Ma sterf ná aanval, verkragting by huis in Oos-Londen

Angelique Clarke Abrahams (25) is dood nadat sy ernstig in haar huis aangerand is. (Foto: Facebook)

Die gemeenskap van Oos-Londen is in rou gedompel ná die dood van Angelique Clarke Abrahams Dinsdag. Abrahams (25) se dood kom kort ná die moord op Leighandre (Bay Lee) Jegels.

Jegels, ʼn Suid-Afrikaanse bokskampioen, se polisiemanvriend het haar glo Vrydagmiddag in Mdantsane, buite Oos-Londen, doodgeskiet. Volgens die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat was die motief vir die moord ʼn huishoudelike geskil tussen die twee.

Abrahams was intussen sedert Donderdag in die hospitaal nadat sy in haar huis in Fynbos aangeval en glo verkrag is. Sy het verlede week ʼn beskermingsbevel teen haar vermeende aanvaller gekry.

Marion Peake, ʼn vriendin van Abrahams, het gesê Abrahams, ʼn kontroleklerk, het ná ʼn nagskof tuisgekom en die man in haar huis aangetref. Hy was goed aan haar bekend.

Hy het haar vyfjarige seuntjie glo kort tevore by ʼn buurvrou, waar die kind gebly het, gaan haal en na die huis geneem. Peake vertel daar het hy glo die seuntjie beveel om na ʼn slaapkamer te gaan en ʼn kombers oor sy kop te trek, omdat hy “vir mamma moet doodmaak”.

Peake het gesê Abrahams, ʼn epilepsielyer, is ernstig aangerand en verkrag en het tydens die aanval ʼn toeval gekry. Sy het byna haar tong afgebyt en kon weens die swelling nie behoorlik asem kry nie.

Ná die aanranding is haar vermeende aanvaller glo met die seuntjie by die huis uit. Die man het die kind ná die aanval by sy ouma gaan aflaai en verdwyn. Ná verskeie oproepe op sosiale media uit die gemeenskap – dat hy hom vir sy eie veiligheid aan die polisie moet gaan oorgee – het hy dit Donderdagaand gaan doen.

ʼn Buurvrou van Abrahams het onraad vermoed nadat die man en seuntjie by die huis uit is, en het na Abrahams in haar huis gaan soek. Sy het haar ernstig beseer daar aangetref.

Volgens Peake is Abrahams onmiddellik na die nabygeleë Empilweni-hospitaal geneem. Weens die bewering dat sy verkrag is, is sy egter na die Cecilia Makiwane-hospitaal oorgeplaas sodat monsters daar versamel kon word.

Abrahams is gister in dié hospitaal dood, waar haar ma, Maria, en seuntjie die afgelope paar dae by haar gewaak het, het Peake gesê. Sy het ná die aanval net nie weer herstel nie.

Peake het gesê die kind bly intussen by sy ouma.

“Die seuntjie is geweldig getraumatiseer. Hy is bitter slim, want hy moes so vinnig grootword,” het sy gesê.

Abrahams se ma, Maria Clarke, waak voor haar dood by haar in die hospitaal. (Foto: Facebook)

Weldoeners help intussen om die koste van die begrafnis vir Abrahams te help dra. Peake het ook gesê enige hulp vir die familie, wat dit nie breed het nie, word verwelkom. Die seuntjie het nog nie berading ná die voorval ontvang nie, maar sal hopelik binnekort, het Peake gesê.

Kapt. Hazel Mqala, polisiewoordvoerder, het gesê die 30-jarige man het Maandag in die hof verskyn op aanklag van ernstige aanranding en verkragting.

Die saak teen hom is uitgestel tot Oktober en hy bly intussen in aanhouding. Sy naam word weerhou totdat hy gepleit het aangesien hy op ʼn seksuele aanklag tereg staan.

Peake het gesê Abrahams se begrafnisdiens word vir 16 September beplan. Haar nadoodse ondersoek moet egter eers afgehandel word.

“Ek kan net hoop haar storie raak iemand aan, sodat daai mens betyds gaan praat … sodat sy betyds kan hulp kry,” het Peake gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Alco ·

Nee, nee, nee. Met ‘n regering wat teen ons gekant is, dink jy vir een oomblik hulle gaan nie van ons ‘n voorbeeld maak nie? Be careful what you wish for…

Magda ·

DOODSTRAF moet terug gevring word en ook vinnig gedoen word – nie jare vat voor die vonnis volstrek is nie.

