Deur Daniel Steyn en Becker Semela, GroundUp
Daar het Woensdag groot drama in die landdroshof in Bloemfontein geheers toe die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester se vriendin, Nandipha Magudumana, kort voor die aanvang van die verrigtinge flou geword het.
Volgens Magudumana se regsverteenwoordiger, Machini Motloung, het sy in die selle by die Parkweg-polisiestasie in Bloemfontein flou geword. Sy is per ambulans hospitaal toe geneem vir mediese behandeling.
Sy is daarna na die hof gebring, maar het glo geweier om te verskyn en het in die hofsel gebly.
Bester en sy medebeskuldigdes het wel vlugtig in die hof verskyn waar landdros Estelle de Lange die saak uitgestel het. Die saak is tot 21 Februarie aanstaande jaar uitgestel wanneer die verhoor na verwagting sal begin. Die verhoor sal in die hooggeregshof in Bloemfontein plaasvind.

Die klagtes teen Tieho Makhotsa (links) en Nastassja Jansen (middel) is teruggetrek. Zanda Moyo (regs) bly in aanhouding tot hy weer in Februarie 2024 in die hof sal verskyn (Foto: Becker Semela/GroundUp)
Die saak hou verband met Bester se ontsnapping in Mei verlede jaar uit die Mangaung-maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein.
Tydens die hofsaak het die staatsaanklaer, adv. Amanda Bester, die aanklagte teen tronkbewaarders Nastassja Jansen, Thabang Mier en Moeketsi Ramolula teruggetrek. Hulle was almal werkers van die private veiligheidsmaatskappy G45.
Minder ernstige aanklagte staar hierdie beskuldigdes in die gesig.
Bester se nuwe regsverteenwoordiger, Jan Loubser, het homself aan die hof voorgestel.
Kabelo Matee, wat Bester voorheen verteenwoordig het, het aan die hof gesê hy is nie as Bester se regsverteenwoordiger in die saak verskoon nie en dat sy mandaat nie beëindig is nie.
De Lange het vir Bester gevra om uitsluitsel daaroor te gee. Hy het in die hof opgestaan en gesê hy wil graag albei regsverteenwoordigers in sy regspan hê. De Lange het gevolglik vir Matthee en Loubser aangesê om die saak onderling tussen hulle op te los.
Mathee het later namens Bester aan die hof gesê dat sommige van sy telefoongesprekke met Bester deur die departement van korrektiewe dienste opgeneem is wat hom verhoed om openlik met sy kliënt te praat.
Bester, Magudumana en medebeskuldigde Zanda Moyo bly in aanhouding tot die volgende hofverskyning. Die ander beskuldigdes is vroeër op borgtog vrygelaat.
- Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp gepubliseer en word met vergunning op Maroela Media gebruik.
Sy is ‘n toneelspeler wat hou van aandag. Wens net hulle wil ophou om hofsake uit te stel. Hoekom nie net die saak afhandel nie?
Te veel menseregte.
Ja, maar geen slagoffer-regte nie. Ongelooflik!
Hierdie vrou speel vir tyd. Sy was ‘n dokter en ken die truuks hoe om flou te raak wanneer dit haar pas. Sluit toe en gooi weg die sleutel.
Ek het ook sopas flou geword…… regtig!
mmm, ja. ek sal ook flou word as ek weet ek gaan lank in die tjoekie sit. Sy moes daaraan gedink het voordat sy die onbesonne gedoen het.
Soek simpatie.
Ongelooflik! Totaal gewetenlose boosheid wat die regs stelsel misbruik en manipuleer…en daarmee wegkom? Speel vir tyd.
Het leuen het korte beentjes … al nael het hoe snel, de waarheid agterhaal het wel. Só lui die Hollandse spreekwoord oor mense wat lieg en dink hulle kan met hul leuens wegkom.
Ou troetjie
Hulle behoort in die tronk te vrot.
Ek dog die Oscars is in Maart.
Briljante antwoord.
Goeie een!
Nou, toe, en wat het haar makeer? En wie is sy om te weier om te verskyn? Genade tog! Wys net wat se respek is daar vir ons regsteksel. En kriminele het daarby nog die laaste sê ook! Verregaande! Gelukkig bly hulle in die tronk! Kry vir julle!!!
Sy en haar makker Bester wil die kitaak tokkel en besluit wanneer hulle wil verskyn en die howe val daarvoor.
Geweier om uit die hof sel te kom . 3 maande vir minagting van die hof sal rede wees om flou neer te slaan . Hulle kan haar op ‘n draagbaar inbring .
Is daar ‘n handboek in omloop hoe om hofverigtinge te vertraag deesdae beskkbaar in Suid-Afrika
Almal by die zuptas geleer om regstel om hulle vingers te draai. Regstelsel soos prez – geen ruggraat.
