ons wil uitlok,” het sy vertel.

Deon sou op 12 Desember vanjaar 30 jaar oud geword het.

Die saak is die afgelope vier jaar herhaaldelik om verskeie redes uitgestel, wat nie net ʼn emosionele uitwerking gehad het nie, maar ook geldelike implikasies ingehou het. Die familie moes met elke hofverskyning iemand kry om hul onderneming te beman en kilometers ver na die hof ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

My siening ·

Ja die gemors moor net weer as hulle uitkom. Ons hoop jul lewe kan beter word want hierdie dra jy tot die dood!

vuurvliegie ·

Go Girl. Sterkte vir die familie in die moeilike tyd. Lag vir hulle na hulle gevonnis is.

Papsak ·

GO VIR HULLE GEMORS MOOR NET STERKTE VIR FAMILIE EN SY OUERS LAG HULLE SOMMER UIT LAAT HULKE HULLE VER BERE

Lillian ·

Niks kan ‘n geliefde terugbring nie, nie eens die tronkstraf van dié wat die moord gepleeg het nie. Mens leer maar net om met die smart saam te leef.

Botterblommetjie ·

Ek probeer my lewe positief leef….. ek probeer om soos die woord sê nederig te leef en net op God te vertrou, mense vry te spreek…. Ongelukkig is daar soveel aanslae, die berig, in my eie lewe en almal om my. As jy help is jy rassities, as jy jou mond oopmaak om iets goed te sê is jy rassities. Jou eie mense loop jou met besigheid in. Jy is bang om uit die huis te beweeg want iemand wag in elke hoek en draai, dalk in die boom voor jou huis. En ek bid bid bid….. Mag God hulle en elkeen wat veg teen hierdie bose in die lug, genadig wees….

ES ·

Hulle is arrogant verby. Ek weet nie hoe mense dit regkry om hul familielede se moordenaars te vergewe nie. Ek sal dit nie kan doen nie. Hulle het geen berou vir wat hul gedoen het nie, so jou vergifnis gaan op die ou einde net vir jou eie siel saligheid bring. Sodra hulle eendag weer uit is moor hulle weer, sonder om te skroom…

Swerwer ·

Baie sterkte Deon en Susan met die pad vorentoe. Tyd genees wonde maar ‘n mens heel nooit. Dit is die seerste seer wat daar sekerlik op aarde is, om jou kind te verloor. Mag daardie 7 beskuldiges in die tronk toegedien word wat hul aan ‘n onskuldige jongman gedoen het. Voor die doodstraf nie weer ingestel word nie, sal daar nie ‘n verandering in ons land plaasvind nie.

Windhond ·

7 van hulle om een boer plat te trek – vra maar die Britte, hulle weet hoe moeilik dit is om n boer onder te kry – Mevrou ek hoop jou impak verklaring is n sukses

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.