Iemans ·

Mans soos daardie word nie deur die doodstraf af geskrik nie. Hul sal uit jaloesie en siels-versteurdheid moor sonder om vir n oomblik te dink aan die doodstraf. Maar dalk wil jy doodstraf terugbring, nie as n afskrik midel nie, maar ‘n vorm van wraak?

Hartverskeurend ·

Wat ñ siek wereld. Net God kan ons red van hierdie bose, misdadige samelewing ????

Iemamd ·

soos wat Hy die afgelope duisende jare doen? Ek vra jou, want selfs in die Bybel lees ons van moord op kinders en verjragting van vrouens. Dis n plaag so oud soos die mensmdom self.

Commie ·

…… and CYRIL/ANC play their lyres while Rome is burning

Iemand ·

Wat het die met die ANC te doen? As jy wil veralgemeen, kom ons gaan boetjie nader aan die waarheid. Waarom voel mans dat hul respek moet afdwing deur intimiderend te wees? Dis n afwaardse spiraal van geweld. Elke keer as so ‘n man noe sy sin kry nie of tenagekom voel dan is die realsie geweld. Waarom verkrag en vermoor mans uit wraak uit? Kom ons hou op om die ANC te blameer vir die. Ons blameer die skyldige. ‘n Man. Toevallig word die ANC waarvan jy so min hou bestuur deur n klomp mans.

DA BO ·

Kan iemand nou vir my se wat help n beskermingsbevel?? Hierdie land is verrot van die kop af. Dis wat jy kry as jy die duiwel vrye teuels gee. Godsdiens is uit die skole en parlement geneem. Van ons leiers is openlik Godslasterlik. Dinge word gese soos ” net God sal my uit my pos uithaal.”

Pottie ·

Hulle is die duiwel se kinders ons kan mos sien hoe gaan dit in die land

Iemand ·

Die buurvrou moes nooit toelaatvdat die man die kind vat nie. Sy moes die vrou bel, en sy moes die polisie ook bel. Maar wie weet, as hy nie die ma kon seermaal nie, sou hy dan seker die kind vermoor het om haar te straf.

RIV ·

Ek het so baie vir haar moordenaar te sê maar ek gaan eerder net vir haar geliefdes sê ek hoop dat God self julle sal troos en dat julle krag sal ontvang om die bitter seer trauma te hanteer. My innige simpatie.

treurgrond ·

Bring die doodstraf terug – almal is vry om net te doen wat hulle wil. Angelique RIV – my hart huil op die oomblik en asb Jesus kyk na die seuntjie Jesus want ‘n mens kan jou nie indink wat die seuntjie deurgaan nie. En die mamma wat by haar gewaak het hou haar styf vas Jesus.

Mariaan ·

Vark!!! Ek het SOVEEL om te se…maar mens is eintlik stom…arme vrou…en klein seuntjie wat dit moes hoor ens….siek siek!

Susan vl ·

My genugtig!Hoe de hel slaap die polisie en minister van veiligheid saans sonder n gewete…

Lynette ·

Susan vl…..wat op aarde het hierdie aanval en moorde met die minister OF polisie te doen?? Dis ‘n persoonlike aanval op haar deur iemand goed bekend aan haar….seker haar vorige kêrel of man. HOE sou jy sê moes die minister of polisie dit keer?

Melanie ·

NET vir dit wat daardie monster aan die seuntjie alleen gedoen het, moet hy die doodstraf kry!! nie te praat van die pragtige mamma nie.. Here hou haar seun veilig en maak hom groot om in U te glo, daai monster het reeds soveel van hom geneem.. Baie sterkte aan haar moeder, vriende en ou seuntjie.. Jesus sal jul nie faal nie.. bly glo.

Hanlie ·

Vra ek ook Susan, en moenie CR ook vergeet nie. Hulle het mos wagte wat hulle oppas!!!Sterkte aan die familie.

