Die saak teen ʼn voormalige studente-werknemer by die Parktown Boys’ High School is Woensdag in die Johannesburg-landdroshof uitgestel.
Die beweerde aanranding is deur veiligheidskameras by die skool opgeneem en het sodoende onder die skoolowerhede se aandag gekom.
Die man is in November verlede jaar in hegtenis geneem en ʼn maand later op borgtog van R3 000 vrygelaat. Hy staan tereg op aanklagte van seksuele aanranding en verkragting.
Adv. Masindi Ndivhuwo, die staatsaanklaer, het Woensdag aan landdros Pieter Du Plessis gesê die staat het meer tyd nodig om sy ondersoek te finaliseer. Du Plessis het aan Ndivhuwo gesê die saak is nie ingewikkeld nie en al die getuies is beskikbaar. Daarom is die versoek vir uitstel ʼn vertragingstegniek.
Die beskuldigde moes pligte by die skool se koshuis verrig en het ook leerders afgerig. Hy word daarvan beskuldig dat hy op onvanpaste wyse aan leerders by die koshuis gevat het. Die beeldmateriaal wys glo hoe hy aan seuns in die sitkamer van die koshuis vat en nege seuns, tussen die ouderdomme van 15 en 17, verkrag.
Die beskuldigde het dissiplinêre stappe vrygespring deur uit sy pos by die skool te bedank kort nadat die beweerde oortredings aan die lig gekom het. ʼn Strafregtelike aanklag is egter ingedien en hy is in hegtenis geneem.
Die saak is tot 10 Mei uitgestel.
Buite die hof het Retha Adendorn, ʼn verteenwoordiger van die skool se beheerliggaam, aan African News Agency (ANA) gesê nadat die beweerde seksuele aanranding aan die lig gekom het, het die skool ouers en studente by die skool aangemoedig om na vore te kom en die skool te help met bewyse teen die studente-werknemer. Adendorn het gesê die skool verskaf berading aan almal wat deur die saak geraak word.
Sies dit is walglik. Tronk toe met hom.
Wat word van ons skole: kinders is nie meer veilig daar nie: vrou verkrag op skoolterrein, kind se gesig vergruis deur n boelie, verkragtings van kinders, aanranding…..waar gaan dit eindig!
tussen 15 en 17, nee maggies, is mos nie dom kleintjies nie,,,,,,,,,,,,hulle weet mos dis verkeerd? nee, fout met die storie?
Bring lyfstraf terug want daar is geen respek of dissepliene meer nie.
Straf hom dan kan sal ander dalk versigtig wees om nie die dinge tedoen nie!
Ek kan nie dink dat sulke sake waar daar verdoemende getuienis sowel as beeldmateriaal is enigsins uitgestel word nie. Hoe moeilik kan dit dan nou wees???
Dis darem irriterend hoe mense so veralgemeen oor ons onderwyssisteem.
Daar is baie hardwerkende onderwysers en funksionele skole in ons land.
Dis jammer dat die gemors wat ‘n klein aantal aanvang, die toegewydheid van ander moet oorskadu.
Dis tyd dat onderwysstudente deur ‘n keuringsproses gaan – nie enige jan rap moet toegelaat word om met ons land se toekoms te werk nie.
Tronk toe met die’ jongman.