Ma stap kilometers van kliniek met dooie kind

Tina Shabeng en haar babaseuntjie, Onkabetse. (Foto: Verskaf)

’n Vrou van die Blydeville-nedersetting naby Lichtenburg in Noordwes moes verlede week kilometers ver, met haar dooie baba in haar arms, huis toe stap. Dit nadat verpleegsusters glo net hul skouers opgetrek het toe sy by ʼn kliniek om hulp gaan kom vra het en haar met haar seuntjie se liggaam huis toe gestuur het.

Tina Shabeng se sewe maande oue babaseuntjie, Onkabetse, het verlede week begin siek word. Volgens Aaron Mosiane, Shapeng se kêrel by wie sy woon, het hulle die baba teen Vrydag na die kliniek geneem.

“Die verpleegsters het nie regtig geweet wat die kind makeer nie en het gesê ons moet die baba ’n oplossing van gekookte water, suiker en sout ingee,” vertel Mosiane.

Mosiane was Saterdag by die werk toe Shabeng hom bel en sê Onkabetse haal nie asem nie en dat sy op pad is na die naaste kliniek.

“Toe sy by die kliniek aankom, het die verpleegsters die kind geneem en Shabeng gevra om buite te wag. Die verpleegsters het haar ’n paar minute daarna in kennis gestel dat Onkabetsi dood is.”

Onkabetse was glo reeds by sy aankoms by die kliniek dood. Die susters het Onkabetse se liggaam glo sonder enige verduideliking aan Shabeng oorhandig, eerder as om die liggaam daar te hou totdat die lykshuis die liggaam kon kom haal. Geen doodsertifikaat is ook uitgereik nie.

“Hulle het gesê daar is niks wat hulle kan doen nie en haar gevra om huis toe te gaan.”

Shabeng moes met haar babaseuntjie se liggaam – in haar arms – deur die nedersetting se strate huis toe stap.

“Volgens ons tradisie kan dit ander babas in die omgewing beïnvloed as jy met ’n dooie baba in die strate loop. Hulle kan dan ook siek word,” sê Mosiane.

By die huis het Shabeng die lykshuis gekontak om Onkabetse te kom haal. “Hulle het haar eers verwittig dat hulle nie plek vir Onkabetse se liggaam het nie, maar dat hulle ’n plan sal maak. Hulle het toe ure later daar aangekom en Onkabetse se liggaam weggeneem.

“Die ouens van die lykshuis was verbaas dat die kliniek die liggaam huis toe gestuur het en nie daar by die kliniek gehou het nie.”

Mosiane vertel hy het ná die voorval weer by die kliniek gaan aanklop om antwoorde te kry, maar niemand kon hom help nie. “Hulle wou nie met my praat en verantwoordelikheid aanvaar nie.”

Die gesin is erg getraumatiseerd en volgens Mosiane kan Shabeng nie ophou huil nie.

Hy self is teleurgesteld in die kliniek. “Ek is hartseer en kwaad. Dit is die heel eerste keer dat só iets met my gebeur. Die kliniek is veronderstel om die gemeenskap professioneel te dien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Corne123 ·

Ja tiepies ANC als opgemrs maar steeds word hulle in regering gestem

Chantel ·

Die het niks met die ANC te doen nie. Dit gaan oor blote onmenslikheid en daai mense is SIEK

SwartBees ·

Dit het als met die anc te doen…..BBEEE, kwotas, affirm action ens.

Nie Verbaas ·

Ongelukkig het dit baie met die ANC te doen. Dit is wat gebeur as die ANC se BEE beleid gevolg word en dan onbevoegde, lui en hopelose mense aangestel word in n posisie waar hulle nie die vermoë of menslikheid het om hulle werk te verrig nie.

JM ·

Kan ‘n mens so onmenslik en onsimpatiek wees?!
Die verpleegsters behoort swaar gestraf te word.

anniekiewiet ·

As hul salaris moes kry op grond van hul diens aan publiek, sou dit die beste diens ter wêreld gewees het.

VaalDonkie ·

Ja hartseer is dat die vrou se kind dood is. Om haar te laat huistoe stap met die lyk in haar arms is sadisties.

Trotse Boervrou ·

Dit is VREESLIK wreed. Dank almal wat aan diens was by daardie kliniek summier af. Hierdie arme, arme ouers…

Anel ·

En dan wil hulle ‘n Nasionale Gesondheid Sorg op die been bring? Behoede ons!!!! Hulle is onmenslik!!!

