‘Maak voorbeeld’ van polisiebeamptes, sê VF Plus

Lede van die polisie en weermag op patrollie tydens die staat van algehele afsondering. (Foto: SA Weermag/Twitter)

Die VP Plus-leier, Pieter Groenewald, sê dit is onaanvaarbaar dat die polisie voorgee om hom te verbind tot die uitspraak in die Collins Khosa-saak waarin polisiewreedheid teenoor die publiek sterk veroordeel is, terwyl dit in die praktyk steeds voortduur.

Khosa, ʼn inwoner van Alexandra in Gauteng, is dood nadat wetstoepassers sy erf binnegekom en hom glo erg aangerand het. Khosa is daarvan beskuldig dat hy die afsonderingsregulasies oortree het.

Groenewald sê die jongste voorval in die Strand waartydens ʼn vrou wat besig was om te draf hardhandig in hegtenis geneem is, getuig daarvan dat die polisie nie voldoen aan die basiese riglyne nie.

Maroela Media het vroeër berig ʼn hoëvlakondersoek word gedoen ná die inhegtenisneming van die vrou. In ʼn video van die voorval kan die interaksie tussen haar en ʼn polisielid gesien word, waartydens sy aan die hand tot by ʼn polisievangwa getrek word.

Die vrou is in hegtenis geneem, maar kort daarna vrygelaat nadat speurders geen gronde kon vind om haar aan te kla nie.

“Daar moet nou ʼn voorbeeld van die betrokke beamptes gemaak word om die boodskap uit te stuur dat dié soort optrede teen die publiek onaanvaarbaar is,” het Groenewald gesê.

Groenewald sê hy het die adjunk-minister van polisie, Cassel Mathale, vandeesweek tydens ʼn parlementêre portefeuljekomiteevergadering op die voorval gewys. Mathale het in antwoord op ʼn vraag van Groenewald gesê Vrydag was die sperdatum vir die opstel van ʼn gedragskode vir die polisie en die weermag om onder meer ʼn meganisme in te stel wat dit vir die publiek moontlik sal maak om voorvalle van magsmisbruik aan te meld.

Dit is gedoen in opdrag van regter Hans Fabricius wat uitspraak in die Khosa-saak gelewer het.

Groenewald sê op nog van die party se vrae het dit aan die lig gekom dat onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) nie weet wanneer klagtes teen die polisie met die afdwing van afsonderingsmaatreëls verband hou nie.

“Dit bemoeilik ʼn sinvolle evaluering van magsvergrype tydens die ramptoestand. Om onwettige inhegtenisnemings te identifiseer en te behandel moet daar duidelike onderskeid getref word tussen Covid-19-verwante gevalle en gewone gevalle,” het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willem ·

Daai ou met die hoed sal nooit iets verkeerd sien wat sy trawante aanbetref nie.

Albert Willem ·

Dis hoe hulle wegkom met alles, en arme mense deur hulle onnosselngedrag nie eers hulle eie werk ken nie

Chris ·

Die man met sy kortmou hempie en sonder masker. Is ‘n goeie voorbeeld van waarom lede en werksplekke geraak word.

Nico ·

Wie is die ou wat sonder ‘n masker sy werk doen kan hy ook nie aangekla word nie, die dra van maskers word op die publiek af gedwing. Wees regverdig.

Sarel ·

Ons hoor net altyd sake word ondersoek maar daarby bly dit. Hierdie mense terroriseer gewone wetdgehoorsame mense terwyl misdadigers op straat vrygelaat word. Ek dink hulle gaan voort met die gedrag omdat hulle Polities beskerm word.

Fedup ·

Such a shame that flogging someone in public is illegal. That would have made a great example for those who think they can hurt or even kill another human.

Catantho ·

Die SAPS en SANW het olv Cele perspektief verloor. Ipv Covid 19 voorsorgmaatreëls te help implementeer, het hulle op brutale manier, en met skynbare toestemming, elke burger se vryheid en reg tot privaatheid geskend. Onder die vaandel van Covid 19, begin roof, plunder en moor. Dit moét strafbaar wees. Nie net die individuele nie, maar ook die verantwoordelik vir die toestand – soos met enige maatskappy in Suid-Afrika.

Francois ·

Dank daai polisie lede af. Ons sal seker nooit verder hoor wat gebeur het nie

Kobus2 ·

Kan dit nie verstaan nie. Een wit vrou word langs die pad aangeval omdat sy “op die verkeerde plek op die verkeerde tyd” was. Gaan kyk in die townships hoe wemel dit van mense. Mens sou sweer daar’s nie ‘n ‘pandemie’ nie en tog nie een enkele polisie voertuig of polisie personeel in sig nie? Dit is inderdaad soos ‘n vriend oorsee dit stel: it seems like South Africa is fighting two pandemics – Covid 19 and stupidity.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.