Mabuza bedank as LP

David Mabuza het vandeesweek as parlementslid bedank. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

David Mabuza het bedank as parlementslid (LP) en het daarmee ook sy termyn as adjunkpresident van die land beëindig. Mabuza het verlede maand al aangedui dat hy wil uittree.

Die presidensie het Woensdag bevestig dat Mabuza as LP bedank het. Pres. Cyril Ramaphosa het sy dankbaarheid en waardering met Mabuza betuig en hom geloof vir sy “uitsonderlike bydrae” tot die land oor die afgelope vyf jaar.

“Die adjunkpresident het die verantwoordelikhede van sy amp met toewyding onderneem. Ek is dankbaar vir die steun wat hy regdeur sy termyn aan my gegee het en vir die leierskap wat hy vir die regering se werk gegee het,” sê Ramaphosa.

Die president sê Mabuza het in sy termyn met tradisionele leiers, militêre veterane, burgerregtegroepe en internasionale liggame geskakel.

As leier van regeringsake het hy die verhouding tussen die uitvoerende gesag en die parlement “vaardig bestuur” en gewerk om te verseker dat die transformerende wetgewende program van die regering bevorder word, sê Ramaphosa.

Die speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het Mabuza sterkte met sy toekomsplanne toegewens en hom bedank vir sy diens aan die land tydens sy termyn as LP en lid van die uitvoerende gesag.

Paul Mashatile het Mabuza in Desember by die ANC se nasionale konferensie as adjunkpresident van die regerende party vervang en Mabuza beklee ook nie meer ’n posisie op die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) nie.

Volgens die presidensie sal Ramaphosa “ter gelegener tyd” ʼn aankondiging oor ʼn nuwe adjunkpresident doen.

Intussen word daar nou al weke lank bespiegel oor Ramaphosa se verwagte kabinetskommeling. Veral die aanstelling van die nuwe minister van elektrisiteit, ʼn portefeulje wat Ramaphosa in sy staatsrede bekend gemaak het, sal fyn dopgehou word.

Enoch Godongwana, minister van finansies, is vandeesweek as LP beëdig – een van vier ANC-lede wat die afgelope ruk as LP’s beëdig is. Mashatile, Maropene Ramokgopa, die ANC se tweede sekretaris-generaal, Sihle Zikalala, LUR vir samewerkende regering in KwaZulu-Natal, en Parks Tau, voormalige LUR vir ekonomiese ontwikkeling in Gauteng, is reeds as parlementslede beëdig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Fran ·

Good riddens……’bedank vir sy diens aan die land tydens sy termyn as LP en lid van die uitvoerende gesag.’ Goeie genugtig hy het absoluut NIKS gedoen nie!!! Vat ‘n VET pensioen en doen nog steeds niks. Die vent se naam word ook genoem as die grootkop in Mpumalanga se steenkoolmafia. Een van die grootste skelms in die land.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hy is ookal vergiftig deur ‘n vyand. Moet gereeld in Rusland behandel word.

Vettiemaragartos ·

Tata baai! Nou kan jy permanent in Rusland gaan bly.

voor ek vergeet ... ·

Kan nie help om te wonder wat Pravin Gordhan van sy “bedanking” dink nie?

Kobus ·

Wie is hy? Net van hom gelees wanneer hy dokters in Rusland besoek het. Blykbaar was al die Kubbanse dokters maand vooruit bespreek

Eugene ·

Ja ‘n bewese swak leier sal seker ‘n ander swakke prys want hy weet nie van beter nie. Wonder wat het ons betaal vir Mabuza se ekskursies na Rusland

Manie ·

Ek het ‘n gevoel die man weet meer as wat hy voorgee…………

JohanR ·

Dankie tog. Was daar ‘n meer nutteloos in 28 jaar van ANC regering! Wat het die ou nou eintlik in sy 5 jaar gedoen?

voor ek vergeet ... ·

“uitsonderlike bydra” en “vaardig bestuur” – Soms gebruik ‘n mens aanhalingstekens om te wys dat jy iets ironies bedoel. Byvoorbeeld: Die hoofverdagte is die versekering gegee dat ʼn “vrywillige” bedanking beter op sy diensrekords sal vertoon as ʼn afdanking weens die beweerde oortredings.

Papsak ·

Ag dit niks snaaks laat hy gaan nie hy niks nog vir hierdie land gedoen nie so vat pie en waai bye

Casper ·

Fran,om by jou aan te sluit Hy word genoem in die steenkool skandaal,maar verbeel ek my of was daar sprake dat hy as premier van Mpumalanga moordbendes gehad het wat sy teenstanders “uitgehaal” het.Nou met die eskom debakel word weer gepraat van kartelle,nou wonder ek maar net.

Astrain ·

Dankie dat jy Mpumalanga op sy knieë gedwing het.
Dis al waarvoor ons jou kan bedank.

Eugene ·

Dankie tog. Jy is seker klaar in rusland. Stel Andre de ruyter aan as adjunk president.

Yvonne ·

Ek moet se hy het dalk harder gewerk aan sy eie sake as vir die parlement…baie sake wat wag vir hom

Nie Verbaas ·

Hier steek iets after Mabuza se bedanking. Hierdie mense klim nie net so sonder rede van die soustrein af nie. Hier kom iets groter.

Chopper ·

“uitsonderlike bydrae” Ha ha. Net nog een van die parasiete wat ons swaarverdiende belasting geld opvreet en nog meer…….

Wildemien ·

Met so baie suksesse agter sy naam , volgens die pres, kwalifiseer die man vir Eskom se nuwe CEO!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.