Speel lekker victim.
Wat van al die victims wat in hul grafte lê.
Zuma het al die skelms mooi geleer hoe werk dit om die gereg te vermy. Kan nie wag om te sien wat sy volgende gaan probeer nie.
Lekker ou drama queen Magudumana, jy sit tot 21 Februarie aanstaande jaar !! Kry vir jou ha.ha.ha !
Agh toggie…hulle Kan so aansit…
Hoe lank gaan die SABC ons pynig met die sirkus?
Tot n blanke prokureur wat wil geld skep is in die prentjie.
Hou net bietjie op hofsake uit stel en sluit toe en verhoor wie moet hulle rek en trek alles te lank uit regtig sy soek aandag en sal dit kry glo my hulle kry mos alles reg
Konsert
Van waar kry ñ gevangene die reg om te weier om in ñ hof te verskyn? Ñ gevangene het geen regte nie of hoe verstaan ek dan ons “regstelsel”.
Vra ek ook…
Hoe op aarde kan die klein merie net wyer om uit haar sel te kom en te getuig? Wat ‘n sirkus….. met tandloose sirkus leeus as regters.
Maklik om regstelsel te manipuleer. Geen wonder krimenele sake word net nooit afgehandel nie
Sy is besig om na Zuma move te trek om uit die saak te kom
Dié hofsaak ontaard nou in ‘n sirkus. Sy probeer alle truuks om te probeer wegkom/ontsnap.
En die veiligheidsmaatskappy is G4S, en nie G45, nie.
Oooooh the theatrics!!!!!
Soos hulle sê , ja right. Sy begin nou al voorberei vir mediese parool.
Her Highness, Madam Dokter het darem baie selfvertroue as sy haar pruik en rooi lipstiffie by haar het.
Seker tandepaste met louwater gedrink?!?!?
Is dit hoe mens ‘siek’ kan speel. Jy gee my nou ‘n goeie resep …
Ag asseblief….enige iets om nie te verskyn nie. Daai was 100% toneelspel. Niks sal my anders oortuig nie.
Baie vinnig om te moor ens. maar nie bereid om gevolge vir hul gruwel- dade te dra nie.
Ek wonder net of verhoorafwagtende gevangenes spesiale behandeling kry en of hulle in selle saam met die wat reeds gevonnis bly. As ek so na haar foto’s kyk lyk dit of sy daagliks ‘n skoonheids salon besoek
Mediese parool is volgende.
Ek kry die idee hierdie lotjie dink hulle speel in een of ander drama!!!
Sluit hulle toe en gooi asb die sleutel weg!!!!
Siestog, shame julle moet haar JAMMER kry. Die verontregte dingetjie. Kry vir jou dame!
Van wanneer af het kriminele regte? Sy het geweier ? Dis omdat die vroumens weet sy is so skuldig soos 10
Die arrogansie en vermetelheid van die sogenaamde Dokter verstom my! Is daar regtig iemand wat haar glo? Weier om in die hof te verskyn! Is daar dan niemand wat haar kan vasvat en vertel presies wat haar regte is nie! Uiters swak maar voorspelbaar waar dit ons regstelsel aangaan!
Sy weier om te verskyn?????????????? “Since when” het aangeklaagdes die reg om te weier om voor ‘n hof te verskyn?????????????? Sy moes mos dan nóg ‘n klagte – minagting van die hof – teen haar gekry het. Dit wil my voorkom sy dink sy is Jacob Zuma-se-aangetroude-buite-egtelike-agter-kleinniggie, want sy dink sy is “untouchable”. Sjame, moet ons haar nou jammer kry oor sy flou geval het … of voorgegee het dat sy flou val? “Sorry, girlie – you do the crime, you do the time”. Jy het willens en wetens saam met ‘n vroue-verkragter en -moordenaar geslaap en gewoon, toe help beplan aan sy ontsnapping en jy dink mense gaan jou jammer kry?
Jan Loubscher…….hoeveel word jy betaal om die Thabo te verdedig. En jy gaan probeer om hom los te kry. Sjoe!!!!
Sy is twee keer mediese hulp aangebied wat sy geweier het…lyk my die dr is n aandag soeker en hoop dit gaan in haar guns tel om pateties voor te kom …nou word Dhali Mpofu ook weer betrek as Bester se verdedigings span…hier kom weer n uitgerekte saak soos met Zuma en die gewees OB,…slaan my hande saam
Drama queen…….
Is sy nie dalk ook ‘n fake dokter soos die een by Helen Joseph nie?
Ek het gehuil toe ek die lees – nie! Arme ding. If you do the crime, then do the time! Dink nie tronk gaan lekker wees vir die arrogante.