Magda ·

As dit my baba was het ek daai Hele kliniek omgekeer, hoop daai ONBEVOEGDE gemors van “susters” word aangekla van moord, as daai baba behandel geword het Vrydag sou so iets dalk nooit eers gebeur het ni. My innige simpatie aan di Mamma, maak seker mamma dat hulle di saak ondersoek, en daai gemors VERWYDER word by daai kliniek. Hulle hoort in di tronk.

Porseleintjie ·

Die spreekwoord lui “skoenmaker hou jou by jou lees”. Geen verpleegster kan ‘n dr se werk doen nie, maar dan nou weer word duidelik die voorbeeld gestel gevolg. Kyk hoe bevoeg is ons regering.

Mieke ·

Ai tog… die arme ma… so hartseer om ‘n kind te moet verloor op so’n manier. Maar, as ’n Geregistreerde n Verpleegster gekwalifiseer is in gemeenskapsgesondheid, mag sy beperkte diagnosis maak en medikasie uitgee. Dit is haar verantwoordelikheid om die kind ten minste na ’n dr te verwys. Dis die minste wat hulle kan doen (as hulle te lui of oningelig is!)

Wondermaarnet ·

Dit is so hartseer. Sy moes na die naaste polisiestasie gegaan het. Sleg goed wil werk hê, maar wil nie die werk doen nie. My hart breek vir hierdie mamma.

Chantel ·

FIRE daai sieklike verpleegsters. HULLE DOEN DIE NAAM VERPLEEGSTER GLAD NIE GOED NIE. Hoe kan mens so wees. Maak my siek.
Sterkte vir die mamma.

domheks ·

nuwe rainbow nation! neuk alles op. selfs vir ‘our people’

Misky ·

Daai arme ma en my hart gaan uit na haar. Onbevoegde lummels wat net salaris wil kry en nie die werk wil doen nie. Hoop hulle word swaar gestraf.

SwartBees ·

Trots gebring deur die anc.

Al wat hulle nou sal doen vir die ma om beter te voel is om haar naam te noem op tv as CR weer vir ons kom staan en lieg.

Swerwer ·

Verskriklik! Hoe op aarde moes Tina Shabeng nie gevoel het om met haar kosbare seuntjie se liggaampie in haar arms terug te stap nie. Hoe gevoelloos kan sulke “opgeleide” kliniek personeel wees?
Dit is absoluut onaanvaarbaar. Innige meegevoel en sterkte aan Tina.

AmY ·

Op ‘n tyd was verpleging ‘n passie gewees. Nou is dit vir sommige net nog ‘n werk. Dis bitter hartseer.
Sterkte aan die familie.

Surfer ·

N Werk, net n plek om op hul dik g##@( te sit en geld daarvoor te kry. Hulpelose spul.

...M... ·

Ek het nie woorde nie…….
Ek kan nie verstaan dat iemand so onmenslik kan wees nie.
Hoe sou daai persoon gevoel het as dit haar eie kind was??

Benita ·

Liewe vader arme arme vrou en die ou babetjie. Hierdie regering moet gekwalifiseerde mense aanstel. So jammer my skat vir jou hartseer.

JL ·

Absoluut tragies en onmenslik. My hart gaan uit na die mamma en familie. Die verpleeg personeel behoort strafregtelik aangekla te word. Hulle moes vroeër daadwerklik oopgetree het. Duidelik was die kindjie ontwater n a. Die suiker, sout en water oplossing wat gegee moes word. Hoekom is daar nie ‘n IV opgesit nie.

Toy ·

Sjoe dis darem verskriklik ongevoelig. Hier is tans verpleegsters in die beroep wat nie daar hoort nie. Dit maak mens siek hoe hulle optree en pasiente behandel, maak nie saak watter ras dit is nie. Hulle moet maar mense stuur by hospitale en klinieke en undercover werk en sien wie moet gaan en wie moet bly. Dit is mense se lewens waarmee hulle werk en nie net pille nie.

Aanhouer ·

Mense word doodgewoon soos diere behandel!!!
Daardie personeel moet summier vervolg word.

Tanya ·

Dit is heeltemal onwettig, daardie Susters het ‘n eed afgelé om mediese hulp toe te pas en dit sluit in om al die nodigste redes van ‘n afsterwe te ondersoek! Dis heeltemal onaanvaarbaar en elkeen van hulle moet aangegee word by die HPCSA om ondersoek te word en hulle rank te verloor! Hulle verdien nie om in die mediese veld te wees nie. My hart breek vir die Mamma & Pappa.

Adrie ·

Afgryslik. Die sisteem het hierdie Mamma gruwelik gefaal. Mag geregtigheid geskied. Rus in vrede liefste engelkind.

