Magudumana glo in tronk aangerand

Nandipha Magudumana beweer dat ‘n medegevangene haar in die tronk aangerand het. (Argieffoto)

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het ʼn ondersoek gelas nadat Nandipha Magudumana, medebeskuldigde van die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester, aangevoer het dat sy in die tronk aangerand is.

Magudumana voer aan dat ʼn ander gevangene haar aangerand het.

“Die DKD ondersoek die omstandighede tydens ʼn vermoedelike gebedsbyeenkoms in ʼn ander sel as dié van Magudumana. Berigte oor ʼn beweerde onderonsie en ʼn stamp teen die tralies kan bevestig word,” sê Singabakho Nxumalo, DKD-woordvoerder.

Amptenare van die departement het Magudumana aangeraai om ʼn strafregtelike klag aanhangig te maak, “maar sy het verkies om dit met haar regsverteenwoordigers te bespreek”.

“Gesondheidsorgwerkers van die departement het ook ʼn ondersoek [van Magudumana] gedoen en geen sigbare beserings gevind nie,” sê Nxumalo.

Volgens die departement is die veiligheid en welstand van gevangenes sy grootste prioriteit en enige sodanige bewerings word ernstig opgeneem. “Die voorval word gevolglik ondersoek.”

Maroela Media het vroeër berig die voorverhoorkonferensie in Bester, Magudumana en hul sewe medebeskuldigdes se saak is tot 5 Junie uitgestel.

Bester dien lewenslange tronkstraf uit vir twee aanklagte van verkragting en een van moord. Hy het in Mei 2022 uit die tronk ontsnap, glo met die hulp van Magudumana en verskeie tronkbeamptes. Die beskuldigdes staan tereg op altesaam 16 aanklagte, waaronder bedrog, korrupsie, hulp aan ʼn gevangene om te ontsnap en lykskending.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Aai ·

Rerig hou seker van die aandag jy gaan nog baie gestamp word dit is die lewe wat jy gekies het.

Hendrik ·

Geen simpatie nie!! Wat kan jy van haar anders verwag as n liegstorie?

Porseleintjie ·

Gaan dink hoekom jy daar sit. ‘n Stampie is niks in vergelyking daarmee nie.

Shakespeare ·

Doen dit weer ! Julle het maar n “sorry” joppie gemaak. Die uitvaagsel hoort tot in die hospitaal in aangerand te word.

Minnie ·

Geen simpatie van my kant af nie.
Het sy gedink sy gaan spesiale vergunnings innie tronk kry omdat sy n graad het?
Dis net n stukkie papier poplap, jy is nou n krimineel……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.