Jacques ·

Hanlie – Die samelewing het mal geword . Daar is nie respek vir die medemens nie . Met n begroting van R10 miljoen vir lyfwagte sal ek glo dat die regering nie gepla is oor die burgers se veiligheid nie .

Stelling ·

Ongelukkig in n derde wereld sal daar altyd hierdie vorm van misdaad voorkom. Dis gebrek aan opvoeding. Ons Konstitusie verbied doodstraf en alhoewel dit n proaktiwe oplossing is, is daar min kans dat dit ooit sal realiseer in ons leeftyd. Jammer mense maar SA is klaar. Afriforum moet nou planne maak om ander huisvesting.

Lynette ·

Hanlie….jou comment maak absoluut geen sin nie. Wat het wagte hiermee te doen? Moet die regering nou elke vrou wat deur haar man of kêrel aangerand word, vn wagte voorsien?

James ·

Ons beleef n tyd van Hell. Die satan kuier nou hier tot alles vernietig is.

Foxi ·

Hemel tog! Maar wat ek nie kan verstaan nie, hoekom eers n vrou onteer voor sy doodgemaak moet word? Wat is die sin daarin? Ek verstaan dit net nie…..

Lynette ·

Foxi…..dis duidelik dat haar man weerwraak wou neem….DIS hoekom.

Manie van Worcester ·

Probleem is dat mense regte in die land uit verband geruk is, hier word die klem op regte vir misdadigers geplaas. mense wat buite perke van beskawing optree se regte behoort nietig te word. Dit sal die prent verander

Manie van Worcester ·

Aan almal wat so bang is vir die doodstraf se terugbring, as jy niemand doodmaak of verkrag hoef jy dit mos nie te vrees nie. Of mis ek iewers iets? kan nie teen my gebruik word as ek nie misdaad pleeg nie

Carin ·

Ek dink aan die Coligny geval waar twee mans aan moord skuldig bevind is op getuienis van ‘n gewoonte leuenaar. Of die bosvarksaak waar ‘n man op die bure se plaas in die middel van die nag in ‘n mielieland gaan rondkruip het en toe vir ‘n bosvark aangesien is.

Canine ·

Ons is waar ons is agv regering wat totaal onbevoeg is en totaal uit hul diepte is. Die “Reg en verkeerd lyn” bestaan nie meer nie agv staatskaping, voortsetting daarvan en regering se onwilligheid om te vervolg en aksie te neem . Groot deel van bevolking wat swak diens, vals beloftes, self verryking van regering amptenare na die 2de “viva” aanvaar. Donker tye inderdaad.

Moeg ·

Ek self is in die proses om ‘n beskermingsbevel teen my eks te kry. Die emosionele afbreek en dreig is net so traumaties soos ‘n fisiese aanranding. Die vrees bly by ‘n mens vir ewig! En ‘n beskermingsbevel is net ‘n stuk papier met hopelik gevolge. Maar hoe sal mens ooit weet voor dit nie te laat is nie?

Verskil ·

Hierdie is verskriklik, maar het niks met die president of regering te doen nie.

Riaan ·

Dit het alles met die regering te doen. As daar wet en orde in die land was dan sou die goed nie gebeur het nie. Die president gooi n blinde oog op misdaad en maak asof dit nie bestaan nie. Kyk bietjie of julle sulke goed in Botswana sien gebeur…Nee mens doen nie want daar is wet en orde in daai land so dit is die regering se skuld dat dit gebeur hier by ons

Se maar net ·

tog het dit, is die regering se toedoen dat regstelsel oneffektief is en ook regering wat menseregte net vir misdadigers laat geld. Die regering het dit in sy mag om die stelsel te laat werk en die klem na regte vir wetsgehoorsame en beskaafde mense te verskuif

ES ·

Dit is die staat se verantwoordelikheid om geregtigheid te laat seevier. Die regering en die staat is nie dieselfde entiteit nie. Die regering kan verander maar die staat bly altyd dieselfde.

Ongelukkig word die wette deur die president afgeteken en hy gaan nie ‘n wet afteken of goedkeur om kriminele ordentlik te vervolg nie want anders gaan 90% van die lede van parlement krimineel vervolg word…

Hoop die mannetjie kry wat hom toekom.

