Malema sê hy sal in hof antwoord oor skietery-klag

‘n Skermgreep uit die video wat wys hoe EFF-leier Julius Malema in Mdantsane in die Oos-Kaap losbrand.

EFF-leier Julius Malema het Donderdag bevestig die polisie het hom gevra om ʼn waarskuwingsverklaring af te lê oor sy beweerde afvuur van ʼn vuurwapen tydens die party se verjaardagviering by ʼn stadion in Oos-Londen in die Oos-Kaap verlede jaar.

“Die polisie het my genader en gesê hulle wil my Dinsdag sien vir ʼn waarskuwingsverklaring. Ek dink hulle het besluit om my aan te kla. Geen probleem nie, dis my lewe.

“Ek en die establishment baklei altyd. Die polisie sê hulle het besluit om my aan te kla, maar gaan wag vir die gepaste tyd. Wat is die gepaste tyd? As ʼn misdaad gepleeg is, moet die polisie dadelik en beslissend optree,” het Malema gesê.

“Hulle gaan my aankla en ek sal in die hof antwoord. Ek het besluit om stil te bly en dit is my reg. Ek hoor mense praat van ʼn aanvalsgeweer. Ek ken nie daai dinge nie. Dit is nie ʼn groot kwessie nie. As jy in die politiek is, word jy aangekla of tronk toe gestuur.”

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Donderdag bevestig dat hy ʼn besluit geneem het oor Malema se vervolging, maar wou nie sê wát die besluit is nie.

In die video van die skietery wat soos ʼn veldbrand versprei het, kan gesien word hoe Malema op die verhoog saam met ander ampsdraers van die EFF dans, waarna Malema ʼn aanvalsgeweer gryp en oënskynlik skote in die lug skiet.

Die EFF het destyds gesê dit was nie ʼn regte wapen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nel ·

Ag dit gaan seker nou weer in ‘n uitgerekte en oor-en-weer ‘het hy of het hy nie’ -diskussie ontaard. En op die ou einde stap hy skotvry uit die hof uit.
Es ist zum Kotzen.

Johan ·

Malema gaan die rassekaart in die hof speel en skaars berispe word.

Abe ·

Nel,
Jou duits het jou hier lelik in die steek gelaat. Se dit liewer in Afrikaans.

Boertjie ·

Abe, Nel se Duits is toe nie so sleg nie. Vertaal na Engels sê die sinnetjie “It’s absolutely sickening”, en na Afrikaans sê die sinnetjie “dit suig.” (Aldus Google se vertaalbladsy)

A ·

Daar gaan niks van kom nie. Hy is mos verhewe bo die wet en almal is bang vir hom

Knuppel ·

Ondanks Malema se duidelike haataanvalle op o.a. ook die media, bly hy die media en korrupte politici se onaantasbare “poster boy” en sal baie teesinnig ter boeke gebring word deur hulle. Doet so voort Afriforum.

Martin ·

Nee, nee. Daar is ‘n vuuwrapen wet, en hy is baie duidelik. Vuurwapens mag in openbare plekke of by-eenkomste afgevuur word onder baie duidelike omstandighede.
Laat meneer hom maar slim hou.

Ore ·

Jou probleem mnr Malema is dat jy tot nou toe verhewe bo die wet is.Ek glo en vertrou dit kan eerdaag lees”verhewe bo die wet was” want jy weet dat die SAPD en howe nie weet hoe om jou te hanteer nie.Nie omdat jy onskuldig is nie maar omdat jou trawante die land sal verwoes as jy skuldig bevind en tronk toe gestuur word.Jy woon luuks,nogal ‘n smokkelaar se huis maar intussen skreeu jy moord oor korrupsie,jy staan self agter die deur wat VBS betref.Kom tot jou sinne,jy het nog nie eenkeer ‘n positiewe bydrae sedert EFF stigting gelewer nie.Jy ontwrig net,dis al

Willehond ·

Ken nie n aanvalsgeweer nie??? Ha ha jy gaan gou goed leer ken as jy so aangaan soos nou!

Penellope Jones ·

Net om, na die hofuitspraak, sy die aanhitsing en slagspreuke te vererger …….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.