Ma vas ná grumoord op gestremde seun

Argieffoto. (Foto: Kent Williamson)

ʼn 48-jarige ma, Stephina Sefekwane Chuene van Leshikishiki in Limpopo, het Donderdag in die Polokwane-landdroshof verskyn nadat sy na bewering haar 18-jarige gestremde seun se kop afgesny het.

Volgens brig. Hlulani Mashaba, polisiewoordvoerder, het die grumoord Vrydag omstreeks 13:00 plaasgevind.

“Die polisie het by hul aankoms op die toneel, langs ʼn plaaslike taverne, op die 18-jarige seun se onthoofde liggaam afgekom. Hy het nog in sy rolstoel gesit en sy kop het op die grond langs die rolstoel gelê.”

Mashaba sê die polisie het onmiddellik met ondersoeke begin.

“Na deeglike ondersoeke is die seun se ma opgespoor en vir die grumoord op haar gestremde seun in hegtenis geneem.”

Die polisie het ook op ʼn mes wat op die toneel gevind is beslag gelê wat na bewering deur Chuene gebruik is om haar seun se kop af te sny.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris, het die grumoord ten sterkste veroordeel.

“Dit is ʼn hartverskeurende voorval wat die ganse gemeenskap én die polisie geruk het.

“Dit is die polisie se plig om die publiek te beskerm en te dien, maar ouers speel ʼn belangrike rol om hul kinders veilig te hou. Hierdie verskriklike daad waarin ʼn seun deur sy eie ma op die wreedste denkbare manier vermoor is, is onaanvaarbaar. Mag geregtigheid sonder enige vrees of guns geskied,” sê Hadebe.

Die motief agter die gru-aanval is nog nie bekend nie.

Chuene bly agter tralies totdat sy volgende week in die hof vir ʼn formele borgtogaansoek verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vonkprop ·

Ja wat. Kom ons veroordeel maar weer sonder om daadwerklik op te tree. Hierdie goed en ander misdaad gaan nie ophou voordat daar nie daadwerklik opgetree word nie.

Delia ·

Ja Manie. Onthou ook gerus die Griekwastad moorde en die Krugersdorpe moorde en so kan ek aangaan. Moenie almal oor dieselfde kam skeer nie

Michael ·

Nie eers ‘n dier sal sy kind leed aan doen nie ,hoe verwys n mens na so ‘n item.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.