Ben ·

Dit is n baie baie SIEK wêreld……hoeveel vrouens en kinders is al nie vermoor die laatste 2 maande net in die Kaap nie? En hoeveel in die res van die land? Ek is al so moeg gepleit hier: CRIMES MUST STOP!

hercu ·

ek is so siek & sat vir die onbevoegde cANCer regering se doellose niks doen ivm enigiets dat jy met my kan sweis!!

ALR ·

Indien jy nog nie aangesluit het by n organisasie/groep vir mishandelde vroue nie, doen dit asb so gou moontlik! Daar is baie raad en ondersteuning daar! Jys reeds op die regte pad! Vat jou lewe terug en veg die gemors! Ek hou jou en elke vrou en kind in jou posisie in my gebede!

Lizelda ·

Dis waarom ek vir 20 jaar reeds geskei en enkellopend is. Nie oor ek “slim” is nie, oor ek net TE BANG is! Net oor ek van al hierdie moorde op vrouens hoor. En dit soveel male deur n vriend…n man…n lewensmaat.

Nico ·

Die berig se goed bekend aan haar. Dis wel so want dis haar vervreemde man gewees n ene Clarke Abrahams. Daar is n blad op fb onder haar naam wat haar ouma gestig het en die storie tot gister wat sy oorlede is is daar op vir die wat wil volg

Vrede ·

Selfde situasie as ‘moeg’. Mens lewe daagliks, elke sekonde met die vrees. En nie maklik om uit so situasie te kom nie. Moet net aanhou bid dat dinge sal verbeter. Nooit ophou hoop nie

Leon ·

Ek dink dit is tyd dat ons na ‘n paar feite kyk. Die huidige samelewing is die groot oorsaak van wat gebeur. Die vraag is, hoekom verkrag mans. Die antwoord is, hulle wil beheer uitoefen.
Die Bybel sê vir ons die man is hoof van die huishouding. die samelewing en veral Suid Afrika, en die Moslem lande sowel as die VSA, druk vrouens nou voor en hulle kom nou meer in beheer posisies. Soos in Suid Afrika is hulle nie altyd reg vir die posisies nie, maar daar moet 50% vroue in die posisies wees.
Nou in Suis Afrika het ons die swart mans wat al vir duisende jare die hoof van sy huis was. Nou skielek is vroue in beheer. Hy is ontman. Hy is gefrustreerd. Nou haal hy sy frustrasie uit op vroue. Dit syfer nou deur na wit en gekleurde mans ook.
Die samelewing het die man ontman en daar gaan meer en meer aanrandings en verkragtings kom want die man is nie meer hoof van sy huis nie. die mense kan maar redeneer soos hulle wil.Die ontmande man gaan homself laat geld, ten koste van die vrouens. Dit sal stop waneer die balans reg is. Ek het niks teen vroue bemagtiging nie, maar die wyse wat dit gedoen word, frustreer die man.

Spook ·

@Leon ek hoor wat jy se.. Stem saam maar ook nie, ons vrouens kan in mags posisies wees by die werk maar steeds n geblanseerde huishouding lei. Ek dink die probleem is respek aan albei kante … En mans en vrouens wat verkrag en moor het nie n plek in die samelewing nie. Maar dit is waarheid ons vrouens vertrou op mans om te lei…. Maar elke man leier het n vrou waarop hy Steun…..ek is oortuig dat ons eintlik as n span moet saamwerk…. Nie een alleen nie… Die DAT ons in soveel maniere verskil maar mekaar tog aanvul

@ Leon ·

Leon ek stem met jou saam.

As daar teen die NATUURWETTE gegaan word, is die gevolg GROOT MOEILIKHEID.

Anne ·

Jammer jou redenasie is effens backward Leon. Ek verstaan jy praat nie verkragting goed nie, maar jy stop kort daarvan. En in die Bybel sal jy vind dat van die belangrikste werke en take deur vroue verrig was. Dink aan Jesus se moeder Maria se swangerskap en Josef se reaksie. Dis net een voorbeeld. Mens het altyd ‘n keuse hoe jy wil reageer. Dit frustreer vrouens wat meer bevoeg is vir ‘n werk om terug te staan vir mans. Maar moor en verkrag ons???

Lynette ·

Foxi…..dis duidelik dat haar man weerwraak wou neem….DIS hoekom.

