Makelaar vas oor R1,7 miljoen-bedrog

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Zama Precious Ngubane (39) het in die Tsakane-landdroshof in Brakpan verskyn op aanklag van bedrog en diefstal.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê drie kliënte het in April verlede jaar glo ʼn konsultasie by ʼn Nedbanktak in Brakpan gehad om saam ʼn bedrag van R1,7 miljoen te belê. “Tydens die konsultasie is die kliënte glo verwys na ʼn privaat beleggingsmakelaar, Ngubane, wat die direkteur is by Ezamankomo.”

Ngubane het glo winsgewende dividende vir die voornemende beleggers gewaarborg vir ʼn vyfjaarbelegging by haar maatskappy.

Die Valke het Ngubane Donderdag in Springs aangekeer en haar aangekla van bedrog en diefstal. Sy het dieselfde dag in die hof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R3 000. Sy moet Maandag weer in die hof verskyn sodat die saak na die Tsakane-streekhof oorgeplaas kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Net R3 000 borg? Hel geen wonder almal doen dit wetende hulle kom weg met dit nie pffft! Borg regverdig nie die bedrog nie

melaney ·

“Nedbank” as sulks is nie skuldig nie. Wat wel kon gebeur is dat iemand wat ‘n verteenwoordiger daar was en agter ‘n lessenaar gesit het. In ieder geval is dit noodsaaklik dat kliënte besef dat werknemers maar net mense is. Wees ten alle tye oplettend wanneer jy met jou geld werk. Dit sluit finansiële instansies in.

Anel ·

Ek sê weer, dis goed dat hierdie spul gevang en gevonnis word, MAAR, wanneer kom al hierdie kaders aan die beurt???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.