Maatskappye moet opdok ná bedrog met wêreldbeker

Die Groenpunt-stadion in Kaapstad. (Foto: Arne Müseler via Wikimedia Commons )

Top‑ Suid-Afrikaanse maatskappye wat van kontrakbedrog beskuldig word vir die bou van die 2010‑Fifa-wêreldbekerstadion in Kaapstad, moet nou meer as R93 miljoen in ’n skikking buite die hof betaal.

Luidens ʼn gesamentlike verklaring het die konstruksiemaatskappye WBHO, Stefanutti Stocks en Aveng Africa ʼn ooreenkoms met die Kaapstadse metro bereik om die agt jaar lange dispuut oor die bou van die Groenpunt-stadion te besleg.

Die skikking sluit ’n betaling van R31,3 miljoen deur elke kontrakteur oor die volgende drie jaar in.

“Daar is wedersyds ooreengekom dat dit in die beste belang van alle partye is om tot ʼn minlike skikking oor die aangeleentheid te kom eerder as om ʼn uitgerekte, duur arbitrasie- en hofproses verder te verleng,” lui die verklaring.

Suid-Afrika het R20 miljard aan die bou en opknapping van 10 stadions bestee wat destyds vir die sokkertoernooi gebruik is.

Vyf stadions is nuut gebou, waaronder die 95 000-sitplek Soccer City in Soweto (nou die FNB-stadion), wat die opening- en eindwedstryde aangebied het.

Altesame 21 maatskappy het in 2014 erken dat hulle bedrieglik opgetree het en skikkings van altesame R1,4 miljard rand betaal.

WBHO, Stefanutti Stocks en Aveng Africa het egter aanvanklik enige wangedrag ontken.

Die Mededingingskommissie het destyds gesê dat tientalle firmas oor die megaprojekte “saamgespan” het om bedrog te pleeg – onder meer deur tenders aan mekaar toe te ken en koste op te jaag.

Geordin Hill-Lewis, Kaapstad se burgemeester, het die skikkingsooreenkoms van R93 miljoen verwelkom.

Volgens hom is ʼn sosiale belegging van minstens R42,5 miljoen vir sonkragstelsels in die metro gewaarborg.

Hill-Lewis hoop ook dat die skikking ʼn presedent sal skep wat kontraksamespanning in die toekoms sal verhoed.

“Die konstruksiebedryf het die uitwerking van swak ekonomiese groei oor die afgelope dekade gevoel, en die herstel van dié sektor is deurslaggewend vir ekonomiese groei en werksgeleenthede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Waarnemer ·

Wst vsn die mpye wat die land so ingedoen het met die bou van Kusile en Medupi kragstasies?Gaan hulle ook opgeskroef word?

E ·

Gauteng e-toll – het 3X keer gekos wat dit in ander lande sou gekos het. En toe moet motoriste betaal vir die spul.

Misky ·

Goed en wel, maar waar gaan daai geld opeindig? Nie SA se geldkoffers wat die oorspronklike R20 miljard gegee het nie. Hou maar mooi dop Mnr. Hill-Lewis.

Manie ·

Geen uitsonderings nie asseblief, hoekom gaan een bedriëer tronk toe, maar ‘n ander kan buite die hof skik vir bedrog?

E ·

Ja nee vra dit en OOK nog maar ‘n druppel teruggee van wat hulle net gevat het.

Kensy ·

90 % van tenders in hierdie land is uit verband uit op geblaas! Self in die privaat sektor. Hoekom is daar nie lankal aan n ander konsep gewerk om dit hok te slaan nie. Alle tenders moet op n openbare platvorm gepubliseer word sodat dit deur die publiek gesien kan word…. dan sal dinge soos die R22 mil vlae nie eers bespeek word nie

Madeleine ·

En paaie lyk Sleg en mense het nie huise en kinders het nie kos.

Miena ·

Ek mag niks se nie want my man werk vir “Wanneer Betaal Hulle Ons” en ek en my het self op Kusile gewerk vir die JV (4 groot mpye), my broer vir n ander mpy wat oorgekom het vanaf Medupi na Kusile toe. Daar was gereeld agter die toe deure gepraat en gekuier. Wat gese was sal ek nie kan se nie… sien maar net!

Burgermeester ·

Hoekom enige land ‘n Olimpiese spele of ‘n Wêrelbeker wil aanbied is buite my begrip. Daar is baie navorsing wat bewys dat daar werklik geen finansiële voordeel is nie. Inteendeel, dit plaas onnodige finansiële las op ‘n land.

Swerwer ·

Wonder waarom die identiteit van die “Top‑ Suid-Afrikaanse maatskappye” beskerm word.

Kirst ·

Mense kla graag oor korrupsie in die openbare sektor. Dit is ongetwyfeld ‘n probleem, maar “it takes two to tango”. Niemand kan omkoopgeld aanvaar as niemand bereid is om omkoopgeld te betaal nie. En in hierdie voorbeeld was die openbare sektor nie eers ‘n party tot die korrupsie nie.

Jacobus ·

Soos foto getuig het die wil “korruptes” iets wat sigbaar is nagelaat – en die wat bruin koeverte gekry het – skoon veld!

schalk ·

Aveng is bankrot hulle voertuie word op veilings verkoop nou waar gaan hulle nou die aardige bedraggie kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.