Rooi Jan ·

Ek is soos die Engelsman sou sê “confused”. Die man se naam word weerhou omdat hy iemand verkrag het. Die vrou wat hy verkrag en vermoor het se naam en foto word op voorblaaie uitbasuin. So vir wie beskerm die wet en wetstoepassers hier?

charmaine ·

So LEON as n man dan nou “ontman” is gee dit hom die reg om te verkrag, te moor en n vrou aan te rand? Is dit n wettige verskoning? Die samelewing het verander vrouens hoef nie meer na n man se pype te dans nie of n man in te wag met pantoffels en die koerant nie, die lewe verwag dat vrouens net soveel bydrae in n huishouding en in die samelewing as n man soms veroorsaak mans ook dat hulle wel “ontman” word of nie die hoof van die huis is nie.

JohanL ·

Kan iemand asb aan my verduidelik hoekom enige oortreder se naam weerhou word, sodra dit gaan oor seksuele geweld? As dit moord is, word sy naam gepubliseer. As dit enige iets anders is, word sy naam gepubliseer. Hoekom nie spesifiek met seksuele oortredings nie? Wil net graag weet wat die redenasie is.

lh ·

My hart en gebede gaan uit na jou Maria Clarke! Dit kon enige een van ons wees, wat so oor ons kind staan in haar laaste oomblikke . . . Die foto breek absoluut my hart.

Pas haar liefie kind mooi op asseblief, en sorg dat hy vir berading gaan. Mag jy saggies rus Angeliqie . . .

Willie ·

Dis a baie siek wereld waarin ons is… Toe ek geskei is, het my ex-vrou gesord dat sy die kind wat naaste aan my was teen my draai. Om my by te kom… Gelukkig het n goeie emosionele intelegensie en ek is daar deur… mense speel op mekaar se gevoelens, maak seer, en het wendetas.. Dis nie altyd die geval… Mense speel met vuur… glos my ek weet waste hartseer iemand kan mee bring… Gelukig is ek daardeur en ek is vandag die beter mens…

Willie ·

@ Leon- dis n seining wat jy het en nie noodwendig reg of ver verkeerd… Daar is baie moeswilligheid daar buite… Waardes is by die deur uit… n samelewing van omgee is weg… kerk gemeenskappe gaan tot niet… Godsdiens is nie meer die steunpilaar nie… Respek en discipline heers nie meer… so kan mens aangaan…

Susan ·

Hoe ironies dat die identiteit van die misdadigers altyd weerhou word. Die slagoffers gaan hel deur, maar die misdadigers se identiteit moet beskerm word. Ons regstelsel is een groot KLUG.

Reinhardt ·

Sukkel om te begryp wat Jegels, die bokser se moord met hierdie artikel te doen het? Eerste sin van tweede paragraaf…

Poppie ·

Dit is maar net oor 2 vrouens van dieselfde dorp oor geweld dood is.

Koos B ·

Ek mag dalk mal klink maar as sy gesig bekend is aan die publiek moet die polisie hom loslaat want soos gemeld is hy nou in ares vir sy eie veiligheid.Hy kan mos ‘n weerbare vrou aanval so laat hy omsien na sy eie veiligheid ek is nie lus om sy kostes te dra nie.

tw ·

Reihhardt, albei is van Oos-Londen,nie n baie groot stad nie, beide in dieselfde week oorlede en beide deur mans met wie hulle, hulle lewens gedeel het. Beide moorde was gruwelik!!!

Lizzy ·

Die Bybel praat van SELFBEHEERSING. ń Mens kan nie net doen en moor soos jy wil nie. Daar is gevolge vir misbedrywe………… Baie sterkte vir d familie en d ou seuntjie.

Francois ·

Julle wat so Botswana-Botswana…gaan google bietjie afgelope paar jaar se verkragtings-statistieke….asb. Die gras lyk net groen anderkant die draad!

Erica ·

My hart is so seer vir hierdie vrou en haar geliefdes. RIV pragtige mens en weet dat daardie man eendag voor sy skepper gaan moet staan.

Rina Kotze ·

Bring die doodstraf terug en vinnig!!!

So ‘n saak moet binne ‘n maand afgehandel word!

Dit moet nou stop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.