Ma verdink van moord op 13-jarige seun

Argieffoto (Foto: Niek Verlaan/Pixabay)

ʼn 36-jarige ma van Volksrust in Mpumalanga sal Maandag in die distrikhof verskyn op aanklag van moord en twee aanklagte van poging tot moord.

Die vrou word daarvan verdink dat sy haar 13-jarige seun met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het. Die vrou se agt maande oue babadogtertjie en 63-jarige ma het tydens die voorval ook meswonde opgedoen.

“Die polisie in Volksrust is Vrydag in kennis gestel oor ʼn bakleiery by ʼn huis,” sê kol. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie. “Hulle moes die deur oopbreek om toegang tot die huis te bekom. Die 13-jarige is dood aangetref in die sitkamer. Hy het ʼn meswond aan sy nek en bors opgedoen.”

Die vrou se ma het in die toilet weggekruip. Sy het ook ʼn meswond aan haar onderlyf opgedoen.

Die beseerde baba was saam met haar ma in dieselfde kamer. Die vrou is in hegtenis geneem.”

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.