Louise ·

As hulle daai arme ou babatjie net opgeneem het en ordenklik behandel het, sou hy dalk nog geleef het!
Daai susters behoort aangekla te word vir strafbare manslag…
Sterkte vir die mamma, my hart gaan uit na jou toe!

Miena ·

Ek lees die artikel met my hele lyf wat deurslaan is van hoendervleis. Ek voel die woede en hartseer diep binne in my opsteek en my oe vol wemel van die trane. Dit is n baba, n mens, waar daarn asem en n glimlag was eens – en nou? Niks nie – net n herinnering. Hierdie is beslis n saak wat onder Dr Nicholas Crisp se aandag gebring moet word. Nie iemand anders nie. Hy kan werk maak van die situasie. Daardie mamma en pappa moet sommer e-posse stuur na al wat n Ministeriele Kantoor en Direkteur-Generaal pos beklee asook verskeie Nuus-platforms insluit soos Carte Blanche. Ek wed jou daai ma gaan nie eers n gesig kan onthou van 01 van die verpleegsters daardie dag nie – wat nog te se van n naam en van van enige iemand. Hulle moet so gou moontlik hulp kry asook van n Prokureur wat spesialiseer in Mediese Nalatigheid.

Benn ·

Dit is vreeslik sleg!! Skande!! Hoe gaan mens aan na sulke trauma!! Baie sterkte aan die familie.

Marius ·

Die minister het mos gesê hul sal enigeen van die straat af neem.en die ‘n verpleegster of suster maak. Nou ja dit is die resultaat. Kry vir julle.

Di ·

Goeie genade! Hoe kan hierdie mense so ongevoelig wees. Dis tipiese gedrag deesdae want meeste van hulle geen GEEN gevoel vir die pasiente nie, sit net daar om hulle salarisse te kry. RAAK ONSTLAE van hierdie useless mense en kry iemand wat ‘n passie het vir die werk. Hoop hulle word swaar gestraf vir dit wat hulle aan hierdie arme vrou gedoen het.

Jacques ·

Ek kan nie help om te wonder of dieselfde gebeur het tydens Apartheid nie. Het die onmenslike sisteem hom nie ook so gedra nie, en indien wel….. wat is die verskil tussen die huidige, en die vorige dan?

Wat is fout met die mensdom, dat mense so teenoor mekaar optree? Is dit ‘n kompetisie om te sien wie die “onmenslikste” kan wees?

Bytjie ·

So verskriklik hartverskeurend. Die realiteit is, daar sal niks van kom nie!
Onbevoegtheid oorheers

Skappie ·

Die arme mamma van hierdie kind. Mag onse Liewe Jesus julle deur hierdie moeilike tyd dra. En hoop daar word ondersoek ingestel by die kliniek.

Johann ·

skokkend die arme ma dit is iets wat geen ouer moet deur gaan nie.

lollapot ·

Ek is saam met hierdie mamma hartseer, teleurgesteld en woedend, maar tog is mens magteloos en uitgelewer aan hartelose elemente wat net NOG ‘n pos dek, en net NOG ‘n salaris trek . . .
Onkabetse, rest in peace baby angel! Tina, no good come come to these people. . .

anniekiewiet ·

Prof Searle, hoof van Tranvaal se verpleegdiens, draai in haar graf om… Nooit sou ons gewaag het om so vrot swak op te tree nie, maar sulke kômmin ongevoelige mense sou ook nie destyds verpleeg het nie. Liewe mamma, ons harte gaan uit na jou toe. Mag julle getroos word deur ons hemelse Vader.

Johann ·

Wel dis waarnatoe ons oppad is met die ANC se Nasionale Mediese Skema!

Lillian ·

Wat verwag julle? Hulle is nie daar omdat hul empatie of sympatie het met enigiemand nie, hulle is net daar vir die salaris en byvoordele.

Marlene ·

Dit is verskriklik! Ek kan / mag nie hier skryf wat ek nou hard op gesê het nie! Die arme mamma

Sandra ·

En hierso het ons president en leier ons al die mooi beloftes gemaak van slegte dienslewering wat nie geduld gaan word nie. Die vrouens by die kliniek moes hulself in die vrou se posisie gesit het, en twee keer gedink het voor hulle haar huistoe gestuur het met haar oorlede kindjie. Ek word sommer hartseer as ek sulke goed lees. Want waar is die empatie, en simpatie en behulpsaamheid wat daardie kliniek mense gesweer het toe hulle as mediese mense aangestel was. Ek sal dit verder vat as ek die ouers van die ou kleintjie was. My innige simpatie met julle.

Magda G ·

Dis bitter onmenslik. Die hartseer vd ouers is te erg. Dank die verpleegsters af,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.